VSA-denksentrum waarsku ook oor onteiening in SA

Marian Tupy. Foto: Cato-instituut

Die Cato-instituut in Washington in die VSA het gewaarsku dat die situasie wat in Zimbabwe afgespeel het weens die aanslag op eiendomsreg hom in Suid-Afrika kan herhaal.

Marian Tupy, ʼn senior beleidsanalis by die Cato-instituut, het gesê hulle het kennis geneem van die Suid-Afrikaanse regering se voorneme om grond sonder vergoeding te onteien. “Zimbabwe het 18 jaar gelede ʼn soortgelyke beleid aanvaar. Die gevolg hiervan was die ineenstorting van die ekonomie en die land het in uiterste armoede en politieke geweld verval.

“Hierdie scenario sal homself waarskynlik in Suid-Afrika herhaal,” het Tupy gesê. “ʼn Aanval op eiendomsreg sal lei tot die vernietiging van Suid-Afrika se boerderygemeenskap, ʼn dramatiese afname in landbouproduktiwiteit en grootskaalse werkloosheid. Dit kan ook lei tot ʼn ineenstorting van die banksektor (wat afhanklik is van grond as sekuriteit vir lenings) en die plaaslike geldeenheid, hiperinflasie en selfs bloedvergieting.”

Die Cato-instituut word deur baie waarnemers as een van invloedrykste denksentrums in Amerika beskou.

Volgens Tupy, wat al voor die Amerikaanse kongres oor die ekonomiese situasie in Zimbabwe getuig het, het die VSA ʼn vorm van verantwoordelikheid om te verseker dat Suid-Afrika se post-apartheid politieke skikking, insluitend die beskerming van minderhede en private eiendom, volgehou word. Hy het gesê Amerika was in die vroeë 1990’s nou betrokke by die onderhandelings vir die oordrag van mag van die regerende Nasionale Party na die huidige regering.

“Pres. Donald Trump moet die Suid-Afrikaanse regering waarsku dat indien die land se grondwet gewysig word om onteiening sonder vergoeding toe te laat, Suid-Afrika uit Agoa (die Amerikaanse wet op groei en geleenthede in Afrika) geskors moet word soos wat die geval met Zimbabwe was.

“Die Amerikaanse kongres moet ook verhore hou oor die situasie in Suid-Afrika indien die regering voortgaan met sy verwoestende ekonomiese beleid.”

Pres. Donald Trump se twiet.

Tupy het gesê volgens artikel 104 van Agoa kom Afrika-lande suid van die Sahara in aanmerking vir lidmaatskap van Agoa as dit “private eiendomsregte beskerm, ʼn oop reëls- gebaseerde handelstelsel inkorporeer en staatsinmenging in die ekonomie deur prysbeheer, subsidies en die regering se eienaarskap van ekonomiese bates beperk”.

Die artikel lui verder dat die land ook die oppergesag van die reg, politieke pluralisme, die reg op behoorlike prosesse, ʼn regverdige verhoor en gelyke beskerming ingevolge die wet moet respekteer.

“Die wet bepaal ook dat indien die president [van Amerika] bepaal dat ʼn kwalifiserende Afrika-land suid van die Sahara nie voortdurende vordering maak om aan die vereistes te voldoen nie, die president die land se lidmaatskap kan opskort.”

Tupy het gesê gegewe die feit dat Suid-Afrika reeds strydig is of op pad is om strydig te raak met verskeie vereistes vir lidmaatskap van Agoa, moet Trump optree deur ʼn waarskuwing aan die Suid-Afrikaanse regering uit te reik.

Die Cato-instituut se waarskuwing is Maandag uitgereik. Trump het Donderdagoggend (Suid-Afrikaanse tyd) getwiet hy het Mike Pompeo, die Amerikaanse minister van buitelandse sake, gevra om die grondkwessie en plaasmoorde in Suid-Afrika te ondersoek.

Tupy het sy BA-graad in internasionale betrekkinge aan die Universiteit van die Witwatersrand in Suid-Afrika behaal waarna hy sy PhD-graad in internasionale betrekkinge aan die Universiteit van St. Andrews in Brittanje verwerf het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Johan H. ·

I love this man Trump,,,, Please put sanctions on this Shole as to bring back death penalty for Rape and Kabinet stealing and murder and corruption. And teach these so called leaders to actually lead a country succesfull.

Adam ·

Johan, i am sure almost all of us are in agreement with you, but Trump is a very unlikely champion of saving us. His top men are going down at a rate of knots and quite a few are heading towards prison. Trump will also more than likely lose both the House of Representatives and Congress in the mid term elections and then he will be a sitting duck for the Democrats who want him impeached, even indicted, which although not very likely is possible under the Laws of the USA. Yes, they can kick us out of AGOA. institute sanctions etc, but that will harm our economy even further. We must remember that we are net importers. The reason for my argument is a very simple one. Why would the USA save SA whilst they allowed Zimbabwe to destroy themselves. Our government is as incompetent as they come and our opposition parties offer very little in terms of solutions. I for one still hope that sanity will prevail, although we cannot deny the fact that we are facing an uphill battle.

Farmer ·

Adam, ek stem saam met jou in die sin dat SAners nie moet verwag dat Trump hulle redder gaan wees nie. SA kan net haarself red, deur die stemmende massas te ooreed dat demokrasie en kapitalisme die enigste vorm van volhoubare en vreedsame lands-regering kan wees.
Ek stem nie saam moet jou voorspelling vir die November verkiesings in Amerika nie. Ek dink Trump gaan net sterker word. Dit lyk selfs asof die super linkse, amper sosialistiese California ‘n kans het om ‘n Republican Governer te verkies (nee, Arnold tel nie, hy was ‘n wolf in skaapwol vir konserwartiewes)

Staak ·

Goei nuus, miskien sal ons nageslag nog kan oorleef in Afrika.
Hoop vlam weer op.

tokkie ·

Die probleem is al stel VSA sankies in – wend SA hulle tot die Chinese en Russe. Dan gaan ons aftjop.

gatiep ·

tokkie die Russe is nie teen ons nie.
Hulle is aan Trump se kant.
Ons gaan begin wen tot ons gaan begin moeg raak vir wen.

Rynhardt ·

Cyril Ramaphosa en kie. het vir hulself en SA meer probleme geskep met onteiening as wat hul werklik besef!Die wat dink SA gaan nou op grootskaal beleggers lok, is in vir n onaangename verrassing,dit geld ook vir Anc-ondersteuners wat glo hul gaan nou skielik skatryk word en dat n blink lewe voorle!Daar was nooit deur Anc n kultuur van werk geskep nie,maar dat jy alles moet kry!Daarom het Moeletsi Mbeki dit in verlede duidelik gestel:”Cyril weet net hoe om die massas te speel!”SA het reeds 17miljoen mense op welsyn wat wys hoe liederlik die regering misluk het.Wereld sien wat aangaan in SA wat al hoe meer onstabiel raak.Grootskokke kom vir die rand!

Marais ·

Honderde duisende Amerikaners sal ons bystaan met bevondsing vir regshulp, om ons storie te versprei en om alarmstelsels te installeer vir ons veiligheid. Ons moet hulle net vra. Die Amerikaners is mense wat graag skenkings maak want hulle het goeie harte en gee om.

Kyk en Leer ·

Kan daar nie uit ander se optrede geleer word nie … hoe lyk en leef die ander lande se mense waar dit gebeur het … die mense krepeer sonder kos en heenkome. Hoekom nou die land ook in die afgrond in dryf ?

jakes ·

Die wiel draai stadig maar gewis. Sal graag CR se verduideliking wil hoor na wat nou aan die gebeure is.

Andre ·

Ek sal graag wil hoor wat sy kommentaar is maar hy sal eers sy mentor JM gaan kers opsteek.

Ben ·

Goeie Nuus vir Suid Afrika. Dankie Donald en Amerika. Die wereld is NIE so dom soos wat die huidige regering dink nie. Dit is so jammer dat vandag se politikuste nie hulle eie land se geskiedenis ken nie. Ek dink Nelson Madela sou diep teleurgesteld gewees het.

hendrik ·

Ben, jammer om jou teleur te stel maar Nelson Mandela was deel van die ANC se beplanning en uitvoering oor wat die afgelope 25 hier aan die gang is.

Thinus ·

Bravo pres. Trump. “Let’s make South-Africa great again” deur ontslae te raak van hierdie korrupte en onbevoegde ANC regering.

Theresa ·

Bold en hoofletters die hele stuk van M Tupy op die voorblad van alle koerante en vertaal dit ook sommer in al 11 tale.
Wanneer sulke wyse kommentaar gelewer word en insig daardeur verkry kan word deur mense wat hopelose besluite neem en mense wat net agterna hardloop omdat hul wil, moet dit groot vertoon word.
Hoop dit word deur die Regeringshoof en al sy besluitnemers gelees; bespreek; oorweeg en benut.

Roñnie ·

ANC verwys na laagtepunt van plaasmoorde en vergelyk met 2009 weet iemand statistiek 2018

Mrs H ·

My hart bokspring van opgewondenheid en dankbaarheid!!!!! Dankie Trump! Dankie Tupy! So bly jy het in SA geswot. Niemand sal beter as jyself dan verstaan nie. Ja Amerika was betrokke in 1990 en is dit niks minder as reg dat hulle ingryp by aksies wat nie deel was van die ooreenkoms nie. Toe kan ANC nie net maak soos hulle LUS kry nie…. En EFF moet geklasifiseer word as n Terroriste groep. Amerika moes net al lankal betrokke geraak het.

De Villiers ·

Dankie Kallie Kriel en die Afriforum-span oor jul inisiatief om die buiteland van die ware toedrag van sake in die RSA in te lig. Dit begin nou vrugte afwerp. Julle het dit gedoen in belang van alle Suid-Afrikaners en geregtigheid, en nie vir julleself nie. Julle moes baie tyd en dinkwerk insit om dit reg te doen. Daarvoor het ek vir julle die grootste respek. Julle doen en praat nie net nie. Ek sal aanhou om ‘n lid van Afriforum te bly en julle te ondersteun, en moedig almal wat nog nie ‘n lid van Afriforum is nie, om ook aan te sluit. Afriforum is afhanklik van ons bydraes om hierdie tipe goed vir ons te doen en vir ons te veg, en is nie ‘n besigheid nie of ontvang staatsubsidie nie. Ons kan nie net ‘free riders’ wees en net toekyk hoe hulle ons help nie. Hierdie bewusmakingsveldtog moes Afriforum ‘n klomp geld uit die sak gejaag het.

Blue Butterfly ·

@ De Villiers – ek stem heelhartig saam dat ons almal ‘n finansiele bydrae moet maak tot Afriforum se stryd om behoud vir ons mense. Ek het ook onlangs ‘n lid geword aangesien ek gevoel het ‘n “dankie” stel Afriforum nie in staat om vir ONS mense (soos Ramaphosa so lief is om te verkondig) se regte te baklei nie. Selfs ‘n maandelikse bydrae van R20 deur duisende lede kan Afriforum in staat stel om harder vir ons regte te baklei. Ek ondersteun hulle finansieel met graagte. Mag hulle van krag tot krag gaan!

Danie (2) ·

Kom ons wees dankbaar en openlik was dit nie vir die positiewe aktivisme vanaf Afriforum wie met ‘n bewusmakings veldtog begin het en deurgevoer het, sou die buite wereld salig onbewus gewees wat hier agter toe deure aan die gang is. Baie mense het hulle gekritiseer omdat hulle, dit wat in SA aan die gebeur is aan die buite wereld oorgedra het. Cyril is ‘n uitgeslape en gesoute politikus wie kort voor sy aankondigings oor grond hervorming na Engeland gegaan het om ‘n “soft landing” van sy beplande aankondiging te gaan bewerkstellig. Hy het gegaan om voorspraak vir die aanvaarbaarheid van sy planne te gaan doen. Hy het gefokus op die onreg van die verlede om ‘n atmosfeer van begrip en aanvaarbaarheid te gaan skep, het gedeeltelik daarin geslaag. Die realiteit is; dit is so SA het ‘n verlede gehad met wanbalanse, maar die verlede / geskiedenis moet nie so verdraai en verwring word met allerhande politieke kruie om dit ‘n geur en smaak te gee wat wit mense as boewe en skurke uitbeeld nie. Dit is wat tans aan die gang is . Ons as burgers vra om ‘n toekoms te bou wat gelyke geleenthede skep, nie wraaksugtige vergelding nie. Daar is meer sinvolle en ekonomiese benaderings as onteiening sonder vergoeding.

E ·

Daar het ons dit nou. RSA sal net geskors word uit AGOA en basta met die res. Welkom China, Welkom Zim 2.

Jerry ·

Afri-Forum en die jeug, julle speel met vuur met al julle verdraaide feite en onwaarhede wat julle aan die buiteland opdis. Julle moet pasop, want die duiwel gaan vir julle oor die kole haal in SA waarna julle babbel van leuens gaan bars en dan gaan die buiteland julle nie help nie!

De Villiers ·

Jerry, watse verdraaide feite? Dit help nie jy skiet die boodskapper nie, jy moet eerder baklei teen die ANC en dié wat onteiening sonder vergoeding ondersteun, en wat almal in die duister probeer hou oor hoe dit presies gaan werk en met wie. Afriforum dra net die ware feite oor.

VanAfrika ·

Ignoreer vir Jerry, hy is n liberaal wat die soort van Hillary Clinton sal invote, verraai haar eie land dan wil sy nog president word. Wag tot Jerry se familie deurloop wat ons plaasboere deurloop dan sing hy vinnig n ander deuntjie

aj ·

Africa have earned the reputation as the ‘dark continent’ because of this typical inclination to ‘self destruct’ as is now evident again in the ‘land grab’ saga in SA.

Political power seems to be the lethal potion that spark the ‘self destruct’ mode?

The only solution to sustainable peace and civility in South Africa is for the country to be put under a United Nations administration.

An international adminstration of at least 10 years will provide political, economical and social stability until such time as the prevalent POLITICAL TENSION has receded to normal levels.

Civil war is eminent in South Africa if the international community (UN) fail to act.

Wonder maar net ·

Ek dink nie ons moet ons asem op hou nie, net suid van Amerika speel iets soortgelyk af in Venezuela met weinig optrede deur die VSA, behalwe dat hulle nog steeds olie vanaf hulle koop. VSA se optrede sal ons wys wat en hoe hulle ons toekoms sien.

Spioen ·

Ek sien die anc en news24 slaan lekker vure dood! Dis seker die meeste wat news24 op plaasmoorde berig het in die laaste 3 jaar!!! Watse politieke kanale moet hulle gebruik, om die anc se liegstories te hoor dat alles ‘n utopia is???

Nel ·

Jerry is ‘n ‘undercover’ agent vir die CIA of dalk die FBI.

JMC ·

Sanksies het geen invloed op Zimbabwe gehad nie want waar die weste onttrek vul China eenvoudig die gaping.

Anoniem ·

Droewige tye lê voor met baie swaarkry indien die President nie gaan besin oor die verkeerde afdraai wat Hy gekies het nie !

What a joke! ·

Moenie worry nie want ou simpel Cyril is skatryk…hy gaan nogsteeds homself trommel dik vreet jare nadat hy Suid Afrika se ekonomie heeltemal verwoes het…

Lana ·

Enige mens met verstand weet dat onteiening sonder vergoeding ‘n “ernstige probleem vir SA inhou”.

danie 3* ·

Baie dankie oom trump!! Baie dankie amerika!! Ons VLAG gan weer wapper

Penellope Jones ·

Uiteindelik het nog ‘n land saam met Australie aandag geskenk aan die gemors wat die regering aanvang in SA.

gatiep ·

Die wereld is besig om hom self voor te berei vir n geveg tussen goed en sleg.
Niemand kan dit keer nie dis iets wat moet gebeur.

David ·

Ek is bly die VSA het nou amptelik kennis geneem. Volgende is sanksies, want die regering gaan hul nie van stryk laat bring nie.

Sanksies het voorheen Suid-Afrika selfstanding gemaak. Ons het geinnoveer en staatsmaatskapye soos b.v. Sasol, Yskor, Krygkor, Atoomkrag korporasie, ens. het tot stand gekom.

Is daar enige iemand wat glo dat dié regering dieselfde sal doen?

X SA'ner ·

Nee glad nie, die’ regering ken net 1 ding, vat en hoe meer hoe beter om hul sakke vol te stop. Dis ‘n nasie ding, kan niks bou of opbou, net afbreek tot in elende tot daar niks meer oor is, maar dis mos nou al ou nuus. Wie het Sasol, Krygkor, Yskor ens beplan en gebou, nie hierdie nasie….

KanekVra? ·

Alles klink wonderlik. Ek wonder of daar ooit na ons omgesien sal word, indien hier ooit ‘n burger oorlog sou uitbreek, met of sonder grond hervorming. Ek persoonlik het al heelwat vyandigheid ervaar van ander Europese mense sodra hulle hoor jy is ‘n ” Afrikaner “. Wat het Suid-Afrika wat Trump nodig het, absoluut niks nie. Amerika raak net betrokke as dit hulle kan baat.

Joshua ·

President Trump, us minority dont know freedom in the true sence -this ANC racist regime is the only goverment in the world that has implemented anti-white racist laws against a minority in order to prevent them from jobs while they are the majority. We want to be free and equal – we are not.

Penelope Jones ·

Net na die debakel oor trump se twiet laat waai rsg met die anc sê die twiet is getwiet na aanleiding van fopnuus. Nou toe nou. Wees gewaarsku als gaan van nou af fopnuus wees sover dit die diefstal van grond deur die anc betref

Dude ·

Dankie vir Afriforum vir hulle goeie werk. Ek gee met ‘n oop gemoed my bydrae elke maand aan Afriforum. So neem ek deel aan ons stryd vir regverdigheid in hierdie land.

Her ·

Jerry@ as jy wakker word is jou koffie koud. Die probleme wat ons hier in die gesig staar gaan nie net weggaan deur stilswye nie!

CWS ·

Dankie aan almal wat bal aan rol gesit het….maar meeste aan mnr Trump en ondersoek span…Hoop hul sal spoedig met troepe opdaag dat SA kan sien hoe lyk en tree n weermag op….!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.