Vrystaatse staatsamptenare eet staatsbates op

Argieffoto

Die Vrystaatse landboudepartement is letterlik besig om die beeste wat hulle as staatsbates van die nasionale landboudepartement kry, op te eet, sê die leier van die DA in die provinsiale wetgewer, dr. Roy Jankielsohn.

Hy het deur middel van amptelike skriftelike navrae in die provinsiale wetgewer vasgestel dat 178 stuks vee ter waarde van ’n konserwatief geraamde R815 000 die afgelope tien jaar deur amptenare van die provinsiale departement opgeëet is of geskenk is om opgeëet te word by troues, begrafnisse en ander geleenthede as “gunste en bydraes” vir ANC-hooggeplaastes.

Die doel van die vee is uiteraard om mee geboer en geteel te word; nie om opgeëet te word nie.

In minstens een geval, so vertel Jankielsohn, het die beesvleis duidelik merkwaardige gevolge gehad. Een van die beeste is naamlik geskenk vir “die begrafnis van die agbare Lucy Mapena, lid van die Vrystaatse wetgewer”.

Dieselfde Lucy Mapena is deesdae blykbaar terug uit die graf, want sy dien blakend gesond as adjunkspeaker van daardie einste wetgewer.

Jankielsohn het gesê hy en die DA sal toesien dat die skuldiges aan die pen ry, want wat hier aan die gang is, is niks anders as bedrog en diefstal van staatsbates nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Koos de Meyer. ·

Wat ‘n sirkus, net jammer die narre loop buite rond en verslind als. Nuwe Suid Afrika.

marais ·

Jammer die “amp te narre” is nie Hindu’s nie, dan het ons nou meer beeste gehad as waarmee hulle begin het nie. Wonder wat se die Hindu’s nou dat ons almal mos regte her?

skurweberg ·

Ek is bly dat die skrywer van die artikel die woord “eet” gebruik en nie toelaat dat sy emosie met hom weghol nie. Ek sal nie toelaat dat die skuldiges my laat sondig nie. Weereens ‘n byvoeging op die klagstaat van die ANC wat ondersoek kan word. By wie het hulle toestemming gekry om dit te doen? Beslis nie by die belastingbetaler wat die regmatige eienaar van die beeste is nie .

Pieter ·

Nee wat ons emosies gaan nie op hol nie die wat n op voeding gehad het eet jy is reg die res vreet alles op

Netso ·

Party mense is skeppers en party is verbruikers. Skep niks bou niks verbruik net.

Altyd honger ·

So bekend nou al, alles wat die amptenare, nie deur die nek kan druk nie, word deur die agterent getrek.

Jimmy ·

Ons eet die beeste, dan steek ons die hande uit en vra vir hulp want ons is weer honger.

Gert van Wierdapark ·

Die goedere-trok op die Soustrein was afgehak, toe MOES hul maar noodgedwonge die beeste ver-orber!

Ander Koos ·

Niks nuut nie. In vorige bedeling toe tuislande in volle swang was het die begunstigdes die stoet-en aantrelvee geslag i p v te boer.

Amarinda Swanepoel ·

Hulle soek grond want hulle wil boer maar al waarmee hulle boer is hul eie ellende wat hulle self veroorsaak en dan is dit iemand anders se skuld nooit hulle sin nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.