VSA-terreurwaarskuwing: SA-paspoort wek glo kommer

Argieffoto

Argieffoto

Suid-Afrikaanse intelligensie- en wetstoepassingsagentskappe het Woensdag gesê daar is geen “geloofwaardige of onmiddellike” terreurdreigemente teenoor Amerikaanse belange in Suid-Afrika nie.

Brian Dube, woordvoerder van die departement van staatsveiligheid, het gesê die Suid-Afrikaanse agentskappe het inligting van die Amerikaanse regering af ontvang. “Ons moes toe ons eie ontleding doen. Ons kon nie ʼn geloofwaardige, onmiddellike dreigement identifiseer soos hulle aangevoer het nie,” het Dube gesê.

“Miskien is dit weens ʼn verskil in die protokol oor hoe dreigemente geïdentifiseer en geklassifiseer word.” Dube het gesê Suid-Afrika sal egter steeds met Amerikaanse agentskappe saamwerk om die oënskynlike bedreiging te evalueer. “Ons kan duidelik nie bekostig om oorgerus te wees nie, aangesien terrorisme ‘n wêreldwye verskynsel is.”

David Nahlobo, minister van staatsveiligheid het Woensdag aan 702 gesê Amerika het die Suid-Afrikaanse regering nie oor die presiese besonderhede van die dreigement ingelig nie. Anonieme bronne in die Suid-Afrikaanse intelligensiediens het glo gesê Amerika het inligting ontvang dat iemand met ʼn Suid-Afrikaanse paspoort glo ʼn lid is van ʼn gewelddadige Islamitiese groep soos IS, Al-Shabab of Boko Haram.

Die Amerikaanse ambassade in Suid-Afrika het Dinsdag gesê hy het inligting ontvang dat ekstremiste moontlik Amerikaanse belange in Suid-Afrika teiken. Die ambassade het in ʼn waarskuwing op sy webtuiste gesê die belange wat moontlik geteiken kan word, sluit in Amerikaanse regeringsfasiliteite en ander fasiliteite wat identifiseerbaar is met Amerikaanse sakebelange.

Cindy Harvey, woordvoerder van die ambassade, wou nie uitbrei oor die aard van die dreigement nie. Alle Amerikaanse ambassade-geboue is in 2009 vir drie dae gesluit ná ʼn terreurdreigement.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Melt Olckers ·

Die rede hoekom dit nie geloofwaardig is vir die regering nie, is omdat dit nie van ‘n onbetroubare blogger afkom wat Tuli beskuldig dat sy ‘n CIA agent is nie.

Johannes Meintjes ·

Landsburgers moet besmoonlik in elk geval bedag en paraat wees. Die internasionale opstokery, konflik en destabilisering hou nie tans van enige land wat fokus, stabiliteit of vordering toon nie. Waar is ons strategiese swakpunte en wat is die die moontlike gevolge van kwaadwillighede op SA en ons mense. Ook besmoonlik rede om minder rassistiese opstokery onderling te verdra of aan te por, en baie meer effektief op ekonomiese ontwikkeling te fokus. Ons verdeelthede laat ons blootgestel.

jacques ·

America is so behep met terorisme, maar die kans dat jy deur n Amerikaanse polisie man doodgeskiet gaan word is groter as om deur n teroris geskiet te word. Belaglik.Die meeste mense in die wereld word al in hulle oe as teroriste afgemaak.As jy nie hou van wat hulle doen nie is jy n teroris.

Jaco Griesel ·

Ek hou van opmerkings soos joune, jacques met ñ kleinlettertjie J. Ek giggel lekker oor wat die kans is dat ek hier in SA deur ñ Amerikaanse polisieman doodgeskiet kan word. Duidelik het jy daai som gemaak. Vertel ons tog so bietjie meer!

jacques ·

Ek praat van in die USA,jy weet net so goed soos ek hier is nie poliesie van die USA hier nie.Ons praat weer volgende jaar julle mense gaan met n bang wakker skrik wanneer die USA oorskakel in 2de rat.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.