Vrywilligers gevra om Hennopsrivier skoon te maak

Die plastiekbottels en vullis langs die Hennopsrivier. Foto: Facebook via Heal the Hennops River

ʼn Nieregeringsorganisasie het besluit om in samewerking met vrywilligers self hand uit die mou te steek om die Hennopsrivier wat deur Centurion vloei skoon te maak.

Dié optrede volg nadat afval oor die feesseisoen só erg opgegaar het dat daar tans hope plastiekbottels en ander vullis op die oewers van die rivier lê.

Talle sosialemediagebruikers het met skok gereageer op foto’s van die gemors wat op die Heal the Hennops River-Facebook-blad geplaas is. “Dit is sulke dinge wat ons land verarm en toeriste wegjaag. Hulle lande is skoon en dan kom hulle by ons en dit lyk soos ʼn ashoop,” skryf een gebruiker. “Wat ʼn skokkende situasie!” skryf nog een.

Die organisasie Fresh, ʼn niewinsgewende organisasie wat ten doel het om Suid-Afrika se riviere en damme skoon te maak, het intussen ʼn geleentheid gereël waartydens vrywilligers saam met die Tshwane-munisipaliteit die rivier sal skoonmaak. Die skoonmakery begin op 19 Januarie om 08:30 en daar word ʼn beroep op inwoners gedoen om te kom hand bysit.

Sakkie du Plooy, VF Plus-metroraadslid en burgemeesterskomiteelid vir gesondheid, sê die gemors langs die Hennopsrivier skep nie net ʼn slegte beeld van Centurion nie, maar besoedel ook die rivier asook die natuurskoon by Skurweberg wat strek tot by Hartbeespoortdam.

“Hierdie afval het oor die feestyd sowat drie weke gelede daar begin opgaar en is veral sigbaar teen die brûe by Supersportpark en Rabiestraat. Die VF Plus sal druk op die metroraad plaas om dit op te ruim,” sê Du Plooy.

“Die VF Plus het waardering vir die opruimingswerk wat in die verlede deur mnr. Willem Snyman van die organisasie Fresh in samewerking met vrywilligers gedoen is. Die party steun ook die opruimingsprojek wat Fresh en die gemeenskap op 19 Januarie beplan om vullis by Supersportpark te verwyder.

“Die skoonmaak en onderhoud om en in die Hennopsrivier bly steeds die verantwoordelikheid van die Tshwane-metroraad en die VF Plus sal toesien dat die raad sy werk doen.”

Besoek die Heal the Hennops River-Facebook-blad vir meer inligting oor die skoonmaakgeleentheid en om betrokke te raak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

Jan ·

Verbied plastiek in Suid Afrika. Die enigste land in Afrika wat so mors.

Co ·

Nee Jan, ek het 23 jaar in 38 verskillende Afrika lande gewerk en wat hier gebeur is niks vergeleke met Nigerie, Ghana, Ivoor Kus, “you name it”. Afrika is een groot gemors! Nou probeer die slim mense die Atlantiese oseaan skoonmaak, pleks hulle begin by die oorsprong. Gaan leer die idiote wat die gemors maak om dit nie te doen nie en gaan maak skoon daar waar die gemors in die see gestort word.

zoom zoom ·

Al die gemors in SA is te danke aan ‘n lied wat iets klink soos die.
DIE LAND WAS JULLE LAND MAAR NOU IS DIE LAND ONS LAND . ONS GAAN REGEER TOT ONS ALLES IN DIE LAND AFGEBRAND HET.

Piet Lourens ·

Dit is seker edel om te help skoon maak maar in n land vol korrupsie waar owerhede versuim om hulle plig te doen gaan hulle terug sit en kyk hoe ander hulle werk doen.
Dit is dieselfde as om vir n alkoholis kos te koop. Hy het dan net meer geld vir drank. Die geld wat die owerhede spaar met die vrywilligers gaan maar net verdwyn.

normaal ·

hierdie stand van sake is vir baie n lewenswyse. gaan kyk in hul woonbuurt. beeste bokke en skape loop tussen die huise ens ens. Alhoewel ek het al mense gesien wat opgevoed behoort te wees waar dit niks beter lyk nie.

Anel ·

Dit kom van die asblikgrawers. Hulle maak die asblikke leeg, en dan dit wat hulle nie wil hê nie, gooi hulle net daar neer. By Wierdaweg lyk dit net so erg. Die stank is verskriklik en hulle plak ook daar.

Johann M van Heerden ·

Verskriklik. Maar is ‘n wereldwye probleem in derde wereld lande. Was onlangs in Vietnam en daar stort almal alles net op straat en in die riviere en oseaan. Daar word skynbaar hard aan die kinders in skole gewerk . Maar dit verg nog ‘n kultuurverandering. Die mense werk hard daar en lewe eenvoudig. Strate word snags deur armlastige ou vroue opgeruim.

Dirk ·

Dit lyk nog erger langs die Hennops by Sutherland. Die Zimbabwiers wat met hulle trollies die woongebiede betree en in die asblikke krap vat die goed en gaan sorteer dit uit langs die oewers van die Hennops. Dit wat hulle nie kan gebruik nie word netso gelos. Rabes, om jou vraag te beantwoord, die gemors kom uit jou asblik uit! Nooit gedink jou gemors sal in die riviere beland nie en dan is dit nie eers deur jou eie toedoen nie! Nee wat, dit lyk my besoedeling is nou maar ons voorland met al die immigrante en met die kaders by die metros en munisipaliteite. Ons kan more gaan skoonmaak en as dit reen dan moet ons maar weer gaan skoonmaak, maar skoonmaak sal ons mos skoonmaak, want dit is al plan van aksie!

Rabes ·

Dirk ja ons sukkel net so in die karoo en ek hoop dat almal wil saamwerk, maar wil voorkom asof opvoeding ‘n onbegonne taak is

Anel ·

Ek sit my asblik net uit sodra ek die trok hoor. Ek gaan nou al my plastiek aan die “uil redding” gee. Hulle maak uilkaste met die herwinde plastiek.

Anneli ·

Piet, skoonmaak sal ons skoonmaak, want dit is wie ons is.
Of dit nou ander mense se verantwoordelikheid of werk is om die rivier te respekteer en skoonmaak, die feit is dat dit nie gedoen word nie.
Dit is ook nie net die Hennopstivier nie wat in hierdie skandelike vuil toestand is nie.
Ons moet op al die maniere wat ons kan aan die probleem werk, maar tot iets daadwerkliks gedoen word deur die mense wat verantwoordelik is,moet ons self inspring.
Soos Afriforum sê : Selfdoen is beter as niks doen…….,,. Want dit is wie ons is

Avra ·

Almal het regte – het die reg om te mors. Net so het almal pligte- maak skoon agter jou. Wat jy hier heen bring, vat jy saam

Derick ·

Well done @Our_DA, pragtige voorbeeld van dienslewering in die @CityTshwane, soveel so dat vrywilligers altyd moet instaan vir julle gebrek aan dienslewering.

P ·

Sies die mens is maar morsig niks sal help nie, n onbegonne taak mors sal daar gemors word.

humor ·

Gedurende die Dsembervakansie hierdie jaar was dit ook teleurstellend om te beleef hoe die strandgebied rondom Hentiesbaai met rommel bestrooi was. En deur wie????????????????? Plaaslike inwoners en toeriste wat van baie ver kom.

Marius ·

da beheerde metro … hoe verskil hul van die anc. Dit is skandalig!

Elsa ·

Ja Matius. Die mense praat. Glo nie DA sal weer die pyp rook in Pretoria nie

Dries du Toit ·

Wonder net of hierdie nie ook n ras gebaseerde probleem kan wees nie. Maar pasop wat jy se

Talie ·

Ek glo nie dis ras gebaseer. Stap maar deur besigheidsklas vanaf ekonomiese klas na n vlug en kyk die gemors!!! Dis asof mense verwag dat daar agter hulle basse moet skoongemaak word. Die mens het baie laag gedaal.

Bekommerde ·

Hoekom word hierdie nie as ‘n werkskep geleentheid gebruik nie? Daar is mense wat so baie sal gee as hulle ‘n geldjie kan verdien.

So die regering/munisipaliteit sal maar moet hoes!

Sataliet ·

Gaan zoom in op satalite view op google earth op Die Sutherland ridge gedeelte vd hennops riviera (en daai fotos is n paar jaar oud) dan sal julle sien wat is skokkend, daar word op n daaglikse basis lorry vragte gemors langs die rivier gestort

Johanna Botha ·

Daar is mense wat langs die revier bly en recycle en n GROOT gemors maak …stadsraad kyk ander pad en nou vra hulle die inwoners wat hulle belastings getrou betaal om optetel en skoon te maak …plaas Tshwane net hulle werk begin doen …die revier self het ook gewoonlik groot bolle wit skuim wat op die water dryf …probleem verder op in die sisteem wat al vir jare deur die stadsraad nie aangespreek word nie …maar die inwoners moet nou help ….waneer doen julle dan iets as dit al so lyk ?

Sataliet ·

Gebruik google earth en zoom in op die Sutherland ridge area langs die rivier(daai fotos is nou wel oud) maar n mens kan duidelik die rommel sien, daar word op n daaglikse basis lorry vragte rommel weg gegooi

mina ·

DA jy bly nou aanmekaar jouself in voet skiet ek is gatvol vir julle ook net soos jul maters ANC en EFF useless boggers

Vra net ·

Vra die versamekaars van plastiek om te kom help en dit te herwin vir geld.
Dan het hulle een plek om julle inkomte op een plek te versamel.

Se maar net ·

Ek glo nie enige party moet verantwoording hiervoor vat nie, dit is elke individual se verantwoordelikheid om agter hom/haar skoon te maak, mense moet begin beboet word as hulle rommel strooi.

Deon ·

Hierdie gemors kom als van Alexandra in Sandton af. Stuur die rekeing na hul.

Talie ·

Opvoeding…. opvoeding…
By ons skool kry elke klas n beurt om rommel op te tel. Ek as onderwyseres daar is die enigste een wat gekant is teen daardie reël, want dit beteken ek gooi vandag my rommel neer en more moet iemand dit optel. Twak daarmee. Straf die gemorsjorse.

Johan H. ·

In ons klein dorpie is dit net so sif. Maandeliks het hulle ook n” ag asb.kom help ons dorpie skoonmaak daggie” dag daarna lyk dit dieselfde,dankie aan die taxies en julle weet wie!

Pieter ·

Die eienaar van die brug (stadsraad of Sanral) is deur die Nasionale Water Wet verplig om hierdie gemors skoon te maak want dit dam die water op en sodra ‘n vloed kom sal die brug en pad strukturele skade kry. Water maak sy pad. Daarmee moet die bron van die gemors vasgestel word.

Johanna Botha ·

Die Hensop revier kom van Tembisa se kant met n ongelooflike hieveelheid gemors en in die winter as die water min is kan mens nie glo hoe dit stink dn hoe hoog die wit skuim op die water le nie ?

Jacobus Kotze ·

Die probleem begin by die verpakkings materiaal wat vervaardigers van kos en drank gebruik. Nadat die inhoud verslind is, word die onvernietigbare omhulsel net langs die asblik neergegooi. Belas verpakkingsplastiek met ‘n hoër skaal as sigarette.

Jacques Marais ·

Des deur seker 60 dorpe gery. Lyk orals so.Niemand sal die kultuur in n 1000 jaar verander nie.

Pitbul ·

Nou die 2de op die Krokodil af geroei tot by die dam. Die plastiek sakke hang soos vink neste aan die bome en die water ryk soos riool..

De Villiers ·

Doen julleself ‘n guns en gaan lees bietjie op oor die ‘Great Pacific Garbage Patch’ en sien waar beland al hierdie rommel uiteindelik. Gaan kyk ook na die skade wat dit op rivierstelsels en mariene ekostelsels het. Meeste van hierdie rommel is herwinbaar, en dis iets wat ons Suid Afrikaners nog moet aanleer. Om ook bloot jou vullis in ‘n swart sak te gooi vir die munisipaliteit om dit na die vullishoop te neem, is ook nie goed genoeg nie, want die meeste vullishope voldoen nie aan die vereiste standaarde nie. Op die ou einde beland jou goed ook in die riviere en spoel af see toe. Ons almal móét begin herwin.

gert ·

Dis nie net by julle nie mense
Kom Kaapstad toe. Ry deur Mey drive. vullis lê dik gestrooi reg langs woonhuise. Jo Slovo Park. Met die woorde”do not dump here.we are not pigs”teen n huis se muur lê vullis op donderdag 1meter hoog.
Taxis- Stel n afvalopgaarder in elke taxi aan met swartsakke wat alle vullis in n taxi opgaar en beheerd daarvan ontslae raak omrede alles wat weggooibaar is trek by die venster uit.
Maak nie saak wie die land regeer.
Ons sit met n mentaliteit van wetteloosheid wat nerens in die wereld ge-ewenaar word nie. en baie van die skuldiges is redelik hoog geskool.
gister op radio gehoor-die mens is die grootste Pes wat die aarde getref het. so waar

Johanna Botha ·

N radio stasie het n dag gereel waar ons na Diepstoot is om plastiek en gemors te gaan optel ….almal kyk na jou wat optel en terwyl hulle kyk gooi hulle weer iets neer ….NOOIT WEER sal ek gaan help met dit nie !

John ·

Miskien moet die agterkant van die maan of Mars eerder gebruik word vir die wereld se afval, maar nou wil almal wat geld het daar gaan bly en met groot moeite oorleef, in plaas dat dit andersom werk. En as die rommel daar is, sal die krappers dalk wil saam… Dink net watter verligting. One way tickets asb… Gee asb ‘n banknommer. Ons sal vir die kaartjies betaal…

Koos Ubuntu ·

Solomon Mushlangu tussen brug by klofies HS en Pvr afrit lyk erger as n “dumding site” die asblik duikers gebruik enige terein om hulle vangs bymekaar te maak en dan stal hulle die gemors wat hulle nie wil he nie uit vir almal om te sien.

Koos de Meyer. ·

Kyk sommer by Supersportpark, die ashoop begin sommer daar, en die stadsraad, goed wat hulle moet doen doen hulle nie en dit wat hulle nie moet doen nie doen hulle. Maar betaal moet ons maar. Pateties is al wat mens kan sê.

Ella ·

Eintlik is dit Sunderland Ridge. Party mense ken nie eens hul eie omgewing. Sutherland is in die Karoo.
Ja verbied plastiek totaal en al.
Ons moet leer om ons eie sakke saam te neem vir inkopies. En aandring op minder plastiek verpakking.
Die riviere en grond verstik en gaan dood deur ons eiewysheid en stiksienendheid.

Co ·

Sakkie, ek sal graag wil kom help, maar waar ontmoet ons komende Saterdag?

PaulV ·

Co; volgens die artikel kan vrywilligers gaan help by Supersportpark (einde van die derdelaaste paragraaf) – vanaf 08:30.

Hansmyt.eeiskoud ·

Ek praat nou die dag met een van dié Piete en vra hom hoekom mors hulle so: Job creation, antwoord hy… Geen salf te smeer nie…

Tina ·

Solank as wat die owerhede allerlei verskonings opdis is dit duidelik dat die gebrek aan optrede teen die informele rommelsortering (eerder rommel strooi), dit stilswyend goed gekeur en aangemoedig word. Die informele rommel sorteerdery op die rivieroewers en ander plekke moes nooit geduld geword het nie. Voordat die owerhede nie daardwerklik optree en dit stopsit en daardie mense verskuif nie, gaan geen opruimpoging of skoonmaak aksie van watter aard ookal, enige verskil aan die gemors maak nie. Maak glad nie saak hoe goed die intensie is nie. Eerder gaan publieke opruimpogings juis die teenoorgestelde uitwerking hê. En wat die rommelstrooiers/ sorteerders betref, die simpatiekaart is hier heeltemal in onkant posisie.

Johanna Botha ·

Job creation en intussen wil niemand in n ashoop bele nie wat nog van toeriste lok ….genade die mense SO DOM !

madels ·

Ons land gaan vinnig agteruit, dis hartseer om dit te sien. Mag ons almal saamstaan om n beter land te vorm…

Foxi ·

Sien langs n hoofweg afrit waar 5 mense n klein advertensiebord se pale probeer regopsit.
Drie hou die baie klein advertensiebord vas, een grou die gat n bietjie groter en die andereen gooi toe. Elkeen met n selfoon in die hand! Dis wat jy noem saamwerk en JOB CREATION???Afrika is n wonderlike land man.

Francois Breytenbach ·

Die probleem sal net opgelos word as plastiekverpakkings van die aardbol verban word.

Julia ·

Opvoeding!? Ek weet net nie waar gaan ons begin nie, want die opvoeders (onderwysers) is die voorbeelde en dikwels die voorgangers van mors. Ek het nou die dag een sterk aangespreek toe hy, voor die kinders op my perseel mors.

Hanna Hoekom ·

Was onlangs in die VSA. Orals waarskuwingsborde opgerig teen rommelstrooing. 200 USD boete op die plek. En nee, jy kan nie die polisie daar omkoop nie. Raai wat: alles pragtig skoon! Van die woonbuurte tot die hoofwee. Ek was in elf van hul state. Baie beindruk gewees.

A Mac ·

Ja, Suid Afrika het verseker die afgelope klompie jare al meer ashoopstatus gekry. En nie net plastiek en drankbottels nie, maar ook op ander gebiede. Maar weereens word daar op die publiek (lees belastingbetalers) se knopie gedruk om skoon te maak. Wetstoepassing faal maar orals, en die wil van wetstoepassers is ook maar eina.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.