Vrystaters oor diefstalle en rooftogte gewaarsku

Argieffoto (Foto: Unsplash, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Unsplash, Pixabay)

Die polisie in die Vrystaat het inwoners gewaarsku oor diefstalle en rooftogte ná ʼn paar vroue se handsakke gesteel en mense van groot bedrae kontant beroof is.

“Verskeie sake is by die Welkom-polisiestasie aangemeld,” het konst. Kethabile Mofokeng, woordvoerder van die polisie, gesê. “Talle vroue se handsakke is die afgelope week gegryp. Gelukkig is geen slagoffer tot dusver beseer nie. Die boewe het slegs die handsakke gegryp en het nie enige messe of vuurwapens by hulle gehad nie.”

Mofokeng het inwoners ook gemaan om nie groot bedrae kontant by hulle te dra nie, en eerder van elektroniese oordrag by hul banke gebruik te maak, of debiet- of kredietkaarte in winkels te gebruik.

Mofokeng het gesê daar was ook verskeie inbrake by winkels en tavernes in Odendaalsrus. “Niemand is nog in verband met die voorvalle in hegtenis geneem nie. Die polisie se ondersoek duur voort.”

Die gemeenskap word versoek om te alle tye waaksaam te wees en seker te maak die sekuriteit by hul sakepersele en huise word opgeskerp.

“Dit gebeur enige tyd van die dag of nag. Sodra die boewe sien daar is niemand by die huis nie, breek hulle in. Inwoners word aangeraai om hul bure in kennis te stel indien hulle hul huise verlaat. Die diewe steel hoofsaaklik plasmatelevisiestelle, mikrogolfoonde en kruideniersware,” het Mofokeng bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Wern ·

Daar gee die polisie weer toestemming om hul werk te doen, so gryp dit aan en verras die misdadigers, laat ons nou HARD word, laat ons misdadigers bang maak vir ons!

Jos ·

Ek wil regtig nie veralgemeen nie maar die polisie voertuie moet ophou om familie na die dokters en hospitale te vervoer en eerder op patrolie geplaas word om misdaad te voorkom. Ek is ‘n groot ondersteuner van die polisie maar ek sien ook wat gebeur veral in die Goudvelde.

Francois ·

Selfs in Bloemfontein ook, my dogter se handsak was gesteel nadat hulle haar motor probeer steel het.

Lance ·

Back to basics se die nuwe man ….ag asb skrik net wakker want wat verander nou eintlik …die hele land moet eintlik gewaarsku raak want misdaad is oral in SA …die polisie slaan met vure dood heeltyd en is besig om verklarings te neem by mense wat iets oorgekom het as om regtig polisie werk te doen . Daar is geen sprake of hoop van proaktiewe optrede of intelegenie inwinning op grondvlak nie ….die land …sy eerlike mense verkeer in n krisis omdat die polisie beheer verloor het en net eenvoudig pateties is in meeste gevalle …dankie vir die paar wat dit tog nog erenstig opneem en vir wie dit nie net n damn job is

realis ·

Beteken dit nou dat ons Transvalers ‘n ruskansie gegun word?

Koos ·

Dit gaan maar oral dieselfde die kriminele moor steel verkrag en brand af en die polisie MONITOR die situasie en die polisie woordvoerder gee niksseggende inligting……lagwekkend

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.