VSA stel reisverbod teen SA in

Joe Biden (Foto: AP Photo/Matt Rourke)

Die VSA het soos vermoed Suid-Afrika se naam gevoeg by dié van lande wat nie toegelaat word om tans na Amerika te reis nie.

Die Amerikaanse president, Joe Biden, het Maandag in ’n verklaring gesê die Amerikaanse sentrum vir siektebeheer en -voorkoming (CDC) het sy beleid oor internasionale reise opnuut nagegaan en besluit om die bestaande verbod op reisigers vanaf Ierland, Brasilië, Brittanje en 26 Europese lande te hernu in ’n poging om die verspreiding van die koronavirus te keer.

’n Verbod op reisigers van Suid-Afrika is intussen bygevoeg weens wydverspreide Covid-19-oordrag in dié land asook die nuwe variant, bekend as B1351, wat onlangs in SA kop uitgesteek het.

Die verbod tree Saterdag in werking.

Die eerste geval van die nuwe Covid-19-variant wat onlangs in Brasilië opgemerk is, is intussen in die VSA aangemeld, het die gesondheidsowerhede in die Amerikaanse deelstaat Minnesota Maandag in ’n verklaring gesê.

Die variant is by ’n inwoner opgemerk wat onlangs na Brasilië gereis het.

“Die pasiënt, ’n inwoner van die Twin Cities-metrogebied Minneapolis en Saint Paul, het vroeg in Januarie positief vir Covid-19 getoets en is aangesê om hom te isoleer,” lui die verklaring. ’n Laboratorium het later opgemerk dat die geval dié van die Brasiliaanse variant is.

Drie gevalle van die nuwe Britse Covid-19-variant is ook onlangs in Minnesota opgemerk.

Die VSA gaan tans gebuk onder meer as 24 miljoen bevestigde Covid-19-gevalle en meer as 400 000 Covid-19-verwante sterftes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Boer ·

Pla my nie, Die gewone werkinde SA Burger sal dit in elk gevaal nie kan bekostig nie, Ek kan met R10000 n lekker vakansie in SA he maar vir die VSA om selfde lekker vakansie te kan he benodig jy R150000.

Genis ·

Dit gaan mense raak wat daar werk, veral wit Suid Afrikaners wat ongelukkig weens hulle vel kleur nie hier werk kry nie… Ook besighede wat belange het…

Jaco ·

Wat dan nou van Joe Biden en sy “holier than though” Demokrate se beleid van oop grense, oop immigrasie, wettiging van onwettige immigrasie en selfs “defunding the police”? Nou raak Biden maar baie soos “rassistiese” Trump.

Die Wolf ·

Ek dink n mens moet eers sien wat hulle bepalings behels voordat daar op hol geraak word. Mense wat daar werk sal nou maar vinnig voor Saterdag moet wikkel.

KB ·

So wat het mense verwag van die Demonkrate (sic!)…samewerking???

Zombie ·

Het Trump dit gedoen, was hy seer sekerlik beskuldig van als wat sleg is.

ES ·

Ek hou nie vreeslik baie van Biden nie, maar Amerika het ‘n ongelooflike hoeveelheid gevalle van die virus en daar is nogsteeds mense wat baie hardkoppig is oor die virus, so dalk is dit die regte besluit vir nou.

Ons sal maar sien as dinge bietjie nader aan normaal raak, wat sy werklike intensies is. Dit is geen geheim dat hy glad nie van SA hou nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.