VSA-ondersoek lei tot inhegtenisnemings in SA

Argieffoto

Argieffoto

Owerhede het gesê ʼn kinderpornografieondersoek in Noord-Carolina in die VSA het tot die inhegtenisneming van ʼn 14-jarige meisie se ouers in Suid-Afrika gelei.

Die staatsburo van ondersoek het in ʼn verklaring gesê die ondersoek het begin toe ʼn man in Catawba County met kinderpornografie betrap is. Die SBI het gesê hulle het bewyse op sy selfoon gevind dat hy vir grafiese foto’s betaal van ʼn tiener in Suid-Afrika.

Ondersoekbeamptes het gesê die betalings het gelei na ʼn adres in Port Elizabeth, waar hulle met ʼn 14-jarige meisie gepraat het, wat gesê het haar ouers het haar seksueel aangerand en foto’s en video’s van haar geneem.

Suid-Afrikaanse owerhede het gesê die meisie se ouers is aangekla en die tiener en haar twee broers is uit hul sorg verwyder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Lollie ·

Pragtig dat hulle vasgetrek is! Watse vonnis gaan hulle kry wat gepas is vir hulle dade? Hoe op dees aarde kan jy dit met jou eie kind doen?! Hulle is slegter as ń hond! Daardie meisie, of al drie die kinders, se lewe is verwoes en dan het jou eie ouers dit nog gedoen! Siek, siek, siek!!!!!

Vivian ·

My hart gaan so uit na kinders wat se ouers regtig uit die hel uit is, duiwel besetenes is hulle. Hoe kan enige ouers sy kind as n seks object sien. Dit maak geen sin nie. Mag die kind se lewe nou vandaan die regte aanskou en sy genees fisies, emotioneel en geestelik. Mag sy die Here vind.

snoefie ·

ekskuus Lollie? slegter as n hond? ekmoet nog hoor van honde wat hulle kinders aan sulke uitbuiting blootstel.

Pop ·

Die VSA doen deesdae die werk vir die sleg polisie van ons. Al die porn word oopgevlek deur oorsee se mense. Skandalig.

snoefie ·

maar ek hoop ons hie hie hie prosident sien hoe dit elders gedoen word en probeer dieselfde doen al is dit nie hie hie hie “rassisme” nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.