VSA waarsku sy burgers oor krag, veiligheid in SA

(Foto: AFP)

Die Amerikaanse ambassade en konsulaat het sy burgers wat na Suid-Afrika reis of in dié land woon, gewaarsku teen beurtkrag, wat volgens die VSA ʼn negatiewe uitwerking op onder meer veiligheid en water- en kosvoorsiening kan hê.

In die lig hiervan word Amerikaanse burgers gemaan om “voorbereid te wees” en “gebeurlikheidsplanne” gereed te hê. Dít sluit in die hersiening van veiligheids- en kommunikasieplanne, veral wanneer selfoon- en internetopvangs nie beskikbaar is nie, asook die aankoop van bykomende water-, medisyne- en kosvoorraad vir 72 uur.

Die waarskuwing is skynbaar uitgereik na aanleiding van die regering se verklaring van ʼn ramptoestand om die kragkrisis te pak.

Die VSA sê ook dat die beplande kragonderbrekings die potensiaal het om misdaad te vererger, waaronder die geleentheid vir slaan-en-gryp-voorvalle tydens verkeersopeenhopings, huise wat tydens kragonderbrekings geteiken word, en veiligheidsisteme wat gedurende hierdie tye buite werking is.

“Voortslepende toestande het ook tot ʼn toename in protesaksies en sommige gevalle burgelike onrus oor die hele land gelei,” waarsku die ambassade.

Waarkuwing ‘vreemd’

Dr. Naledi Pandor, die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het die VSA se waarskuwing intussen as “vreemd” beskryf.

Volgens die regering se nuusagentskap, SA News, blyk dit dat die VSA dubbele standaarde het.

“Ek vind dit verbasend en vreemd. Ek kan nie onthou dat daar soortgelyke waarskuwings uitgevaardig is toe Kalifornië soortgelyke kragonderbrekings ondervind het nie,” het Pandor volgens die publikasie gesê.

“Daar was ook al ʼn paar van hierdie waarskuwings, waarvan nie een verwerklik is nie.”

Pandor het egter nie verder op die waarskuwing kommentaar gelewer nie.

Maroela Media het vroeër berig dat die Suid-Afrikaanse regering ʼn nasionale ramptoestand weens die kragkrisis in die land afgekondig het.

Spesifieke regulasies wat hiermee verband hou, sluit in dat kwytskelding van beurtkrag vir noodsaaklike infrastruktuur en dienste net toegestaan mag word indien dit tegnies moontlik is, en dat ministers maatreëls mag instel om struikelblokke vir die ontwikkeling en skep van nuwe opwekkingskapasiteit uit die weg te ruim.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Harley Davidson ·

Baie intelegente land die VSA net jammer Pres Trump nog nie weer in beheer nie.

George ·

Julle het hierdie persepsie dat Trump SA sou red?? Het hy in die 4jaar wat hy president was? Nee. Sou hy in sy tweede termyn? Nee.

TruthDealer ·

Ek en jy stem nie altyd saam nie maar hier is jy doodreg. Trump was n teleurstelling.

Yolandie ·

Ek dink nie Harley se kommentaar beteken hy het gedink Trump gaan SA red nie. Dit was in verwysing vlngs my na hoe goed dit met die VSA gegaan het toe Trump president was daar. Maar ek glo hy gaan die 2024 verkiesing wen Harley – so kom ons wees positief. Die Biden is op die stadium so horibaal aaklig dat baie nou vir Trump sal stem vlngde jaar.

TruthDealer ·

Verkiesingsbedrog kan gebeur, wat die Demokrate vir dekades in beheer kan hou. Biden se presidensie word deur baie Amerikaners juis gesien as die gevolg van verkiesingsbedrog. Hoe dit ook al sy, ek gee nie om wat van Amerika en Amerikaners word nie. Hulle het n groot aandeel daarin gehad, dat ons nou met hierdie regering in hierdie hool sit. Laat hulle vir hulle kry. Ek hoop hulle lot is Demokratiese presidente vir altyd. Laat hulle ook ervaar hoe dit voel om jou land in die kleinhuisie te sien wegspoel. Geen simpatie.

Phillip ·

Dankie VSA julle sien dit hoor dit dis wat hier aangaan as daar nie krag is nie werk selfone glad nie dan verskerp misdaad wel . En nog sal SA dit ontken . Op watse planeet woon die regering Oeeee hulle kry mos nie breed krag nie

Hedda ·

Hoe kan sy Kalifornië se kragonderbrekings met SA s’n vergelyk? Hier is dit deurlopend/die standaard en volgens skedules wat misdadige beplanning vergemaklik. Daar gebeur dit net met uitsondering!

Aai ·

Vreemd wat is vreemd Naledi jy weet nie wat aangaan julle lewe in weelde en gemak en ons betaal vir dit.

Marie ·

As hulle maar net in die selfde toestande moet leef waarin ons leef, sou hulle almal ‘n ander flippen deuntjie gesing het. Vat hulle krag weg en sien hoe vinnig spring hulle op en af om die uitgesorteer te kry.

Vettiemaragartos ·

Die VSA noem feite waarmee ons daagliks te doen kry in SA en Naledi Pandor vind dit vreemd???? Op watter planeet bly die kader?

Roek ·

Glo my as ek se , sy en al haar kaders leef lekkerder as lekker hier in SA !

Samuel ·

Sy is spekvet en gesond omdat sy so lekker lewe. Daar is ‘n veskil in krag wat in gure weerstoestande afgaan en deurlopende beurtkrag. Our people, eish.

annie ·

Wat het die ANC gehoop: Dat niemand van die gryslys en die misdrywe en wanorde binne die regerende party bewus sal word nie. Antie Pandor het dit mis. Miskien is die afkondiging van die noodtoestand oor Eskom dalk die laaste strooi wat die kameel se rug gebreek het… Om bankkussings met gruwels te wil opstop om dit uit die oog en hart te hou, is nogal dom want dit kruip hoeka uit. Is hier enige dommerike en stommerike in SA? Nooit gesien!

Stofdonkie ·

Dis vreemd dat naledi nie besef wat aangaan in haar eie land nie. Die land is al erger as ‘n oorlogsone veral as gekyk word na die moordsyfer. Dis seker vir haar vreemd om te dink dat daar lande is in die wêreld wat omgee oor hulle burgers se veiligheid, want hier gee sy en haar kaders nie om oor wat aangaan nie

Fran ·

Pandor is ‘n kommunis wat die Weste haat. Met haar ingelse aksent het almal gedink sy is bietjie slimmer as die res. Fout. Net so dof.

Eugene ·

Pragtig. VSA, goed gedoen. Waarsku julle mense voor hulle na hierdie wettelose land toe reis.

Roek ·

Waar is Kalafournia! waarna die vrou (pandora) vewys wat hul se is ‘n minister ! Die Amerikaners sal hulle houe nou probeer inkry asgevolg van die Russe wat so lekker hier kuier en die regering so gretig is om te voer !

André ·

Wat my regtig vies maak van die Amerikaners, is dat hul gou is om kritiek uit te deel, maar die werklikheid is dat hulle ook beurtkrag het – selfs in die radikale Texas. Hulle noem dit “power sharing”. Daar is ook duisende slaggate.
Hulle het ‘n kultuur van mooi broodjies bak vir die wêreld en verlei selfs hul eie burgers soveel deur die vals etopia.
In Sosiologie op universiteit is ons blootgestel aan die gedagte dat die “American Dream” niks meer as verdoeselde propaganda is nie en is vergelyk met die van Hitler vir sy burgers en Rusland vir hul burgers.

TruthDealer ·

Die komediant George Carlin het gesê: “They call it the American Dream because you have to be asleep to believe it.” Vroeër jare het dinge wel uitstekend gegaan vir America. Nie meer nie. Hulle het nou self baie probleme. Gewone alledaagse Amerikaners kerm en kla sonder ophou, op sommige oorsese forums.

Leana ·

Sover ek kan onthou was Kalifornië se kragonderbreking as gevolg van ‘n natuurramp wat hulle getref het. Dit is nie deur hulle regering se toedoen soos in SA nie.

Ronel ·

Naledi lyk my jy is die eintlike NAR in die regering. Net jammer niemand lag vir jou nie! Dink seker beurtkrag is n algemene tendens wêreldwyd. Sjame.

Manda ·

Nee Minister, dis nie vreemd nie, dis eintlik gesonde verstand. Die land staan in beginsel by Rusland in die konflik, wat deels bydrae tot die ‘vreemdheid’ van die waarskuwing.

Juanita ·

Ek wonder wat so vreemd is daaraan? VSA staar hulle nie blind vir die probleme wat ons regering toesmeer nie. Hulle kyk uit vir hul burgers se welstand. Dit is ‘n verleentheid dat ons land se burgers nie as belangrik genoeg geag word om ons welstand as prioriteit te beskou nie.

Manie ·

Ja Pandor, ministers wat miljoene rande per jaar verdien, 4 luukse voertuie kan koop, gratis in 2 x multi miljoen rand huise woon, gratis vliegkaartjies, gratis water en ligte, BBP beskerming en dies meer op ons geld ontvang wil kamtig nie weet wat hier buite aangaan nie.

Blomkind ·

En so versprei die siek Land van ons se reputasie regoor die wêreld…Mooi…Dankie ANC…Julle dra so goeie voorbeeld uit vir Suid-Afrika dat die buite wêreld gewaarsku word teen hierdie hool…

Danie ·

Vreemd ja die regering se optrede ook hoogs vreemd met hulle komunistiese vriende.Dik om die blaas.

KAIROS ·

indien mens niks weet nie en daar niks ordentlik tussen jou ore is nie, sal jy altyd dinge vreemd vind

Pietertjie ·

Natuurlik sal dit vir haar vreemd klink. Die waarheid klink vreemd vir diegene wat nie hulleself daarmee besmeer nie.

Delia ·

Me Pandor…vreemd???? Wat vind jy vreemd? Weet jy nie dat die kragkrisis kring uit na verhoogde pryse werkloosheid, MOORD ens ens.
Tonnelvisie!!!!

Di ·

O genade!! Die vrou ly seker aan geheueverlies of altzheimers!! Skynheilige ANC skelms sal enige iets doen om die land wat hulle in die afgrond ingedryf het, nie sleg te laat lyk

Jaco ·

Vreemd van die VSA ja, want hulle President Joe Biden en sy hoogheilige Demokrate is dan so vol human rights en is dan sulke dik pêlle met ramaphosa.

Casper ·

Kalifornië se kragonderbrekings was van korter duur en piesangland sin kom nou al van 2007 af,so Pandor wat is vir jou vreemd.Jy staan ook in die oggende op maar skrik veel later wakker.

kragaap ·

Pandor en haar ANC gespuis probeer die aanhoudende krag onderbrekings afmaak dat dit normaal is en in ander lande ook gebeur. Sy probeer die skande wat die ANC bring oor die land as normaal verkoop. ANC dink as hul hul kop in die sand druk sien niemand die gemors nie.

Jr ·

Naledi the Panda eentyds mini – star van education kompeteer vir plek in die top 10 vir stupidgeid. Ooh eeh eeh

Lillian ·

So dis, net beurt krag wat ‘n probleem is!? Nee wat julle moet sommer net heeltemal wegbly as julle jul lewens, lief het.

Johannes ·

Die Nar Pandor!!! Wat is nie werklik nie??? 74 moorde elke dag, die Looting in Julie 2021. Beurtkrag vir 10 jaar.
Die Nar weet nie wat is beurtkrag nie, die cadres is vrygestel in die regering.
‘N Putin vriend van die “Inner Circle” het R32m geskenk aan die cANCer se koffers. Lekker lewe cadres!!
Kalifornie se beurtkrag was asv ‘n natuur ramp. Dit is weer reggestel. Pandor jou Nar, julle kan nie eers ‘n toilet spoel nie, wat nog ‘n land bestuur.

Eugene ·

Aan alle reisigers: Bly weg van suid-afrika. Moord is wettig in suid-afrika.

agnes ·

Nou wie is Naledi Pandor dat sy sulke waarschuwings teenstaan? Sy het beslis geen insig van waar ons staan met ESKOM nie want sy kan nie verder Sien as wat haar neus lank is nie en dit is nie ver nie..

Beukes ·

Jammer vir ons toerisme maar hulle is reg ja. En wie weet, dalk besef hulle iets wat Jan Publiek nog nie weet nie… nou het hul die reeds meestal bang Amerikaners net nog meer paranoies gemaak…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.