Vrywilliger sterf in Kommetjie-brand

Die foto is op Volunteer Wildfire Services se Facebook-blad gedeel.

Die foto is op Volunteer Wildfire Services se Facebook-blad gedeel.

ʼn Vrywillige brandweerman is Woensdagaand dood terwyl hy gehelp het om ʼn brand naby Kommetjie in Kaapstad te blus.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het gesê Andrew Jantjies (44) het op die toneel inmekaargesak waarna hy deur twee dokters, wat nie aan diens was nie, behandel is. Jantjies is met sy aankoms by die Valsbaai-hospitaal in Vishoek dood verklaar.

Jantjies was ʼn prokureur en het vir sewe jaar by die Vishoekrampbestuur-vrywilligerskorps uitgehelp. Hy was vaardig in brandbestryding, noodhulp en verkeerbeheer. Jantjies word oorleef deur sy vrou en drie kinders.

“Die gemeenskap en vrywilligers het ʼn groot talent verloor, maar ons salueer mnr. Jantjies en bring hulde aan hom vir die bydrae wat hy gemaak het om die gemeenskap op te hef en diegene in noord te help. Ons wens sy gesin vrede en troos toe in hulle tyd van rou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

anet ·

Ek groet jou Andrew. Dankie vir al die goeie onbaatsugtige diens wat jy by die Vishoekrampbestuur-vrywilligerskorps gelewer het.

My innige meegevoel aan sy familie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.