VSA beloof meer klimaathulp vir SA

Die COP28-klimaatsberaad word in Dubai gehou. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Die VSA het by die Verenigde Nasies (VN) se COP28-klimaatberaad in Dubai onderneem om meer as $2 miljard (R37 miljard) aan talle ontwikkelende stede, onder meer Suid-Afrika se eie Mbombela (Nelspruit), te skenk om dié gebiede te help om klimaatsverandering te pak.

Samantha Power, administrateur van die Amerikaanse agentskap vir internasionale ontwikkeling (USAID), sê die befondsing kom uit die private sektor en sal help om ontwikkelende lande by die veranderende klimaat te laat aanpas.

“Ons moet meer doen om die klimaatskrisis te pak – en ons doen,” het sy gesê.

USAID het reeds $53 miljoen (R1 miljard) aan 23 ontwikkelende stede beloof om hul koolstofvrystelling te help verminder.

Die stede wat hierby sal baat, sluit in Kirgisië se hoofstad Bishkek, die Wes-Indiese stad Rajkot, Mbombela (Nelspruit) in Suid-Afrika, en Hermosillo en Merida in Mexiko.

USAID het ook die mobilisering van nog $2,3 miljard (sowat R43,6 miljard) van die private sektor aangekondig as deel van klimaatsinisiatiewe deur pres. Joe Biden.

Altesame 21 maatskappye het onderneem om geld aan hierdie inisiatief te skenk nadat hulle verlede jaar se COP27-klimaatsberaad in Egipte bygewoon het.

ʼn USAID-amptenaar het die VSA se vennootskap met maatskappye verdedig en gesê die private sektor het ʼn sterk belangstelling in klimaat getoon.

“Op lang termyn is daar net soveel staatsfinansiering wat jy vir ʼn probleem kan aanwend. Ons het die hele ekonomie nodig.”

Adjunkpres. Kamala Harris het Saterdag onderneem dat die VSA $3 miljard (R56 miljard) tot ʼn globale klimaatfonds sal bydra, maar die geld moet deur ʼn verdeelde kongres goedgekeur word.

Pres. Cyril Ramaphosa het hom vroeër oor die tekort aan befondsing vir ontwikkelende lande uitgespreek, en aangevoer dat die lande wat verantwoordelik is vir klimaatsverandering diegene moet help wat nou die gevolge daarvan moet dra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Highlander ·

2023 was amptelik, wereldwyd die warmste jaar in die opgetekende geskiedenis. Dit is volgens Copernicus. Ek dink Amerika het genoeg gedoen.

Pietertjie ·

Pleks hulle bied hulp aan om hierdie land meer beskaafd te maak.

Anel ·

Moet asseblif nie ‘n sent gee nie. Ramaposa en kue lek al klaar hulle lippe af. Daardie geld gaan nooit as te nimmer gebruik word vir die doel waarvoor dit gegee word nie.

willie ·

Hulle is reg SA was ‘n ontwikkelende land, nou val ons ook onder die ontonwikkelende lande as gevolg van cANCer. Ek en wie se sak gaan daardie geld beland?

Sê maar net ·

Dankie, VSA. Nog sakgeld om te blaas vir korrupte ANC kaders. :-(( Karre, huise en oorsese vakansies….

Bernard ·

Koolstofdioksied is 0.04% van die atmosfeer – en menslike aktiwiteite se bydrae is 0.03% hiervan. Altyd gedink dis noodsaaklik vir mense en plante se oorlewing. Maar die ANC sien ‘n plundergeleentheid.

Highlander ·

@willie. Ons het oornag van 1e werelds na 3dewerelds gegaan. Met hulp van die weste. Want dit was die plan.

chris ·

Wie is hierdie 21 maatskappye wat dit geskenk het.Sal graag wil weet of hulle ook deel is van die WEF?

Papsak ·

Wat soek VSA by SA hier is niks nie weer net geld om in hulle sakke te prop so ???????

Pieter J ·

Kyk hoe breed glimlag die spul ANC kaders nou. Enige geld is mos welkom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.