Vrystaters ervaar ligte aardbewing

Argieffoto.

Argieffoto.

Inwoners in gedeeltes van die Noord-Kaap en die Vrystaat het Donderdagnag glo ʼn ligte aardbewing ervaar.

Die meeste berigte van die aardbewing het uit Koffiefontein gekom, met mense in Ritchie en gedeeltes van Kimberley wat ook gesê het dat hulle die aardbewing gevoel het. Inwoners van Koffiefontein het glo aanvanklik gedink die geluide is afkomstig van ʼn nabygeleë myn, voordat hulle agtergekom het dit is ʼn ligte aardbewing.

Die aardbewing het 3.7 op die Richterskaal gemeet en geen skade is aangemeld nie. Die raad vir geowetenskap se seismologie-eenheid het gesê Koffiefontein is een van die gebiede in Suid-Afrika waar baie seismiese aktiwiteit voorkom. Dit is ook waar ʼn aardbewing van 6.2. op die Richterskaal in Februarie 1912 voorgekom het.

Volgens die raad is Suid-Afrika in ʼn stabiele kontinentale gebied. Daar is dus ʼn meer lukrake verspreiding van aardbewings.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.