VSA-musikant Mos Def ‘ongewens’ verklaar

Yasiin Bey (beter bekend as Mos Def) Foto: IMDB

Yasiin Bey (beter bekend as Mos Def) Foto: IMDB

Die Amerikaanse musikant en akteur Yasiin Bey, beter bekend as Mos Def, sal toegelaat word om Suid-Afrika te verlaat, het die departement van binnelandse sake Dinsdag gesê.

Mos Def is in Januarie by Kaapstad internasionale Lughawe in hegtenis geneem. Hy het Suid-Afrika met ʼn Amerikaanse paspoort binnegekom, maar ʼn onbekende “wêreldpaspoort” aangebied toe hy die land probeer verlaat het, en is in hegtenis geneem.

Mkuseli Apleni, direkteur-generaal van die departement van binnelandse sake, het gesê die Amerikaanse kletsrymer sal as ʼn ongewensde persoon verklaar word en “nie kwalifiseer vir ʼn visum vir die republiek nie”.

Volgens die verklaring kan hy agter “aansoek doen vir ʼn vrywaring, vir goeie rede, kragtens artikel 2 van die Wet op Immigrasie van 2002”.

Mos Def het tereg gestaan op aanklag dat hy Suid-Afrika se immigrasiewette oortree het, asook die Wet op Suid-Afrikaanse Paspoorte en Reisdokumente.

Hy het egter in ʼn geskrewe brief om verskoning gevra aan die departement van binnelandse sake en die Suid-Afrikaanse regering en erken dat “ʼn uitlander slegs die Republiek van Suid-Afrika kan verlaat indien hy/sy in besit is van ʼn geldige paspoort”. Hy het ook erken dat “ʼn wêreldpaspoort nie ʼn geldige paspoort is kragtens die Wet op Immigrasie nie”.

Aldus die verklaring het hy onvoorwaardelik om verskoning gevra aan die regering van Suid-Afrika en veral die departement van binnelandse sake vir sy optrede en enige ongerief en/of vooroordeel wat dit veroorsaak het.

Mos Def sal Dinsdag Suid-Afrika verlaat met ʼn Amerikaanse paspoort.

Hy sou Vrydag weer in die hof verskyn, maar die aanklagte teen hom sal in sy afwesigheid teruggetrek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

jaco ·

daars vyf MILJOEN of meer onwettige immigrante in SA wat sonder paspoorte bloot oor ons onbewaakte grense gestap het en nou maar net bly en bly en bly. Hulle wat ons werksgeleenthede weg en hulle gebruik ons water en elektrisiteit. Aan hulle word NIKS gedoen nie, maar hierdie enkeling wat nie eens hier wou bly nie word vasgevat.

anton ·

@ Jaco….. ja hierdie is die grap van die jaar!!!
Ek stem 100% saam met jou. Hoe werk hierdie surkus in S.A ? Sal net hulle seker weet.

anton ·

Miskien wou hulle nie gehad het hy moet die land verlaat nie want hy kan dalk ook nog n stem byvoeg vir die anc of eff.
Ander lande sal graag wil hê dat jy terugkeer na jou land van herkoms as jy nie n burger is nie.
Duidelik nie hier die geval nie.

Nice ·

Vraag is op Wie se kostes het hy gebly op die belastingbetaler of hoe?En ek stem saam die onwettige imigrante is beslis ń probleem en daar word niks aan gedoen nie,word meer geworry oor rassisme sake as die veiligheid van die SA mense….Ek wonder soms wat sal zuma doen as onwetige immigrant nkandla aanval en al sy familie lede om die lewe bring.

charmaine ·

Wie is die ou? Moet hy belangrik wees?En kyk net hoe gaan dit by Home Affairs! korrupte spul!

Verskoning ·

Whaaa oor die radio se hulle ‘ hy het darem mooi om verskoning gevra’ . wonder as die doodskis ouens nou ook om verskoning vra of dit aanvaar sal word. Probeer dit manne, dalk is julle voor Kersfees tuis (in your dreams)!!

LB S ·

KLETSRYMER, wow! Mooi Afrikaanse woord vir Rapper. Ek moet dit onthou en my kinders verras as daar weer ‘n Kletsrymer op TV of iewers verskyn ☺

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.