Die ambassade het in ʼn waarskuwing op sy webtuiste gesê die belange wat moontlik geteiken kan word, sluit in Amerikaanse regeringsfasiliteite en ander fasiliteite wat identifiseerbaar is met Amerikaanse sakebelange.
Volgens die ambassade is daar geen verdere inligting rakende wanneer of wat geteiken kan word nie. Die ambassade het Amerikaanse burgers in Suid-Afrika gewaarsku om bewus en waaksaam te wees van hul omgewing en hul persoonlik veiligheidsplanne te hersien.
Dié aankondiging volg kort voor die herdenking van die terreur-aanval op 11 September 2001 op die Twin Towers in Amerika.
En as zum sy eie phiyega polisie gaan mobiliseer om beveiliging te verseker???????????
As Amerika hul m…. strip, bly daar niks van ons pragtige land nie!!
Pragtige land? Ja die natuur(wat oor is) en daar stop dit.
Hopelik ‘n spookstorie… As dit waar is gaan SAP of SANW sukkel om beskerming te verleen.
Want die wittes weier om weer deel te word en te help in die weermag. Hopelik skrik die weermag dalk wakker neh. Bevorder die witman en ons is saam hul daar om te veg
Ekstremiste weet ook al hierdie is die land waar kriminele die oorhand het.
Daai boodskap het die USA vir baie lande gegee,al wat die USA nou doen is maar net om al die lande te waarsku hulle sal ons ook bom en dit dan regverdig as ons nie na hulle pype dans nie.Vir my part moet hulle gepad hier hulle het niks verloor hier nie,daar waar hulle is is net probleme.