Vrywilligers sit hand by tydens staking by tehuis

Vrywilligers help om inwoners van die San Michele-tehuis in Brakpan te versorg (18 November 2018). Foto: Verskaf

Lede van die publiek het Sondag ingespring om hand by te sit om psigiatriese en gestremde pasiënte van die San Michele-tehuis in Brakpan aan die Oos-Rand te bad, te voer en te versorg nadat die personeel van dié tehuis Vrydag begin staak het.

Maroela Media het vroeër berig die sowat 200 pasiënte in die tehuis is aan hul eie genade oorgelaat nadat nagenoeg 90 personeellede, wat onder meer versorgers, kosmakers en skoonmakers insluit, oor lone en bonusse begin staak het. Die staking is ʼn beskermde staking aangesien onderhandelinge by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) op ʼn dooiepunt uitgeloop het.

Die bestuur van die tehuis het met hul hande in hul hare gesit en Solidariteit Helpende Hand het dadelik ingetree om te help.

Phillip Bruwer, woordvoerder van Helpende Hand, sê talle lede van die gemeenskap het aangebied om by die tehuis te kom help nadat hulle op Maroela Media van die benarde situasie gelees het. “Helpende Hand-vrywilligers en lede van die gemeenskappe van Brakpan, Benoni, Nigel, Springs, Pretoria, Krugersdorp en Roodepoort het ons gekontak en aangebied om te help,” sê Bruwer.

Vrywilligers wat help om inwoners van die San Michele-tehuis in Brakpan te versorg (18 November 2018). Foto: Verskaf

“Selfs studente en skoolkinders het waardevolle studietyd opgeoffer om in te spring om te help om vir die pasiënte kos te maak, hulle te voer, te versorg en die kamers en sale skoon te maak.” Daar is ook seker gemaak dat al die pasiënte hul nodige medikasie kry.

Hy sê daar was genoeg vrywilligers om ʼn oggendskofspan van 20 mense en ʼn middagskofspan van nog 20 mense saam te stel. Nog ʼn span sal deur die nag aan diens wees, maar dié span is kleiner omdat die pasiënte dan slaap en die versorgingswerk minder is.

Hy sê stakende personeellede het wel probeer om die vrywilligers te verhoed om die tehuis binne te kom, maar AfriForum se plaaslike buurtwag het gehelp om die vrywilligers veilig in die gebou in te kry.

“Daar is tans steeds ʼn groep van ongeveer 20 stakers wat buite die tehuis sing en betoog, maar hulle is nie gewelddadig nie. Dit was gelukkig nog nie nodig om die polisie se hulp in te roep nie en die AfriForum-buurtwaglede hou heeltyd ʼn wakende oog oor die situasie,” sê Bruwer.

Vrywilligers help om inwoners van die San Michele-tehuis in Brakpan te versorg (18 November 2018). Foto: Verskaf

Hy sê die bestuur van Helpende Hand en verteenwoordigers van die departement van gesondheid is tans in ʼn vergadering met die bestuur van die tehuis om te besluit op die pad vorentoe.

“Ons het steeds ʼn dringende behoefte aan vrywilligers om môre te kom help by die tehuis. Mense wat kan kom help word versoek om ʼn e-pos te stuur na [email protected] met die tye wanneer hulle beskikbaar is om te help.”

Bruwer sê mense wat nie self by die tehuis kan hulp aanbied nie of ver woon, kan steeds deur skenkings help om die nood te verlig. “Die tehuis benodig dringend doeke vir volwassenes, klere, onderklere, skoene en toiletware vir die inwoners. Mense kan skenkings na die tehuis bring of geld skenk waarmee ons hierdie goed sal gaan aankoop.”

Bruwer sê enigiemand wat betrokke wil raak of hulp wil aanbied, kan ʼn e-pos stuur na [email protected].

“Ons wil baie dankie sê aan almal wat hul harte vir hul medemens oopgemaak en hul tyd opgeoffer het om te kom help. Ons is baie dankbaar vir elkeen wat op een of ander manier help om die las ligter te maak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Sarel ·

Kan iemand vir my verduidelik hoekom die stakers en die vakbonde nie vervolg word nie. Is daar nie meer ‘n Mediese Raad nie en wst van die MRK. Dit kan nie so aangaan nie.

Geweeg en te lig bevind ·

Laat hulle sommer vir altyd staak en stel weer mense aan wat ons ou mensies nie nog mishandel ook wanneer hulle op diens is nie.

1+1 ·

Dit is ‘n beskermde staking. Dit gee hulle die reg om te staak, sonder om enige inkomste te verloor. Om aan die hulpelose inwoners te dink is ‘n ander saak. Die vakbonde en mediese raad moet maar aan die pen ry as daar iets met iemand gebeur.

Dankie aan die helpers en Helpendehand wat inderdaad die morele hoegrond behou en intree. Werkers wat helpers verhinder om ‘n hand by te sit moet gevang en gedagvaar word. Dit is die praktyk van gewetenloosheid en behoort in sulke gevalle as ‘n misdryf beskou te word.

Fanie ·

‘n ‘Beskermende’ staking beteken net dat dit ‘wettig’ is- nie dat jy steeds salaris kry nie. Die Werkgewer mag jou dan nie ontslaan nie, maar betaal jou nie. Dis veral hoekom stakers gereeld die vrywillige helpers aanval- hulle ‘breek’ hul staking.

Sarie ·

Sien nie eintlik hiervan op Netwerk24 nie. Prins Charles se foto belangriker.

Thersia ·

Behoort dit nie ‘n reel te wees dat werkers in die gesondheids departement nie mag staak nie?. Is dit dan nie ‘n saak van lewe of dood nie???

Andrea van Vuren ·

Nadat ek my verpleegopleiding voltooi het. het ons ‘n eed afgelê om nooit te staak nie. Wat het van die Florence Nightingale-eed geword. Dit is wel gewysig want die owerhede het later na 1994 die woord ‘God’ uit die gelofte verwyder. Wonder of verpleegkundiges vandag nog enige geloftes aflê?

Michelle ·

Baie dankie vir al die dierbare mense wat hul tyd opgeoffer het om hierdie mensies te help. Julle het nie twee keer gedink nie jul het saam gestaan in nood God sien jul opregte liefde vir jul medemens.

Siek en sat ·

N uiterste skande dat hierdie mense moet swaarkry omdat dit toegelaat word.

Jakkals 911 ·

Net soos dit (deur die regering) toegelaat word dat wittes in plakkerskampe absoluut GEEN hulp of bystand van hierdie kommunistiese regering ontvang nie – “Leth’ umshini wame – bulala ama’bhunu…”

Sarel ·

1 + 1: Dit is die probleem niemand ry aan die pen nie en word bedank wanneer hulle weer besluit om te kom werk. Hoe kan Gesondheidswerkers toegelast word om wettig te staak. Dit moet ook bevraagteken word

Trots Afrikaans ·

Elke kultuur moet maar sy eie mense aanstel om na sy mense te kyk. Laat die wat nie respek het vir hulle bejaardes en na hulle eie mense kyk en wanneer hulle self bejaard is, die wat hulle opgevoed het na hulle kyk.

honourable member ·

Hierdie land word regeer deur vakbonde en dis hoekom hier soveel chaos is. Dis n skande wat in hierdie plekke aangaan. Dis absoluut onmenslik. Maar in hierdie land bestaan menslikheid mos nie meer nie want niemand worry mos nie. Die regering sit net agteroor en beplan hoe hulle die verkiesing gaan wen.

Piet parys ·

Dank hulle af hulle is in die verkeerde beroep . Hulle is beslis nie geskik om daar te werk nie
Baie dankie aan al die vrywilligers wat help met die versorging van die pasiente .julle moet die werk kry . Sommige mense in die land gee niks om nie. Hulle dink nie daaraan ( dink glad nie ) dat as hulle i pasient word wie gaan vir hulle versorg nie.

Hans ·

Die KVBA moet ondersoek word -die liggaam se beslissing is ondeurdag en irrasioneel.

ZET ·

Die klomp wat nou staak en betoog daar buite wou mense wat hulp wou aanbied keer om in die gebou te kom. So dit beteken hulle bedoeling was dat die hulpelose inwoners sonder kos of water of enige versorging moes gaan, net sodat hul punt bewys kan word. En dit is daardie selfde soort mens wat na die staking daardie inwoners weer gaan versorg. SO WATSE BEHANDELING KRY DIE INWONERS OOR DIE ALGEMEEN VAN HULLE??? Hoeveel mishandeling is daar regtig waarvan niemand weet, want hulle doen defnitief nie daardie werk vir die liefde van die saak. Ek is so kwaad ek sal met n sambok
inklim.

BL Lede ·

Dankie aan die Boerelegioene-lede wat ook gaan help het. Julle maak ons trots!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.