‘VSA moet onttrekking aan Parys-akkoord heroorweeg’

Donald Trump

Pres. Donald Trump. Foto: AP Photo/Evan Vucci

Die Suid-Afrikaanse departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) het Vrydag ʼn beroep op die VSA gedoen om sy besluit om aan die 2015-Parys-klimaatakkoord te onttrek dringend te heroorweeg.

Pres. Donald Trump het vandeesweek aangekondig dat hy die VSA aan die akkoord sal onttrek. Die Parys-ooreenkoms is ʼn internasionale poging om kweekhuisgasse en sodoende aardverwarming te verminder. Trump het egter gesê die klimaatooreenkoms plaas ʼn ekonomiese las op Amerika. Hy het daarom besluit om daaraan te onttrek, maar is bereid om oor ʼn nuwe ooreenkoms te onderhandel.

Dirco het in reaksie hierop gesê klimaatsverandering is die enkele grootste bedreiging ten opsigte van die welstand, gesondheid en sosio-ekonomiese ontwikkeling van die mensdom. “Die uitwerking daarvan is wydverspreid, ongekend en ʼn las vir die armstes en kwesbaarstes,” het die departement in ʼn verklaring gesê. Dit was daarom vir hom ʼn “groot teleurstelling” om te hoor dat die VSA aan die ooreenkoms onttrek het.

“Die Parys-klimaatakkoord, wat teen 2020 ten volle in werking sal wees, is gegrond op bydraes wat deur die lande self bepaal word om gesamentlike globale doelwitte te bereik. Hierdie nasionaal-bepaalde bydraes moet die lande se beste pogings verteenwoordig en mettertyd al meer verbeter word,” lui die verklaring.

“Dit is verder gegrond op die verstandhouding dat ons almal ʼn gesamentlike verantwoordelikheid het om op te tree, terwyl daar kennis geneem word dat die verskillende nasies in die verlede op verskillende maniere tot die probleem bygedra het en ook nou verskillende vermoëns het om die probleem aan te pak. Die Parys-klimaatakkoord verteenwoordig die mees buigsame en dinamiese benadering tot die hantering van klimaatsverandering. Die onttrekking van die VSA is nie net ʼn versaking van ʼn globale verantwoordelikheid teenoor die mensdom nie, maar ook skadelik vir multilaterale verhoudings, die oppergesag van die gereg en vertroue tussen nasies.”

Die departement het beklemtoon dat Suid-Afrika ten volle toegewy is aan die bereiking van die doelwitte soos dit in die Parys-klimaatakkoord en die VN se raamwerk-konvensie oor klimaatsverandering uiteengesit word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
Kersater

LMGA….fokus eerder op inherente kwessies, soos die bekamping van water mors, en SA se infrastraktuur wat lag wekkend is, voor die organisasie probeer toesnou aan n reus wat gedoen moet word. Die beleid waaraan die VSA ontrek het is n politieke belofte aan die meerderheid. VSA trek kort stokkie, nie meer nie.

JoeV

Dink Trump het die regte kaart gespeel die keer, Waar sou die helse bedrag geld in elk geval bestee word? In lande waar daar nie beheer op besoedeling is of baie min beheer is nie. Vervaardig plaaslik beheer besoedeling. Die geld sou net gemors geword het. Duitsland het nogal mondvol oor die, en hulle is juis een van die grootse sondebokke wat vervaardiging uit die land na goedkoper lande skuif waar daar nie na besoedeling gekyk word nie.

Bietjie bietjie

Klimaatsverandering is nie enkele grootste bedreiging tot die mensdom nie maar skelm regerings met verskuilde agedas wel ! Suid Afrika bly toegewy tot Parys ooreenkoms . Bou nog ñ paar steenkool kragstasies asseblief ! Duidelik het Dirco nie verstaan wat Trump sê nie. Hy gee nie geld waar niemand weet waar en hoe dit bestee word veral nie ten koste van jou eie land nie . Hy sal deelneem maar die ooreekoms is swak omdat sekere lande voordeel trek en VSA trek kort looitjie . Maklik vir staats dept om te sê spandeer want dis nie hulle geld en het… Lees meer »

humor

Ek verstaan daar is buigsaamheid tov die VSA ontrekking. Daar is steeds bereidheid tot n nuwe ooreenkoms. So die saak is nie van die tafel afgevee nie. Trump kom sy beloftes na om Amerika eerste te stel.

piper

trump kyk die kat goed uit die boom uit. hy het nie heeltemal ontrek uit die parys ooreenkoms nie en is bereid om aan te bly op sy voorwaardes. hy is reg. hoekom moet amerika, die grootste ekonomie in die wereld net geld uitgee en nie mooi weet waar dit gaan nie.