VSA waarsku burgers oor SA-lughawe

Foto: OR Tambo via Facebook

Die Amerikaanse ambassade het Amerikaanse burgers vandeesweek gewaarsku om ekstra waaksaam te wees wanneer hulle op die OR Tambo Internasionale Lughawe land en na hul hotelle of ander verblyf moet reis.

Die ambassade sê in die verklaring “verskeie reisigers” was al in ʼn gewapende rooftog betrokke wanneer hulle op dié lughawe land, en dat sommige van die mense ook in die voorval geskiet of gewond is.

“Amerikaanse burgers moet liefs vermy om in die aand op OR Tambo te land. Geen vorm van vervoer vanaf die lughawe is veilig of sonder enige risiko nie. Reisigers moet ekstra waaksaam wees wanneer hulle op die lughawe land én die lughawe verlaat,” lui die verklaring.

Die ambassade het ook sy burgers gewaarsku om versigtig te wees as hulle met kontant rondloop of geld by ʼn kitsbank onttrek. Hy het reisigers verder aangeraai om duur juwele te verberg of dit glad nie met hul aankoms by die lughawe te dra nie.

Fikile Mbalula, minister van polisie, het verlede week tydens ʼn perskonferensie beloof om sekuriteit by die lughawe op te skerp om sodoende die veiligheid van reisigers te verseker.

Die toerisme-besigheidsraad van Suid-Afrika (TBCSA) het Mbalula se toespraak geprys, en nuwe veiligheidsmaatreëls vir die OR Tambo-lughawe verwelkom.

Navorsing van Suid-Afrika se toerismeraad toon dat die enkele grootste rede waarom buitelandse besoekers nié na Suid-Afrika kom nie, uit vrees vir hul veiligheid is.

Verskeie misdaadvoorvalle wat by dié lughawe afgespeel het, is vanjaar aangemeld, onder meer met talle mense wat na hul huise gevolg en beroof word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Charles ·

Nerns in Suid Afrika is mense veilig nie, die regering kan of wil niks daaraan doen nie, geen een is bevoeg om veiligheid te handhaaf nie.

Feirrera ·

Het Laas week uigevlieg vanaf OR Thambo . Was goed om te sien sekuriteit het 100% verbeter wat betref die nagaan van bagasies ens.

Linette ·

@kabousie, laat ek jou sê: toe die lughawe nog Jan Smuts was, was hier wet en orde in die land en indien daar ‘n rooftog was, sou die lughawe personeel nie deel wees van die uitvoerders/beplanners daarvan nie! Amerika moet nie net alleen sy landgenote waarsku teen wat met hulle kan gebeur as hulle op ORT land nie – hulle moet hulle sommer geheel en al waarsku en aanraai om WEG TE BLY uit SA.

Johan ·

So lek die storie van ‘n disfunksionele land en regering al wyer die wêreld in. Oor wat dit vir beleggersvertroue beteken laat mens ys

Elizbe ·

Hoe sad is dit nie. Waarnatoe het alles gegaan. Buitelanders kom na ons mooie land,kom bestee geld hier, en dan moet hul so waaksaam wees, ons is gewoond daaraan om alles te betweifel, ongelukkig, maar die stomme mense weet nie van beter nie!

Campfire Safaris tours and transfers ·

Bespreek jou pendeldiens aanlyn nog voor jy in SA land.

LB S ·

Die artikel sê duidelik, GEEN vorm van vervoer is veilig nie.

Nico ·

Amerika moet stil bly hulle het saksies aangehelp nou pluk hulle die vrugte daar van dus ook hulle skuld dat die rand sukkel en die olie prys so opgaan want dis goedkoper om hier vakansie te kom hou maar ongelukkig kom dit nou teen n prys word geroof

Ashlee ·

Ek besit n travel agency in Los Angeles en Seattle. My kantoor word nou verplig om hierdie info aan die toeris bekend te maak alvoorens hy/sy bespreek. Very sad.

Chevy ·

Toerisme uit Europese lande word daar in hul land ook al gewaarsku om liewer nie na Suid afrika te reis nie.
Mense wil graag die geskiedenis van die land leer ken en alle besienswaardighede besoek maar gesien die moord, roof, verkragtinge ens. in die land skrik dit besoekers af.
Ek verlang na die ou dae toe dit nog Jan Smuts lughawe was maar alles is nou tot die been vrot in Suid Afrika en dit stink ook al.

Ernst ·

Vir my sal dit altyd Jan Smuts lughawe bly en ek gee nie om wie wat se nie. Net jammer hy het tot gronde gegaan. Ek het baie daae in en uit gevlieg en het ook deur swendelaars op die lughawe deur geloop. Hulle sit somer agter die lughawe toonbanke en doen hulle skelm sake

Johann ·

NOG n ANC legacy! Laat die kaders met brand en breek en verwoes en steel en moor wegkom…NOU skielik is dit vir Fikile belangrik? SHAME ON YOU ANC!!!!!!

anton ·

Alles wat nuwe name gekry het, het in n gemors verander in die land!!!
Eintelik beter so, dat die ou name nie met al die misdaad en swak dienslewering geassosieer kan word nie!!!

Pietie ·

Fikile praat deur sy nek. Wie steur hulle aan hom, sekerlik nie die krimineles nie.

Retha ·

Om nie te praat van hoe jou bagasie deurgesoek en jou eiendom gesteel word nie. Jou tasse word so rondgegooi dat dit net goed genoeg vir weggooi is.

LB S ·

Baie waar wat jy sê. Die eerste en enigste keer wat ek dit gewaag het om ‘n iPad in ‘n kastige veilige bubble wrapping rolbalsak weggesteek het, is dit oopgesny en uitgesteel! So, hoe veilig is al die miljoene bagasie as myne die eerste keer sommerso besteel word.

Koekie ·

Miskien is hier ‘n geleentheid om ‘n tipe diens aan besoekers te rig. Amper soos Air bnb of house swop, waar mense direk met gewillige SAners kan kontak maak om hulle te ontmoet by die lughawe en dan aan te help met die res van hulle besoek

Johanna Botha ·

Presies wat jy kry as jy ongeskoolde onkundige oneerlike mense aanstel ! Eientlik is hulle gewaarsku teen die hele SA van jy land tot jy vertrek wa t jy is nerens veilig nie en dit weet ons mos. Onder die anc weet ons alles het net ergee geraak.

adriana ·

Ja al die lande wat saksies destyds teen ons gehef het – waarsku nou hulle burgers teen SA. Die wiel het gedraai – nou eers kom hulle agter wat die ware S A is – met die swart regering.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.