Vrystaters gewaarsku oor slenter met motorverkope

Argieffoto (Foto: LauraTara, Pixabay)

Die polisie in die Vrystaat het ʼn waarskuwing uitgestuur oor ʼn nuwe slenter waar motors van niksvermoedende eienaars gesteel word.

Kaptain Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, het gesê inwoners van Welkom en omliggende dele word gewaarsku om nie enige transaksie per telefoon af te handel voor hulle kon bevestig die geld is in hul bankrekeninge inbetaal nie.

“Verskeie sake van motordiefstal is by die polisie aangemeld waar ʼn man motors van niksvermoedende eienaars gesteel het,” het Thakeng verduidelik. “Die verdagte identifiseer die motor wat hy wil steel en die eienaar daarvan. In talle gevalle het hy homself as ʼn soldaat van Bethlehem of iewers anders voorgestel. Hy gebruik ook verskillende name.”

Die man bespreek dan die transaksie óf persoonlik óf telefonies met die eienaar van die motor. Hy vervals dan ʼn deposito in die eienaar se bankrekening. “Voor die eienaar uitvind dat daar geen geld in die bank inbetaal is nie, is die motor reeds aan die verdagte se meisie oorhandig.”

Die polisie kon die vroulike verdagte aankeer, maar die man is nog nie in hegtenis geneem nie.

Die saak word ondersoek deur sers. Kelibone Bloem van Welkom wat gekontak kan word by 057 391 6804 of 082 440 1245.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

IK ·

Nou hoekom reeds die Vrystaters? Dalk té veel vertroue in hul medemens?

RN ·

As jy dom is moet jy maar suffer. Wie doen nog sulke transaksies sonder om skelmgeit te vermoed?

skim ·

iemand wat desperaat is vir geld? jy weer mos hoe welkom is blankes in die werkmag, veral die myne vandag. pasop ook maar vir daardie eft, waar hulle 48 uur het om die transaksie te kanseleer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.