VSA-studentetoerbus in PTA beroof

rowersNiemand is nog in hegtenis geneem nadat 30 Amerikaanse studente en vyf van hul toesighouers Sondag op ʼn toerbus in Pretoria beroof is nie.

Brig. Neville Malila, ʼn woordvoerder van die Gautengse polisie, het Woensdag gesê die rooftog het in Eeufeesweg plaasgevind. “Die toerbus is deur vier gewapende motorfietsryers gedwing om af te trek,” het Malila gesê.

Een van die motorfietsryers het glo ʼn vuurwapen op die busbestuurder gerig, terwyl die ander drie die bus betree het.

“ʼn Onbekende bedrag Amerikaanse dollar, en verskeie selfone is gesteel voor die rowers van die toneel gevlug het,” het Malila bygevoeg. Niemand is tydens die rooftog beseer nie.

Die Baltimore Sun berig dat die studente van die Stevenson Universiteit in Maryland is. Hulle het oor die naweek in Suid-Afrika aangekom vir ʼn toer van vyf weke waartydens hulle sou studeer, werk en reis. Die universiteit het ná die voorval besluit om die toer kort te knip om die veiligheid van hul studente te verseker. “Die studente is oor die algemeen huiwerig om terug te kom,” het Glenda LeGendre, die universiteit se woordvoerder, aan die koerant gesê.

Jack Hillmeyer, ʼn woordvoerder van die Amerikaanse ambassade, het gesê die ambassade is bewus van die rooftog, maar mag nie meer inligting bekendmaak nie, weens privaatheidsregulasies. “Ons beskou die veiligheid van Amerikaners wat oorsee reis in ʼn ernstige lig en bied omvattende hulpbronne tot hulle beskikking,” het Hillmeyer gesê.

Malila het gesê die ondersoek oor die rooftog duur voort.

ʼn Toerbus is ook op 3 April buite Pretoria aangeval en beroof. Klik hier om meer te lees.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Elizabeth ·

Liewe hemel tog – mag hulle die boewe vang en ‘n VOORBEELD van hulle maak! Besef die ANC hoeveel skade regtig deur so-iets aan die land gedoen word?? Ons het toerisme broodnodig, vir werkskepping en inkomste – maar ja, ek wens seker vir ‘n pot goud aan die ende van die reenboog as ek hoop dat die boewe gevang sal word en ‘n voorbeeld van hulle gemaak word deur swaar strawwe. Alles wat voor die verkiesing gebeur het gaan net voort. Die hooggeagtes in parlement, polisie ens is net besig om lui rond te hang en solank hul eie sakke gevul is/word gee hul nie ‘n snars om wat om hulle gebeur!

Rudi ·

Ja, en dankie aan Amerika vir sy hulp aan die ANC. Hier is die vrugte, geniet hulle. Ten minste kan julle Yankees weer huis toe hardloop en agter Uncle Sam se broekspyp gaan skuil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.