VSA kap SA oor Kubaanse dokters

Die VSA voer aan Kuba buit sy medici uit. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Die VSA het Suid-Afrika gekritiseer omdat hy die hulp van Kubaanse dokters aanvaar het in die stryd teen Covid-19. Die VSA beskuldig Kuba daarvan dat hy wins maak uit mensesmokkelary.

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Mike Pompeo, het in Washington gesê die VSA neem kennis daarvan dat Kuba die koronavirus-pandemie misbruik om aan te hou met sy beweerde uitbuiting van Kubaanse mediese werkers.

Pompeo het gesê mediese werkers moet nou, meer as ooit tevore, beskerm word.

“Regerings wat hulp van Kubaanse dokters aanvaar, moet hulle direk betaal. As hulle die regering betaal, help hulle die Kubaanse regering om wins te maak uit mensehandel,” het Pompeo gesê.

Hy het gesê die VSA loof die leiers van ander lande wat weier om “blind te wees vir die Kubaanse regering se misbruik”.

Suid-Afrika se minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, het intussen die regering se plan verdedig om die 200 Kubaanse dokters hier te ontplooi. Volgens Mkhize is Suid-Afrika groot dank aan Kuba verskuldig vir sy voortgesette steun aan Suid-Afrika se gesondheidsorgstelsel.

Mkhize het gesê die Kubaanse dokters is nie hier om Suid-Afrikaners van werkgeleenthede te ontneem nie. Volgens hom is Suid-Afrika in ʼn bevoorregte posisie om die dokters te ontvang omdat Kuba reeds dokters tot verskeie ander lande, soos Italië, verbind het.

Ondanks Mkhize se verduideliking was daar op tuisbodem ook heelwat vrae oor die ontplooiing van die Kubane hier – veral ook oor die honderde miljoene rande wat hulle Suid-Afrika na bewering uit die sak gaan jaag.

Kuba is welbekend vir sy sogenaamde mediese diplomasie; letterlik duisende Kubaanse dokters werk oor die wêreld in opdrag van hul land se regering en verdien so miljarde dollars in kontant vir Kuba se staatskas.

Siviwe Gwarube, die DA se woordvoerder oor gesondheid, het gesê dit is belangrik om daarop te let dat die ontplooiing van die Kubaanse mediese werkers ʼn diens is wat Suid-Afrika by die Kubaanse regering koop, en dus nie gratis is nie.

“Die land se beperkte hulpbronne moet aangewend word om in ons eie gesondheidspersoneel te belê en ook in persoonlike beskermende toerusting vir hulle.”

Die VF Plus se woordvoerder oor gesondheid, Wouter Wessels, het ook gesê vrae rakende die koste – en wat Suid-Afrika in ruil vir die hulp aan Kuba gee – moet beantwoord word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Martie Smartie ·

US Government, stop giving the SA government financial aid. You aid them yourselves to contribute to these problems. Blacks in SA have no respect of love for Trump or US government, why can’t you see that? They are in the bed with the Chinese who created this problem. Stop complaining if you dont have common sense yourselves.

Die Wolf ·

Totally agree. Die koperkapel moet sy kop laat lees om die lot te vertrou.

Die Wolf ·

VSA het Kuba lankal ondersoek dus hulle kommentaar. Ek wonder of hulle so goed gekwalifiseerd is soos wat hulle voorgee? Praat van ondervinding met hulle.

Michael 1 ·

Maar niemand rep n woord oor die diskriminasie teen die land se minderhede wat hulle beperk om medies te studeer agv kwotastelsel gebaseer op vel kleur ek hoop die vsa neem kennis en stop alle hulp todat die wette geskrap word.

Burgermeester ·

Suid Afrika is al lankal in die bed met Kuba en China. Daar is mos nou nie ‘n manier wat die SA Regering die Kubaanse dokters direk gaan betaal nie. Deel van daai R500 Miljard wat Ramaphose so mee spog, word herlei na China en Kuba.

Kokerboom ·

VSA u mors u asem. Die SA regering is obsessief met Kuba en China want dis “payback” time. Realisme tel hier geen punt. Hiermee wil ek nie se dat daar nie goeie dokters onder Kubane is.

Koos ·

Hulle rep nie ‘n word oor die motorwerktuigkundiges van Kuba wat ook ten duurste ingevoer was ten koste van ons plaaskike mense nie.

Boortor ·

As ons ons oe uitvee dan land hier tienduisend of meer kubaanse troepe om die ” beperkings” af te dwing. Met al die opstande wat oppad is gaan hulle nie n keuse he nie. Probleem is dat hulle nie sal terug gaan nie maar net meer gaan word. Onthou my woorde. Dis nie meer lank nie.

Johanncb ·

Volgens ander mediahuise, kos hierdie Medici ons ongeveer R440 miljoen om hulle hier te kry!
My vraag: wat van ons eie Medici? Hulle word weggewys by Universiteite, Hospitale en Klinieke! Hoekom word hulle hulp nie aangewend nie? Is dit nie een van die hoogste vlakke van diskriminasie nie?

Pieter ·

Mooi VSA en Pompeo!! Ja die oordeelsvermoë en breinkrag ontbreek ‘n bietjie by ons kader regering.

Tino ·

Liewe VSA,

Daardie dag toe die SAW vir die liggies van Luanda gekyk het en daai Mnr Crocker van julle sy steun onttrek het, het julle SA aan die kommunis uitgelewer.

Dink net watse hupstoot sou daardie olie aan die SA ekonomie gelewer het die laaste 45 jaar maar julle was seker bang dat daar nog ‘n kompiterende ekonomie aan die suide punt van afrika ontstaan.

Groete
Eie medisyne

Chivago ·

VSA, hierdie land se politici (en sommige bekendes) wil niks van julle hoor nie, behalwe natuurlik vir die finansiele voordeel wat julle bied. Sodra die naam Trump genoem word, vlieg die beledigings wild. Hoor mos ander dag op die radio hoe Evita Bezuidenhout uitblaker “trump is mal, hy moet opgesluit word” Ek wonder steeds wat sal gebeur as iemand dieselfde kwytraak maar teenoor hierdie land se president?

Anel ·

Hierdie regering kan by Trump gaan leer. Hy kry nie salaris van die VSA regering nie. En wat hy doen, doen hy vir die Amerikaanse nasie. Almal wat hulke snaters so oor hom uirspoel is net jaloers. En as die Kubane so wonderlik was, hoekom gaan die weste se dokters nie almal daarheen vir opleiding nie? Hulle het hierheen gekom en hoeveel gaan aan die einde van dag teruggaan? Hulle gaan so stilletjies in die gemeenskap verdwyn, en dit nadat hulle soos konings behandel is. Al die kominustiese lande kry nou vastrapplek hier.

Tienie ·

Ons ALMAL weet mos dat die ANC het nogsteeds n rekening uitstaande by Kuba en China en andere wat van voor 1994 af strek.

Dit is nou “pay back time” vir die ANC…..

J ·

According to a draft report sent to the Treasury, South Africa has forked out more than R430 million to pay for the Cuban Medical Brigade’s assistance in the fight against Covid-19.

Na 26 jaar ANC bewind hardloop hulle steeds na hulle Kommunistiese meesters vir mediese hulp!

SKANDE!

Waar het die Kubane hulle sg. ERVARING opgedoen … ? … as die nuwe virus maar 3 maande gelede sy verskyning gemaak het?

Alles LEUENS!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.