Vrywillige bekendmaking haal R3,3 miljard-teiken

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Donderdag gesê hy het, deur sy vrywillige bekendmakingsprogram met belastingbetalers wat meer as R3,3 miljard skuld, betalingsooreenkomste aangegaan.

Die skuld hou verband met belastingaanspreeklikheid deur ongemagtigde buitelandse bates en -inkomste.

Volgens die SAID het dié belastingbetalers reeds meer as R2,7 miljard betaal en die organisasie verwag nog R580 miljoen teen die einde van Maart.

“Die SAID is bemoedig deur die feit dat meer as 759 hoënettowaarde-individue sedert 2012 gebruik gemaak het van die normale vrywillige bekendmakingsprogram en dat 195 hoënettowaarde-individue aansoek gedoen het.

Pravin Gordhan, die voormalige minister van finansies, het in sy 2016-begrotingsrede aan belastingbetalers, wat hulself aan nienakoming skuldig gemaak het, die geleentheid gebied om vrywillig ongemagtigde buitelandse bates en -inkomstes bekend te maak.

Die R2,7 miljard-inkomste wat reeds onder dié program ingewin is, is ʼn welkome hupstoot vir die SAID om sy teiken van R1,217 biljoen (“trillion”) in te samel onder baie moeilike ekonomiese toestande, het Sandile Memela, woordvoerder van die SAID, gesê. “Hierdie inkomste voeg baie waarde by tot die staat se inkomstebehoeftes,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Manie ·

Ek kan nie verstaan dat die regering niks van die korrupsie en gekaapte geld in die land terug kry. Maar die onnosele mense gee hulle geld op n skinkbord vir SARS

Neilia ·

Ja hulle gou genoeg om geld te eis, wag al 6 maande vir 2016 sin en nog nie eers 2017 sin begin nie .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.