VSA waarsku burgers oor besoek aan SA

Minister Bheki Cele (Foto: Phando Jikelo, ANA)

Die VSA het sy burgers gewaarsku teen ʼn verhoogde risiko om na Suid-Afrika te reis weens misdaad, burgerlike onrus en droogtetoestande in die Afrika-land.

In ʼn kennisgewing wat vandeesweek op die webwerf van die Amerikaanse departement van buitelandse sake aangebring is, word aangedui dat die waarskuwingsreisvlak vir Suid-Afrika op Vlak 2 gestel is. Volgens dié waarskuwingsvlak moet reisigers ekstra voorsorg tref wanneer hulle na Suid-Afrika reis omdat die land sekere risiko’s inhou.

Vlak 3-waarskuwings word uitgereik vir lande waarheen die departement meen Amerikaners moet hul besluit om die lande te besoek heroorweeg. Vlak 4-waarskuwings word uitgereik vir lande wat ʼn lewensbedreigende risiko inhou en waar die Amerikaanse regering in ʼn noodgeval baie beperkte hulp sal kan verleen. Amerikaanse burgers word aangeraai om glad nie Vlak 4-lande te besoek nie.

Die waarskuwing is uitgereik net ʼn dag nadat genl. Bheki Cele, Suid-Afrika se minister van polisie, Suid-Afrika se jongste misdaadstatistieke bekendgemaak het. Volgens dié misdaadstatistieke word daar elke dag 57 mense in Suid-Afrika vermoor en 109 mense elke dag in die land verkrag.

Cele het in reaksie op die statistieke gesê Suid-Afrika se moordsyfer is so hoog dat Suid-Afrikaners tereg kan aanvoer hulle woon in ʼn oorlogsone.

Die Amerikaanse departement van buitelandse sake dui ook in sy waarskuwing aan sy burgers aan dat geweldsmisdaad soos gewapende roof, verkragting, motorkaping, straatrooftogte en gryprooftogte algemeen in Suid-Afrika is.

“Daar is ʼn hoër risiko vir geweldsmisdaad in die sentrale sakedistrikte van groot stede ná donker,” lui die waarskuwing. “Betogings, protesaksie en stakings gebeur gereeld. Hierdie gebeure kan vinnig ontwikkel sonder enige vooraf waarskuwing en sal dikwels verkeer, openbare vervoer en ander dienste ontwrig. Sulke gebeure het ook die moontlikheid om gewelddadig te raak.”

Die waarskuwing noem verder dat die Wes-Kaap, Oos-Kaap en Noord-Kaap “erge droogte ervaar” en dat waterbeperkings hier ingestel is.

Die departement raai Amerikaners wat na Suid-Afrika reis aan om nie alleen te stap nie, veral nie in die donker nie, nie informele nedersettings te besoek nie en met geslote motordeure en -ruite te ry. Reisigers word ook aangeraai om nie kontant of ander waardevolle items openlik te vertoon nie en ʼn afskrif van hul paspoort te alle tye byderhand te hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Adriaan ·

Hoor die VSA nou eers daarvan. As hulle 5 jaar gelede belanggestel het was RSA nou op vlak 4

KanekVra? ·

Amerikaners is gewoonlik net betrokke by ‘n land as hulle GROOT $$$ kan maak. Anders as jy nie voor die klomp buig nie, val hulle jou gewoonlik in, en die res is geskiedenis.

Adriaan ·

Ja maar gelukkig is daar nie n carreer politician aan bewind nou nie so die belange van die Elitest word nou nie na gekyk nie dus is ons safe. Sou Hillary aan bewind gewees het sou daar beslis nie druk soos potensiele sanksies oor grond hervorming uit die Withuis gekom het nie. Ons kan ons sterre dank

MCS ·

Dit sluit nie eers ander statistieke in soos gewapende roof, huisbraak, aanranding ens in.

Andrea van Vuren ·

Hoe skaam kry ek nou vir my eens pragtige land. Soo hartseer. Voel so magteloos.m.

Johann ·

Danksy n ANC LEGACY. Maar nou gaan tannie Sisulu seker weer wil vergader om die VSA voor te LIEG oor niks wat hier fout is nie…. Ergste is ons veslag oor dit en statistiek oor dar en indersiek als… maar wat word GEDOEN?

Jennifer ·

Netso. Me Sisulu gaan verseker were op haar perdjie spring en met amptenare in die VSA skakel on hul gerus the step dat als piekfyn is en dat die statistieke “oordryf” is – want hemele behoed dat die buitewêreld werklik weet wat hier aangaan! Die ANC leef in ontkenning oor die misdaadvlak, en enigeen wat daarmee stry is gewoonlik n rassis en/of sensasiesoeker.

Dit maak my skoon naar.

Snowball ·

Sal graag Lindiwe Sisulu se reaksie hierop wil sien….SA is veilig volgens haar. Kriminele ashoop…. Proudly brought to you by the ANC.

KanekVra? ·

Hoeveel Amerikaanse maatskappye doen sake in Suid-Afrika? Hulle weet goed hoe rof dit in Suid-Afrika gaan. Ek wonder of die Amerikaners wat hier werk ” danger pay ” kry. Moet noem daar is sekere stede in Amerika wat vrot is van dieselfde misdaadas as in ons land. Amerika het ook sy vrot kolle. Word net beter toegesmeer.

Boerseun ·

Niemand het gesê jy hoef soentoe te gaan nie. Hulle land, hulle burgers, hulle kan seker waarskuwings uitreik as hulle voel dit sal hulle eie burgers beskerm. Dieselfde kan nie van SA gesê word nie. Ons word net aangeraai om nie Isreal toe te gaan nie.

Sies ·

Jy het beslis nie n idee wat in Amerika aangaan of hoe Amerikaners is nie. Net nog n voorbeeld van n derde wereld mentaliteit. Oningelig, maar vreeslik opinionated. Educate jouself voor jy probeer slim klink.

Amanda ·

Hoog tyd, moes al 5 jaar gelede gewaarsku het. Die plek is n nes van kriminaliteit!

HPV ·

Neem julle nie kwalik, selfs tydens die grensoorlog het minder mense aan beide kante gesterf .

KanekVra? ·

Ek loop weekliks nog mense van Namibia hier raak, goeie mense. Hulle vrae net wanneer die grond vergrype nie gaan begin in Namibia ook nie?

HPV ·

Een groot misdaad helhool waar die regime totale beheer verloor het, dit kan nie eers meer toegesmeer word nie! Internasionaal is kennis geneem….

Hoc est bellum ·

Terroristiese organisasies kon nog nooit, maar nooit, polities korrek regeer nie.

Buffel ·

Fantasties. Laat die wereld kennis neem van die onbevoegde cANCer beheerde land en wat hier aangaan. Failed African state.

Grassie ·

Nie gou nie, Eish, nie gou nie. Daar is nog te veel dinge in die profesië wat eers moet gebeur. Dinge gaan nog baie erger word. Wat ons nou beleef, wêreldwyd, is maar net die begin van die ellende.

JohanH. ·

Was julle nou iets anders tewagte?? Ek doen maar my deel om ou sisulutjie wat die kabinet banke so warm sit en die mondjie heeltyd bla bla, Ens ,se manewalese oor die see te stuur. Ek het heelwat kennise oorsee, Wat ek 20 jaar . terug nie gehad het nie,, Dit opsig self spreek boekdele.! Stem saam met HOC EST BELLUM!!

Cornelia ·

Mnr. Eish, as die Here Sy gunsgenote nou almal wegvat, wie bly oor om die Waarheid van Sy Woord op fondamente van Rotsvaste Oorwinningshoop, te bly bewaar in getuienisse? Ons is verslae in alle opsigte maar ons is nie verslaan nie. Ons wankel dikwels, maar val nie. Want ons ken die Here wat ons met groot ontferming weer bymekaarmaak in medelye. Sy skape het baie goeie nuus om oor te vertel aangaande hul Goeie Herder. Hy ken u trane. Dit was ook op Sy wange daar op Golgota.

Oop oge ·

Waneer die Bruid van Christus hierdie aardbol verlaat in die Wegraping, sal dit letterlik en figuurlik hel op aarde wees…hulle is soveel in die minderheid dat hulle nie eers gemis sal word nie.

Op hierdie stadium is hulle getuienis nog die Enigte Stem van God wat Sy uitverkore wyse maagde bymekaar bring vir daardie groot dag.

Die res slaap nog steeds rustig in hulle eiegeregtigheid…

Antiestabliesment ·

In die gees van verdraagsaamheid en diversiteit versoek ek dat mense nie hul Godsdienstige dogma hier propageer nie. Indien dit as redeliek kommentaar gesien word, dan is hierdie my redelike kommentaar. Kan die Here tog nie maar die mense kom haal nie, wan dit sal soveel aangenamer wees sonder die alewige ‘Bible Bashers’.

Lana ·

Die wêreld is bewus van wat hier aangaan. Anders as wat SA se regering dink, is die res van die wêreld nie dom nie. Hulle maak nou hulle eie somme en glo nie meer CR en Sisulu se liegstories nie.

Alida ·

Dit is jammer dat ons wat eens n toeriste mekka was nou tot hier gekom het. Aan die ander kant is dit goed miskien skrirk Cele, CR en daai arrogante Sisulu wakker!

Elred Ferreira ·

En ek was in Orania die week en niemand sluit hulle deure of motors nie…ek het net daar en dan 2 erwe gekoop….

Lourens ·

Jy skiet mos nou spek. Mens kan nie erwe in Orania koop nie.

Peet J ·

Ek wonder nou wat gaan Malema en CR nou weer kwytraak met hulle uitsprake hulle het verkeerde uitdagende besluite geneem, nie gedink nie , en nou moet andere die spit afbyt.

Jean ·

En steeds sal besoekers nie ag slaan op waarskuwings nie….. en aan die ander kant reken die manne die stories is onwaar. ek kuier tans in amerika…ongelooflik om te sien dat droogskoonmakers klere aan die voordeur hang met aflewering, pakkies voor die deure gelaat word en motors wat luier terwyl daar vinnig iets gekoop word…..

Lana ·

Anders as in Amerika, is die meerderheid van mense in SA ongelukkig inherent skelm en sleg.

Hanna Hoekom ·

Was ook onlangs in Amerika: wat n plesier! Was nie vir een oomblik bang nie, kon selfs in die woude stap en kamp. Ons is net aangeraai om areas met die straatnaam “Martin L King Road” te vermy. Andersins geen probleme gehad nie!

Johanna Botha ·

Baie gevaarlik in SA op van 52 na 57 moorde n dag !

Lindtjies ·

Dit gaan ‘n skop in die tande wees vir Suid Afrika as toeriste nie meer die plek wil besoek nie. Maar dit is niks anders as reg dat hulle gewaarsku word nie. Die waarheid maak seer Me Sisulu maar jy leef in ontkenning.

Phillio ·

Stem saam.Die ou vatn kans.geen grond of erwe word in orania verkoop nie.Was seker op n ander planeet.En dan nogal 2 erwe gekoop.

Elred Ferreira ·

Was jy al ooit op Orania of lewer jy maar sommer uit onkunde kommentaar?

Elred Ferreira ·

Lourens en Philio….kom kuier vir my volgende jaar in Karoosig,dan sê julle weer ek skiet spek…..

Johan ·

Misdaaat is te veel en die polisie doen niks om ons boere te help nie baie swak polisie ?

Elsa ·

Ons kan bly wees die VSA het ons net op Vlak 2 geplaas en nie op Vlak 4 nie. Natuurlik is dit enige land se goeie reg om sy burgers te waarsku teen moontlike gevare as hulle ander lande besoek. Ek raak regtig vies as mense sulke negatiewe aanmerkings oor Amerikaners maak. Was julle ooit al in Amerika en ken julle ‘n klomp Amerikaners persoonlik? Ugly Americans is ‘n term waarvan ek ook al gehoor het, maar oor ‘n paar jaar en baie besoeke aan Amerika, het ek sowaar net respek vir hul patriotisme en hoe hierdie mense as Amerikaners kan saamstaan as iets soos natuurrampe plaasvind of toe 9/11 plaasgevind het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.