VSA regter sit stokkie voor Trump se reisverbod

Betogers buite John F Kennedy-lughawe in New York nadat twee Irakese reisigers verbied is om die VSA te betree (28 Januarie 2017) Foto: AP Photo/Craig Ruttle

Betogers buite John F Kennedy-lughawe in New York nadat twee Irakese reisigers verbied is om die VSA te betree (28 Januarie 2017) Foto: AP Photo/Craig Ruttle

ʼn Federale regter se noodbevel verbied tydelik die VSA om persone van lande te deporteer onder pres. Donald Trump se reisverbod. Die regter het gesê reisigers wat aangehou word, het ʼn sterk argument en hul wettige regte word misken.

Die departement van binnelandse veiligheid het vroeg Sondag ʼn verklaring uitgereik wat sê dat die uitspraak nie die algehele implementering van die Withuis-bevel sal beïnvloed nie, en dit raak slegs ʼn klein aantal reisigers wat deur veiligheidsprosedures ontwrig is toe hulle na die land wou terugkeer.

Die noodbevel is Saterdagaand deur distriksregter Ann Donnelly in New York uitgereik nadat prokureurs van die Amerikaanse Civil Liberties Union ʼn petisie by die hof ingedien het namens persone van sewe hoofsaaklik Moslem-lande wat by lughawens oor die land heen aangehou is toe die verbod in werking getree het.

Die regter se bevel spreek egter slegs ʼn gedeelte van Trump se bevel aan. Die skare het gejuig toe die regter se beslissing bekend gemaak is.

Die bevel verbied Amerikaanse grensbeamptes om enigiemand wat in die VSA aankom met ʼn geldige visum van Irak, Sirië, Iran, Soedan, Libië, Somalië en Jemen. Dit dek ook enigiemand wat ʼn goedgekeurde vlugtelingaansoek het.

Dit is nog nie duidelik hoe vinnig die regter se bevel persone kan beïnvloed wat in aanhouding is, of hoe dit ander raak wat op pad is na die VSA nie.

“Realisties weet ons nie eers of mense op vliegtuie toegelaat gaan word nie,” het ACLU-prokureur Lee Gelernt gesê.

Die departement van binnelandse veiligheid het egter gesê dit het geen invloed op Trump se uitvoerende verbod nie. “President Trump se uitvoerende bevel bly in plek. Verbode reis word steeds verbied en die Amerikaanse regering behou die reg om te enige tyd visums terug te trek indien dit nodig is vir nasionale veiligheid,” lui ʼn verklaring.

Onder Trump se bevel wil dit voorkom of ʼn onbekende getal Amerikaanse inwoners, wat in ander lande gebore is en nou buite Amerika reis, minstens 90 dae lank oorsee sal moet bly, selfs al het hulle permanenteverblyf-groenkaarte of ander visums. ʼn Beampte van die departement het egter Saterdagaand gesê niemand van die betrokke sewe lande met ʼn groenkaart is verbied om die VSA te betree nie.

Die beampte van die departement wat telefonies met verslaggewers gepraat het, het gesê 109 persone wat op vliegtuie was, is verbied om die VSA te betree en 173 persone is nie toegelaat om in ander lande op vliegtuie te klim nie.

Trump het gesê sy reisverbod is ʼn “noodsaaklike stap om radikale Islam-terroriste te verhoed om Amerika te betree”.

Trump se bevel het spesifiek Sirië uitgesonder met die mees aggressiewe verbod en persone van dié land word onbepaald verbied, insluitend diegene wat van die burgeroorlog wil wegvlug.

Die bevel kan egter nie enige aanvalle voorkom van Amerikaans-gebore ekstremiste wat reeds in Amerika is nie. Saoedi-Arabië, waar meeste van die 11 September-kapers vandaan kom, is ook nie by die verbod ingesluit nie.

Trump se reisverbod het tot talle betogings by verskeie van die land se internasionale lughawens gelei, insluitend John F Kennedy in New York en O’Hare in Chicago, asook fasiliteite in Minneapolis en Dallas-Fort Worth. Honderde persone het in San Francisco die strate buite die aankomssaal versper. Talle persone het ook by Portland, Oregon, betoog.

Twee van die eerste groep persone wat verbied is om die VSA te betree was Irakese met bande met die Amerikaanse weermag. Hameed Khalid Darweesh en Haider Sameer Abdulkhaleq Alshawi is deur immigrasiebeamptes aangehou toe hulle Vrydagaand by John F Kennedy-lughawe in New York geland het. Albei is Saterdagaand vrygelaat nadat hul prokureurs ingegryp het.

Diplomate van die sewe lande sal steeds in Amerika toegelaat word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

jaco ·

Waarom wil mense uit moslemlande so graag in Amerika bly? Honderde goed wat volgens die moslemgodsdiens sonde is, is wettig en aanvaarbaar in Amerika: eet van varkvleis, rook van dagga en homoseksualiteit word alles met die dood gestraf in moslemlande. Eers kom hulle met hartseer stories sodat hulle political assylum in Amerika kan kry, en dan wanneer hulle eers in is, doen hulle gewelddadige aanvalle op al die “sondaars” rondom hulle. Hoeveel sulke aanvalle moet daar nou NOG wees voordat Amerika finaal sy deure vir dié mense sluit? Trump behoort soos op sy reality TV show vir daardie regter te sê “you’re fired”.

Paul ·

Hmmm, Jaco, het jy selfs hierdie berig gelees?

Die twee ouens wat hof toe gegaan het, is mense van Irak wat saam met die Amerikaanse weermag geveg het. Aan Amerika se kant baklei. Wat meer moet hulle doen om in jou goeie boekies te wees?

Cherokee ·

Waarskynlik gedwonge weermagdiens gedoen, soos vele van ons. Jaco en ek praat (dikwels) baie naby aan die selfde taal. Wat hy sê is, ‘n moslem is ‘n moslem. Vergeet die woord ‘radikaal’. Het nog nooit ‘n ‘nie-radikale moslem’ gehoor kritiek uitspreek teenoor selfmoordbomme en moslem-moorde.

Anne ·

Stem 100% saam met jou Cherokee, Trump beskerm sy mense en sy land en dis hoe dit moet wees.

Mike de Beer ·

Trump doen die regte ding. As hy of sy verdag is weier toegang want in hulle lande is vryheid van spraak, geloof, beweging, assosiasie in enige gevalle taboe. Inteendeel “jungle justice” is die orde. Staan vas Donald.

Paul ·

Mike, maar dis mos nie nou waaroor dit hier gaan nie. Jy sê “as hy of sy verdag is”. Hierdie is juis die teenoorgestelde – daar word nie onderskei tussen “verdag” en “nie verdag” nie – almal word eenvoudig oor dieselfde kam geskeer.

Hoe sou jy voel as jy dieselfde behandel word as iemand van die ANC, net omdat die ANC droogmaak?

arie ·

Ag nee wat MM.
Sowat van n misleidende berig opskrif kan ek verwag van die ANC, maar nie van julle af nie.
Die eerste Indruk wat ek gekry het is dat n paleis revolusie aan die kom is en dit is geensins so nie.
Die regter het net die baie skerp kante van die reis verbod bietjie minder skerp gemaak.
In Engels “made a little mellow”

Ian ·

Dit was my eerste indruk ook. Dit is vandag die tweede keer dat Marula Media n misleidende (liberale tipe) opskrif gebruik. Ek sal hulle dophou in die toekoms.

Jan ·

Ondersteun tog ook so nou en dan die ANC, hulle en hul stemvee kan mos nie verewig verkeerd wees nie.

Nou MM voor julle die kommentaar afhaal, gaan kyk tog wat beteken die woord stemvee.

Nico ·

Ja Arie, stem saam met jou. Dit was ‘n uiters misleidende opskrif. Hulle is ook maar deel vand die Hoofstroom. Dit was SLEGS Praag van alle Afrikaanse media wat PRO Trump was.

JC ·

Dankie Nico, PRAAG IS TOPS en vertel altyd die onverdraaide en onopgesmukte waarheid!!

Elisabeth ·

Jaco blote propaganda . Ek het vir 8 jaar onder die Moslems gewoon en daar is skewe koppe in elke hoek deel v d wêreld.

Dit moet nog voor die Senate geplaas word en op die oomblik is dit net President Trump se eie kaos skeping met ‘n geopolitieke skuif daar agter. Vergeet dat hy dit motiveer met 9/11 or moslems. Dis ‘n baie onstabiele ontwikkeling.

Justice ·

Daar is die individue wat goed laat gebeur; ander wat wag vir goed om te gebeur en die wat wonder wat het gebeur – Trump laat goed gebeur – beslis het hy nie die grootpraat min doen skool van die politikuste bygewoon nie of hul boek gelees nie. Mens kan ook nou sien hoekom hy ‘n uiters suksesvolle en welaf sakeman is. Ons kort dringend so ‘n leier in Suid Afrika.

Paul ·

Daar is ‘n paragraaf wat nie sin maak nie in die berig. Dit praat van “Amerikaanse burgers wat in ander lander (sic) gebore is, maar wat groenkaarte of ander visums het”. So iets is nie moontlik nie – indien hulle Amerikaanse BURGERS (naturalised citizens) is, kan hulle nie ook groenkaarte of visums hê nie.
Korrigeer.

Sune van Heerden ·

Dagsê Paul

Dankie, ons het die berig gewysig. Dit moet inderdaad slegs na Amerikaanse inwoners verwys, en nie burgers nie. Hier is die bronteks: “Under Trump’s order, it had appeared that an untold number of foreign-born U.S. residents now traveling outside the U.S. could be stuck overseas for at least 90 days even though they held permanent residency green cards or other visas.”

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Hendrik ·

Ek wonder maar net wat sou hierdie klomp Trump-aanbidders self sê indien hulle n Christen vlugteling uit Sirië is wat na jare se ondersoek uiteindelik n visum vir die VSA kry, net om sodra hulle in die VSA land, teruggestuur te word. Die man is onbevoeg om Amerika te lei. Hy besef nie die gevolge van sy aksies nie. As besigheidsman was hy verskeie kere bankrot verklaar – ek is seker hy is tans baie armer as wat hy voorgee, daarom is hy die eerste president in 24 jaar wat nie sy belastingopgawe bekend maak nie.

Anne ·

Nou dat party van ons dink Trump doen die regte ding vir sy land en mense aanbid ons hom ?

Neewat Hendrik ·

Almal haat sy guts. Hy is nie meer onbevoeg as ZUMA om SA te lei nie, tog submit almal in SA hulle maar onder Zuma se reels en regulasies wat soms belaglik en diskriminerend is. Hoekom wil Moslems na ‘n ‘Christenland’ toe foeter altyd? As hulle daar is, wil hulle alles verander en Sharia law ingestel he, en ONS wette daar kan laat geld nie. LOS DONALD TRUMP uit .. dis nie asof jy eers ‘n Brewery kan bestuur nie, so hy doen dit vir die VEILIGHEID van sy land of het jy 9/11 vergeet? Daardie terroriste was vir JARE in AMERIKA gevestig, en het steeds een van die grootste rampe in Amerika veroorsaak . DEPORT HULLE een vir een !! KOEBAAI MERAAI!

RB ·

Hy het dit nie bekend gemaak nie, ja, maar waarom is dit iemand anders se saak?

Hy het ook sy salaris as president geweier, en afstand van sy besigheid gedoen terwyl hy president is. Almal wie vir hom gestem het, weet dat hy ‘n sakeman is. Dink enigeiemand nou regtig dat ‘n, reeds ryk, sakeman van 70 jaar oud, hierdie veeleisende werk sou doen omdat hy iets vir homself probeer doen? Waarom nie lekker aftree nie? Dit is ‘n belaglike argument.

Hierdie terreur moet stop…die aanvallers kruip tussen vrouens en kinders weg. Wanneer die sogenaamde vreedsames begin om ook sterk teenkanting te wys, kan mens weer onderhandel.

Lizaan ·

Hendrik ek stem 100% saam jou. Dir meeste mense wat hier kommentaar lewer, word verblind met die benaming van biljoener president. Trump tree nou op soos n seuntjie wat sy maaitjies n punt wil wys.

vir trump ·

Ek merk hier is baie liberales tussen ons. Gelukkig hoef ons nie julle kommentaar ernstig op te neem nie. Ons verwerp dit met graagte. Trump bo!

Janetta ·

Ek is ten gunste van Trump as president v VSA. Hoekom wil almal wat weet wat die regte ding is, dit nie aanvaar nie? Is dit om saam met die betogers te stem of is bloot uit onkunde. Maak oop julle oe en word wakker!! Ons moet hierdie man n kans gee om dit wat terwille van gewildheid skade gely het reg te maak. Hy sal alles in sy vermoe doen om die magtigste staat in die wereld op koers te kry. Steun hom in alle opsigte – hy is op die regte pad.

Jenny ·

Ja LIBERALISME het vandag SA wat hy is .. moreel verswak, militer verswak, ekonomies verswak, godsdiens verswak, misdaad en korrupsie versterk, regstelsel verswak, polisie verswak .. dis die UITEINDE van ‘n land wat deur LIBERALES oorheers en bestuur probeer word .. en die wittetjies wat saamskreeu word net gebruik terwyl hulle ‘n stem het en word dan een vir een uitgewerk soos Helen Suzman en al die ander wat saam die ‘vryheidstryd’ geveg het … Meeste vlug uiteindelik landuit en gaan juis na die ‘konserwatiewe lande’ waar hulle uiteindelik gaan aftree en sterf, en ONS MET DIE GEMORS LOS!

boshof ·

Die lot wat die land inkom hoort nie daar nie. Hoeveel van hulle het duistere motiewe? Dit is goed dat Trump hulle probeer keer. Hulle moet teruggaan na hulle eie lande toe. Hulle is nie Amerikaners nie.

Jaco ·

Snaaks, die 7 lande wat Trump gekies het. Van die 19 aanvallers van 9/11 was 15 van Saoedi-Arabië, 2 van die VAE en 1 van Egipte en nie een van die lande is op sy lys nie.

charmaine ·

Amerika se grootste vyand, is sy eie huidige inwoners hetsy Amerikaans of nie. Kyk wie skiet by skole waar grootste getalle dood is. Jong mense! Dwelmgebruik en wapens grootste probleme.

Herman ·

Die klompie liberale en anti-Trump kommentators hier moet julself een vraag afvra. Sal die Moslems wat geaffekteer word deur die Trump-verbod enigsins dieselfde regte waarop hulle aandring in Amerika, aan Christene toestaan in hul eie Moslemlande? En sommer nog ‘n vraag. Sal julle liberaliste ook so verwoed tekere gaan oor Christene se regte in daardie lande? Ek dink ons almal weet dat julle stilswye sal oorverdowend wees. Julle “standaarde” is inderdaad vreemd vir ‘n behoudende om te verstaan…

John ·

In SA spog die ANC dat daar nie teen immigrante op grond van hul geloof gediskrimineer word nie, maar in dieselfde asem se ons minister van binnelandse sake, ons werkgewers moet verkieslik SA-ners aanstel in poste anders sal wrewel opkook. Wat beteken dit? Ons regering praat uit twee monde. Dalk moet ons diegene wat so ween voor die goue poorte van Engeland en die VSA hierheen nooi… nee gaan haal… en mooi huisies vir hulle bou langs diegene wat ter plaatse so anti-Trump is. In Saxonworld is daar juis ‘n stukkie grond langs ‘n ou sjebeen…

Nico K ·

Om jou te antwoord Herman, om te sê ja maar die Moslems sal dit nie doen nie, is ‘n swak argument. Jy moet doen wat reg is. Jy kan nie argumenteer dat jy mag dit doen net omdat ander mense dit doen nie. En julle is verkeerd. Daar is baie kritiek uit alle Westerse lande teen die Moslem lande. Trump kan sy land beskerm en hy mag wetgewing teen sekere lande inbring maar dit moet op die regte manier gedoen word. Daar is nog ‘n hof in die VSA en anders as in SA is die President nie bo die Reg verhewe nie.

Herman ·

Nico K – En jy swyg soos te verwagte oor Christenregte in Moslemlande. Die liberale siening impliseer dat jy jou eie moet verag en die vreemde moet aanhang. Vir my is dit verwronge en verkeerd. In Europa word reeds ‘n duur prys betaal deur die toelating van vreemdelinge wat ‘n onverdraagsame en gevaarlike geloof aanhang. Dis net die liberaliste wat blind en doof is daarvoor.

gatiep ·

Hoe kan mense betoog om nie n grens te he nie sodat enige skelm maar kan kom of gaan soos hy wil.Wat die wereld mooi maak is al die verskillende soort kulture van mense, soos n blom tuin met verskillende soort blomme.Dit alles wil die anti Trump ouers afbreek sodat almal dieselfde moet wees oor die hele wereld.Ek weet nou of dit ook beteken dat ek sal moet gay raak om te kan aanpas in hulle nuwe soort samelewing nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.