VSA bevestig Trump se twiet

Pres. Donald Trump se twiet.

Die Amerikaanse departement van buitelandse sake het gereageer op pres. Donald Trump se twiet oor Suid-Afrika deur te sê grondonteiening sonder vergoeding kan Suid-Afrika op die verkeerde pad stuur.

Trump het vroeg Donderdagoggend (Suid-Afrikaanse tyd) opspraak gewek met ʼn twiet waarin hy sê dat hy opdrag gegee het dat Mike Pompeo, die Amerikaanse minister van buitelandse sake, die grondkwessie en plaasmoorde-krisis in Suid-Afrika ondersoek.

Heather Nauert

Heather Nauert, woordvoerder van die departement, het tydens ʼn mediakonferensie Donderdagaand (plaaslike tyd) gesê Trump en Pompeo het die kwessie in die “laaste dag of so” bespreek.

“Die president het die minister gevra om noukeurig te kyk na die huidige stand van aksie in Suid-Afrika rakende grondhervorming. Dit is iets wat al vir baie dekades aan die gang is – die gesprek en debat oor grondhervorming daar. Ek moet noem dat die onteiening van grond sonder vergoeding die risiko inhou om Suid-Afrika op die verkeerde pad te stuur.”

Mike Pompeo

Nauert het gesê indien beleid swak toegepas word, is daar potensieel nadelige politieke en maatskaplike ekonomiese kwessies.

Nauert het ook bevestig dat die Amerikaanse ambassade in Pretoria met Suid-Afrika se departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) vergader het.

Dirco het ná Trump se twiet ʼn vergadering met die Amerikaanse ambassade versoek. Ndivhuwo Mabaya, woordvoerder van Dirco, het gesê minister Lindiwe Sisulu het kennis geneem van die “jammerlike uitsprake” deur Trump. “Dit is jammer dat hierdie twiet gegrond is op valse inligting,” het Mabaya gesê.

Tucker Carlson

Hoewel Nauert bevestig het die vergadering het plaasgevind, kon sy nie uitbrei oor wat bespreek is nie.

Trump het glo getwiet ná hy ʼn program op die TV-kanaal Fox News gekyk het waarin die aanbieder, Tucker Carlson, die kwessies van grondonteiening sonder vergoeding en plaasmoorde onder die loep geneem het.

Tucker het die volgende aand weer die kwessies tydens sy program bespreek en spesifiek die uiteenlopende reaksie op sy vorige program.

Malema tydens gister se mediakonferensie.

Hy het tydens die uitsending die uitlatings wat op sy program gemaak is, verdedig. Hy het ook tydens die uitsending beeldmateriaal gespeel van Julius Malema, leier van die EFF, se uitlatings die afgelope paar jaar rakende wit mense en grond.

Tucker het spesifiek ook verwys na die uitlatings wat Malema gister tydens ʼn mediakonferensie gemaak het rakende Trump se twiet.

“Donald Trump sê nie iets wat ons nog nie van wit mense af gehoor het nie,” het Malema gesê. “Daar is ʼn groep wit regses wat deur Jode in Pretoria opgelei word om skerpskutters te word,” het hy beweer. Hy het ook gesê daar is net een ding wat hulle van stryk sal bring rakende hul planne vir grondonteiening sonder vergoeding. “Net die dood sal ons stop. Nie Trump nie. Nie armoede nie. Nie sanksies nie.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

PP ·

Yes please! Ag Malema ROFL een van ons aircraft carriers is grootter as die SANDF! Kom vat die VSA aan dan kyk ons wat gebeur. Trotse Yank!

LB S ·

Is daar nie ‘n manier dat Trump ons sal verwelkom in die VSA , al het ons nie miljoene om te belê nie en reeds afgetree is? Jy weet nie hoe gelukkig jy is nie.

LB ·

As MALema hom nie steur aan Trump nie hoekom dan so geweldig reageer?

onbekend ·

Malema en ANC speel nou met die verkeerde mense. Hulle ken blykbaar nog nie die mag van VSA nie. Hoogtyd iemand begin ingryp. ANC is so vol leuens dit maak mens siek. Alles moet tog eendag op n einde kom, Malema meer bek as binnegoed dis hoekom hy agter ander wegkruip,

De Villiers ·

Dis juis uitsprake soos hierdie deur Malema wat gegrond is op verdigsels, leuens en totale oningeligtheid oor die land se geskiedenis wat maak dat rassespanning vererger word. Nou sien die wêreld dit weer. Ongelukkig glo sy ondersteuners hom dan, en tree daarvolgens op soos plaasmoorde en strydliedere wat gesing, maar verbied word. Feitlik niks wat hy sê kan hy staaf nie. Hy maak van homself ‘n sirkus, veral noudat die buiteland op Suid Afrika fokus.

Annamarie Olivier ·

Chris jy kan nie alles glo wat jy lees nie. Trump is alles behalwe ‘n nar, gaan kyk na sy suksesse die ongeluk is dat joernaliste nie van hom hou nie en in Suid Afrika hoor ons ook net die een kant van die saak. Daar is altyd my storie, jou storie en die waarheid. Vra die Amerikaners op straat wat hulle dink dan hoor jy ‘n heel ander storie.

Harry ·

Dankie Malema – jy wys die VSA presies hoe vyandig, gevaarlik en opportunisties julle is, wat duidelik staaf dat jul ANC-boeties se slim beskaafde verduidelikings eerder net slinkse leuens is. Dis jou oulike videosnitte wat Trump laat regop sit het en tot aksie laat oorgaan het!

Staak ·

Malema gaan moeilikheid maak dit is verseker.
As SA nie aan ons wil se wat daar agter geslote deure bespreuk is nie dan sal ons maar seker van Trump af moet hoor oor hoe hulle lieg.

E.K. die eerste ·

Weereens -waaroor die bohaai? Trump vra SLEGS vir ‘n ONDERSOEK na plaasmoorde en grondonteiening. Hy het nêrens genoem hy ondersteun watter kant ookal daarvan, of dat hy beplan om SA in te val of so iets nie. Ai…praat van iets uit verband ruk. Alhoewel ek nie van hom hou nie is dit sekerlik sy reg om uit te vind wat hier aangaan net soos hy mag uitvind wat waarom in watter ander land aangaan.

Charles ·

Baie dankie aan die VSA !!!

Asb, help ons. Julle was betrokke in “die demokratisering van SA”, en MOET nou weer; soos die Cato Instituut onomwonde te kenne gegee het; inspring om wit minderhede se swaar verworwe regte te beskerm, dit is julle plig, by ontstentenis waarvan geweld, burgeroorlog en totale chaos gaan heers.

Die Nuwe Suid-Afrika is ‘n gefaalde projek; die verskillende mense van die land SAL NOOIT in vrede kan leef nie, o.m. a.g.v. verreikende kulturele en erfenis-gebonde verskille. Dit is slegs ‘n kwessie van tyd voor alles inplof, welke aangeblaas word deur die afgryslike dade, retoriek en haat van die ANC wat nou UITEINDELIK smaak hoe ‘n propaganda oorlog en geweldige teendruk voel. Nie te lekker nie ne? Op skynheilige (en voorspelbaar vir die ANC) wyse was die wereld se aandag op SA aangeblaas in die 1990’s deur die einste ANC, maar noudat die VSA en die wereld se aandag toegespits is op die huidige GEPOOGDE drakoniese, rassistiese en onderdrukkende optrede (sien ook Lesufi) van die ANC is dit nie meer goed nie. Die skynheiligheid ken geen einde nie!

Dee ·

Dit help om net op hierdie platform jou mening te lug nie Korrespondeer direk per e-pos met Trump, Pompeo en Amerikaanse ambassade sodat hulle by gewone Suid-Afrikaners kan hoor wat die waarheid

Stan ·

Yip, al hoeveel keer bewys geskiedenis herhaal hom self. Sowat 10 jaar terug het ek vir ‘n Twana kollega vir my gevra, hoekom begin hulle met dieselde marganaliserings taktiek in die verlede. Hy het my net ‘n skewe glimlag gegee. Ai, jammer dat Suid Afrikaners hulle land so opdonder!

Piet Pompies ·

Die belangrikste is dat dit die eerste keer is dat van die groter moonthede, in die geval Amerika, Suid Afrika se regering oor die vingers tik oor sy optrede. Die ANC en ander leiers soos Malema kan maar terug blaf en dit is net ‘n bewys van hulle onkunde en gebrek aan goeie bestuur.
Die leeu welpie hap nie aan die leier van leeutrop…..

Grotman ·

Dis nodig dat ander lande die waarheid begin sien. Hier kom moeilikheid en bloed en Mal-ema en sy kaders gaan nie trug tree nou dat hulle grond geruik het nie. Die lont is aan die brand en niemand gaan dit dood kry nie.

malema ·

Please Julius Malema, please speak and make more trouble so that Donald Trump have a reason to come take South Africa down

Al ·

En die vuurwapens wat gebuit word tydens plaasaanvalle en moorde? Is die agenda ñ revolusie?
As JM ons so haat, wie sê hy was nie al betrokke by so ñ aanval nie?

Chardonne ·

Lol. Waar kan n mens aansoek doen vir daai skerpskutter kursus in pretoria…lolololololololololololol!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Blits ·

Ja wil ek ook weet, sal more gaan as ek net weet waar en wie

Martie ·

PresTrump en Kie, hou asb die situasie dop, maak julle eie afleidings en doen wat gedoen moet word. Laat die rassisties ANC en Kie weet dat die gevolge van enige ongeregtigheid fataal vir SA sal wees. Ons leef nie meer in die vorige eeue toe regerings menseregte kon skend soos hulle wou nie.

LHS ·

Een twiet van Trump en die hele spul bevuil hulself. Die oomblik as n land soos Amerika sou toetree tot so so mate sal jy sien hoe baie ou weermagstewels skielik te voorskyn gaan kom en gepoets word.

Foxi ·

Moet nooit n gat vir iemand anders grawe nie…….jou eie val daarin is dieper en harder!
En ja, waar die hart van vol is, loop die mond van oor.

Rynhardt ·

Nou is daar regses wat deur Jode opgelei word om as skerpskutters gebruik te word teen EFF volgens Malema.Wat n klomp snert !Malema leef net vir propaganda!

Donald Duck ·

Trump en sy hele administrasie is n’ grap!onbevoegd om n’ land te bestuur.Laat hy kom die britte (Commonwealth)sal ons kom help.Gee die Queen rede om oorlog tee maak.

Ed ·

Dis so belaglik, wys jou net waar Malema se brein sit. Om te dink hyis sterk er as USA se weermag. Sies toggie

Ag ·

Dis so belaglik, wys jou net waar Malema se brein sit. Om te dink hyis sterk er as USA se weermag. Sies toggie

alwyn burger ·

Ek dink in die grondsage is die groot vyand ……..die pers …..wat slegs baat vind by subtiele aanhitsing. As almal opgesweep word verkoop die sterwende gedrukte media!!??

Skaap ·

Indien die VSA intree en Rusland/China teen staan kan SA nog ‘n front wees in die derde wêreld oorlog. As mens na Syria kyk, lyk dit nie baie goed nie en die VSA lyk soos die skurk daar met die ISIS wat hulle oplei en befons.

Joshua ·

En daar ontplof al die Trump haters se tampon’s dmv sleg se en beledigings en sodoende word die werklike plaasmoorde en grond onteiening deur die linkse media ontken.

Hennie ·

Daai woordvoerder is nogal oulik. Ek bied aan om haar die land te wys. Op my motorfiets.

Okay, maar sterkte ·

Onyhou jy gaan deur high jack hotspots en Soweto ens moet ry om haar die land te wys. Nie net al die veilige gebiede nie. En haar goed moet bang maak dat sy weet hoe erg dit is. Dalk moet jy net so bietjie wag tot dit veiliger is om haar op jou motorfiets te vat. Vat vir nou eerder jou bulletproof kar en n paar sterk boeregirls as bodyguards vir haar.

Dries ·

Geluk aan pres. Trump- Sodra iemand vir ons opkom, dan lyk my kry al wat liberalis is ‘n hartaanval.

Johanna Botha ·

Bly die VSA gaan dit ondersoek …want SA in BAIE siek !

FPVZ ·

Lekker om oor die dood van ander mense roem te kry as jy in meer luuksheid leef as 99.9% van die wat jou ondersteun of liewer wie jy uitbuit. Luukser leef as 98% blankes wat jy so haat. Julius besef nie dat hy dood is die EFF ophou bestaan nie. Die man het mos mooi geleer van Adolf Hitler wat kon lieg dat dit na waarheid geklink het. Want niemand kon regkry dat hy onder eed sy bewerings kan ondersteun nie. Retoriek uit valse stellings

Cherokee ·

Wat hierdie tipe berig beteken is dat malema selfs meer berug word. Hy moet geïgnoreer word.

Lerato ·

Trump praat net omdat praat vir hom lekker is.

Hy sal nie SA aanval nie. Ons het nie ryk olie bronne nie.

Hy mag wel USIAD afsny wat ons.negatief sal raak

Liz ·

Nee Malema jy is verkeerd. Jy hou nie rekening met die almagtige God wat die Een is wat jul KAN en GAAN stop nie.

Feit ·

Ek het al baie gehoor dat Amerika Suid Afrika kan oorvat in n dag…..sonder moeite!!

Johan ·

Malena is dom en hy gaan bars wat Canada is ook gat vol vir die ANC en Malema ?

Nikita ·

Juju is regtig uit op die oorlogspad. Ek sien hy het baie gewig verloor. Het iewers in begin vd jaar gelees dat CR toestemming gegee het dat n massiewe VSA militere vliegtuig gestasioneer word by Lanseria lughawe, reg in die agterplaas van Juju se huis in Sandton. Hy nog gese: “Get rid of this war machine”. Hier is dan glo ook reeds n VSA militere lugmag basis in Botswana gestasioneer, en planne vd opstel van n militere spergebied oor SA is reeds in n gevorderde staduim. Al hierdie militere konvooie n ruk terug van VSA en UK vanuit Walvisbaai na Botswana toe is nog baie geheimsinnig. Mense het net rukkie daaroor getop en nou is dit vergete. Of dit iets goeds inhou vir ons weet niemand seker nie. En dit gaan al jare so aan, hoeveel wapens ens het hulle nie al die land ingesmokkel nie? En wat vd Chinese? Klink of hulle n eie agenda het. Verskeie uitgewerkte myne is reeds deur Chinese kamtig “opgekoop”, niemand word daar toegelaat nie. Hulle leen geld links&regs aan SA sonder waarborg? Nee wat, iets is nie lekker in ons land, klink vir my daar word iets groots in geheim beplan. En of n mens als kan glo wat jy lees…sal nie weet. Ek is nie negatief nie, maar dalk gaan 2 honde baklei oor n been, en die 3de kom en vat dit af!

Pieterd ·

Rassisme is onaanvaarbaar, maar Malema se anti-Semitisme is OK?

Peter Murray ·

Interessant hoedat die leserspubliek self vir hul eie vermaak sorg ….. en dit glo.
Politici hou daarvan om te sien hoe die publiek op valse gerugte reageer, en die media sorg dat die “fake news” ordentlik versprei word.
Staatsleiers het hul eie idees, en sal hulle nie deur die media en deur die publiek laat lei nie.
Ek glo die ambassades in Pretoria sal hul onderskeie regerings reg en goed inlig.
* Ek het na ‘n korrespondent van CNN gekyk/geluister toe hy verslag aan sy kantoor in New York gedoen het. Sowat van naïef kry jy nie dikwels nie. Leuens, leuens, en nogmaals leuens, is al waaraan dié mense kan dink. En die publiek vreet alles vir soetkoek op.
Ek het net 2 woorde vir CNN:
“Lies and ignorance”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.