‘VSA moet onttrekking aan Parys-akkoord heroorweeg’

Donald Trump

Pres. Donald Trump. Foto: AP Photo/Evan Vucci

Die Suid-Afrikaanse departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) het Vrydag ʼn beroep op die VSA gedoen om sy besluit om aan die 2015-Parys-klimaatakkoord te onttrek dringend te heroorweeg.

Pres. Donald Trump het vandeesweek aangekondig dat hy die VSA aan die akkoord sal onttrek. Die Parys-ooreenkoms is ʼn internasionale poging om kweekhuisgasse en sodoende aardverwarming te verminder. Trump het egter gesê die klimaatooreenkoms plaas ʼn ekonomiese las op Amerika. Hy het daarom besluit om daaraan te onttrek, maar is bereid om oor ʼn nuwe ooreenkoms te onderhandel.

Dirco het in reaksie hierop gesê klimaatsverandering is die enkele grootste bedreiging ten opsigte van die welstand, gesondheid en sosio-ekonomiese ontwikkeling van die mensdom. “Die uitwerking daarvan is wydverspreid, ongekend en ʼn las vir die armstes en kwesbaarstes,” het die departement in ʼn verklaring gesê. Dit was daarom vir hom ʼn “groot teleurstelling” om te hoor dat die VSA aan die ooreenkoms onttrek het.

“Die Parys-klimaatakkoord, wat teen 2020 ten volle in werking sal wees, is gegrond op bydraes wat deur die lande self bepaal word om gesamentlike globale doelwitte te bereik. Hierdie nasionaal-bepaalde bydraes moet die lande se beste pogings verteenwoordig en mettertyd al meer verbeter word,” lui die verklaring.

“Dit is verder gegrond op die verstandhouding dat ons almal ʼn gesamentlike verantwoordelikheid het om op te tree, terwyl daar kennis geneem word dat die verskillende nasies in die verlede op verskillende maniere tot die probleem bygedra het en ook nou verskillende vermoëns het om die probleem aan te pak. Die Parys-klimaatakkoord verteenwoordig die mees buigsame en dinamiese benadering tot die hantering van klimaatsverandering. Die onttrekking van die VSA is nie net ʼn versaking van ʼn globale verantwoordelikheid teenoor die mensdom nie, maar ook skadelik vir multilaterale verhoudings, die oppergesag van die gereg en vertroue tussen nasies.”

Die departement het beklemtoon dat Suid-Afrika ten volle toegewy is aan die bereiking van die doelwitte soos dit in die Parys-klimaatakkoord en die VN se raamwerk-konvensie oor klimaatsverandering uiteengesit word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Kersater ·

LMGA….fokus eerder op inherente kwessies, soos die bekamping van water mors, en SA se infrastraktuur wat lag wekkend is, voor die organisasie probeer toesnou aan n reus wat gedoen moet word. Die beleid waaraan die VSA ontrek het is n politieke belofte aan die meerderheid. VSA trek kort stokkie, nie meer nie.

JoeV ·

Dink Trump het die regte kaart gespeel die keer, Waar sou die helse bedrag geld in elk geval bestee word? In lande waar daar nie beheer op besoedeling is of baie min beheer is nie. Vervaardig plaaslik beheer besoedeling. Die geld sou net gemors geword het. Duitsland het nogal mondvol oor die, en hulle is juis een van die grootse sondebokke wat vervaardiging uit die land na goedkoper lande skuif waar daar nie na besoedeling gekyk word nie.

Bietjie bietjie ·

Klimaatsverandering is nie enkele grootste bedreiging tot die mensdom nie maar skelm regerings met verskuilde agedas wel !
Suid Afrika bly toegewy tot Parys ooreenkoms . Bou nog ñ paar steenkool kragstasies asseblief ! Duidelik het Dirco nie verstaan wat Trump sê nie. Hy gee nie geld waar niemand weet waar en hoe dit bestee word veral nie ten koste van jou eie land nie . Hy sal deelneem maar die ooreekoms is swak omdat sekere lande voordeel trek en VSA trek kort looitjie .
Maklik vir staats dept om te sê spandeer want dis nie hulle geld en het nie daarvoor gewerk !! Gaan kyk Trump se hele speech op You tube en moenie media se weergawe glo nie . Tans is dit net ñ vae ooreekoms met baie geld van belasting betalers wat niemand weet hoe en waarvoor dit aangewend word nie . Daardie organisasie steel belasting geld onder ñ liegstorie / vaandel van klimaats verandering . Trump dink vir sy land eerste en is reg om te wil her- onderhandel . Dit is net nog ñ verskuilde agenda organisasie wat op mense se gevoel speel ! Besluit wat gedoen wil word en wees regverdig met die klimaats planne in Parys asseblief. Moenie mense straf deur nog ñ belasting in te stel en dan geld maar net eintlik te steel!
Dink mooi !
Wat weet Dirco ?

humor ·

Ek verstaan daar is buigsaamheid tov die VSA ontrekking. Daar is steeds bereidheid tot n nuwe ooreenkoms. So die saak is nie van die tafel afgevee nie. Trump kom sy beloftes na om Amerika eerste te stel.

piper ·

trump kyk die kat goed uit die boom uit. hy het nie heeltemal ontrek uit die parys ooreenkoms nie en is bereid om aan te bly op sy voorwaardes. hy is reg. hoekom moet amerika, die grootste ekonomie in die wereld net geld uitgee en nie mooi weet waar dit gaan nie.

Pat de Wet ·

Wie is die kenners by DIRCO dat hulle kan iets sê, gedink ‘n wetenskaplike instelling sou iets sêmaar nou is dit die kluite.

jaco ·

Elke land in die wereld behoort deur n businesses tycoon soos Trump geregeer te word.

gatiep ·

Dis reg Trump daai klomp klimaat ouens sou net nog meer rondgevlieg het met julle geld en klimaat probleme nog erger gemaak het.

Domco ·

Imagine Dirco dink hulle kan vir Trump raad gee
Ek het n btw transaksie met Dirco gehad en het amper n jaar gespook om hulle vet boude van hulle stoele te lig vir n bietjie diens
Foeitog die ou teleurstellende wereld

John ·

$100 biljoen jaarliks strooi oor Afrika… soos Tinkerbell se goudstof… Hoeveel jare reen geld nie al op Afrika vanuit die Weste en elders nie en dit loop in strome af in ‘n paar bodemlose putte…. en weg is dit. As die EU dink dit gaan die stroom bote na hul kammalande stop, maak hulle ‘n fout. Vroeer jare is dit slawehandel genoem, waar ouers kinders op hawens verkwansel en stamhoofde mense vang en aan skelm skeepseienaars uitlewer. En die stories van die aankomelinge se ellende en onderdrukking klink steeds dieselfde. Eers het dit Angela laat swymel, maar nou skop die Nazi-bloed weer in en planne word gesmee dat Trump vir die gelag betaal. En hier wag die Guptas vir die miljoene om kamma 10 atoomkragsentrales te bou vir die gesondheid van planeet, volk, ‘vaderland’ en die oorlewing van Zuma en sommer ook die heelal en whatever, tralala… etc. Val daarvoor as julle nog nie kan dink nie…

Callie ·

Dankie Trump. En wag, hy steur hom nie aan die politieke korrektheid van SA nie maar net aan korrektheid. Verrassing wag vir die Zumas van Afrika

Santie ·

Obama het Amerikaanse belastingbetalers se geld uitgegee om sy liberale wereldorde te bevorder, o.a. biljoene aan Iran net voor hy moes loop. Die Parys-storie was deel daarvan. Die VSA wat geld moet inpomp in ontwikkelende lande sonder enige bepalings of terugvoering. En die liberale sot het die VSA met ‘n negatiewe betalingsbalans van $3 triljoen gelos. En dan het hy (Obama) nog die vermetelheid om te kerm oor sy ” legacy”. Trump is ‘n yster. As SA maar so ‘n president kon kry. Natuurlik sal SA kerm oor die VSA padgee, lekker geldstroom wat opdroog. En d/s met die leiers in Europa. NAVO en Paryse Akkoord het alles op die VSA se rug gery, danksy die nul van ‘n Obama wat oral wou grootman speel met belastingbetalers se geld. Gaaf om hier te sien soveel ander mense weet ook waar om die ware nuus oor die VSA te kry!

Santie ·

Belangrikste: VSA gaan voort met hul eie vermindering van CO2, gaan net nie meer biljoene inpomp in Paryse Akkoord met geen eis vir resultate van enige aard nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.