VSA waarsku weer oor moontlike terreuraanvalle in SA

Foto: Flicker/GovernmentZA

Foto: Flicker/GovernmentZA

Die Amerikaanse ambassade in Suid-Afrika het gewaarsku dat terreurgroepe aanvalle in die nabye toekoms op winkelsentrums in Johannesburg en in Kaapstad beplan.

Cynthia Harvey, woordvoerder van die ambassade, het gesê ʼn veiligheidswaarskuwing is deur die Amerikaanse regering uitgereik nadat hulle inligting ontvang het dat aanvalle beplan word op plekke waar Amerikaanse burgers in Suid-Afrika bymekaarkom.

“Die beskerming van Amerikaanse burgers in die buiteland is een van ons vernaamste prioriteite. Dit is ons beleid om inligting te deel wanneer ons verneem van spesifieke en geloofwaardige bedreigings. Ons werk saam met plaaslike owerhede, soos dit die geval is in enige ondersoek na terreurbedreigings wêreldwyd.”

Clayson Monyela, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge, het egter gesê die vorige waarskuwing was ʼn vals alarm.

Die Amerikaanse ambassade in Suid-Afrika het in September gesê hy het inligting ontvang dat ekstremiste moontlik Amerikaanse belange in Suid-Afrika teiken. Die ambassade het in ʼn waarskuwing op sy webwerf gesê die belange wat moontlik geteiken kan word, sluit in Amerikaanse regeringsgeriewe en ander plekke of diensverskaffers wat verbind word met Amerikaanse sakebelange.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

dries ·

Natuurlik sal Monyela dit ontken. Hulle verbied dan die SAbC om oor die brandende Kokstad te berig

Leeukop ·

Hoekom berig maroela nie oor kokstad wat brand nie? Ek het nog nerens hiervan gehoor nie.

Kowie ·

Mense jul vergeet dit is die Nuwe SA . Niks mag uitkom wat sekere mense sal belemmer nie

Frans ·

Soos in di ou dae lafharte en vandag se tyd met tyers en strickes

Fanie ·

Van watse terroriste praat die Amerikaners van? Ons het dan in hierdie land aangekom, gebou, verbeter, vooruitgegaan. Hier is van toentertyd af al terroriste. Nou waarvan praat die Amerikaners? Is dit wat hulle ook teen ons beplan?

Cherokee ·

Fanie, gebruik jou soekmasjien en soek die naam Rip Van Winkle. Toeka se jare was daar ‘n Afrikaanse weergawe van Rip Van Winkle wat die skerm gehaal het. Rip Van Winkle het destyds Rip Van Wyk geword in Suid Afrika.

dries ·

Definieer terroris. Dan kan jy EFF lede wat vrees inboesem met brandende bande klippe in die pad En moord sprake ook terroriste noem

christine ·

Fanie waar val jy uit die bus uit? Nie n koeken cloe nie ai. Die moslem gemeenskappe hou niks van Amerika nie, varstaat jy nou, hulle se sentrums na of waar Amerkaanse Ambesades is in die Kaap is daar altyd groot blokke sement om die Ambesades om te verhoed om daar parkeer uit vrees vir motorbomme jy kan glad nie daar naby parkeer nie.

Ernie ·

Ek dink wat Fanie probeer sê, en wat baie ander duidelik nie verstaan nie, is dat Amerika self bekend is daarvoor om Muslims te blameer vir bomme wat hulle self geplant het. Ons is deel van sie BRICS lande, en het ‘n baie beter verhouding met die Arabiere en Sjinese as wat Amerika tans het… en daarom sal hulle – in my opinie – probeer om die BRICS aliansie skade te doen. Amerika, is NIE ons vriende nie. As hulle was, sou hulle lankal opgetree het teen die volksmoord op ons boere. Hulle ignoreer ons hulpkreet.

Sum ·

Christine & Ernie, om die dinge beter te prober verstaan… Die gewone konserwatiewe Amerikaner op straat is aan ons kant, maar die withuis en die CIA is gehighjack en regeer lankal nie meer in belang van Amerka of die beskerming van bv ons nie. Wat baie mense nie weet nie is, dat die agente in “Amerika” Isis en sort gelyke terroriste groepe op die been gebring het en verder financier om die opstande en moorde in die midde-Ooste en Europa EN in Amerka self te pleeg. Weereens Amerka word vanaf pres Rooseveldt(2de wereld oorlog) af NIE deur Amerikaners gelei of geregeer NIE. – “Harold Rosenthal interview 1976”

christine ·

Fanie ek probeer weer want my vorige brief was te na aan die waarheid Maroela wil dit nie plaas. Die Amerikaners beplan niks teen ons nie. Die Amerikaners het vyande hier wat nie naby ambasades kan bomme plant nie nou teiken hulle maar die sentrums naby die ambasades en hoop hulle skrik hulle allies af of iets

gatiep ·

Fanie hulle praat van hulle ISIS manne.
Op die oomblik baklei die US teen hulle self. Oubama gee ISIS wapens aan een kant en weermag bom hulle aan ander kant?Oubama het geen beheer oor weermag behalwe as oorlog kom in USA kry Oubama se oor weermag.
Op die oomblik gebruik hy sy Black water privaat weermag om dinge te doen vir hom.Trump vir USA presedent!!!!!!

Cherokee ·

Julle gaan nou weer vir ‘n laaang tyd vashaak oor die SABC (lees SANC) se besluit om nie vandalisme uit te saai nie. Nie een van die klaers het egter ‘n leesbare beswaar nie. Dit mor net sonder om ‘n goeie rede te verskaf en dit is gikwels weer net mense wat ander herhaal.

Ek hou daarvan dat dit nie uitgesaai word nie want by tye is dit opsigtelik dat gepoog word om in ‘n kameralens te wees wanneer gevandaliseer word. Vir vele van hulle is dit ‘n manier om op TV en in die koerante te verskyn. As hulle nie afgeneem word nie sal vele (dalk) minder skade aanrig. As dit dan as eksperiment moet dien, laat dit so wees.

vermeende ·

So jy beweer dat geweldadige proteste nou sal afskaal na vreedsame proteste???
Daai stelling dra geen water nie want ek het nog nooit gesien dat n man sy klip neergooi om voor die kamera te kom staan nie.

Geweld by protes aksies is die faktor wat politici se ore oopmaak en nie die SABC se kamara span nie.

marianna ·

Dan beplan Amerika iets want hulle is mos nie tevrede dat SA deel is van brics nie. Kyk wat het hulle gedoen in Brazil.

Ek ·

Wat die uitsaai van branstgting en vandalisme sal ek voorstel hulle wys dit, maar wys ook waar die vandaal inhegtenis geneem en gestraf word sodat dit ander kan afskrik. Ons ly geweldig skade as gevolg van hierdie vandale en niemand doen iets daaraan nie.

Gerd Lourens ·

Neem kennis – 60 minute nadat die eerste selfmoord lafaard hom/haar opgeblaas het, dan sal SA se intelligensienetwerke weet daarvan…

Vlakvark ·

Dan se hulle dit is die “Boeremag!
Hulle het ni i idee wie ISIS is ni!…

Cherokee ·

Ek wonder of Isis weet wie Isis is want hulle maak selfs oorlog teen ander moslems.

lynette ·

Ja Gerd Lourens, seker 60 minute daarna maar tog se hulle dat hulle weet hoe om hulle eie mense op te pas????? As hulle wel weet hoe, dan steek hulle dit baie mooi weg. Kan nie eers hulle eie mense beheer nie!!!!!

Rynhardt ·

n Doodse stilte heers oor terreuraanvalle wat jan publiek raak terwyl VSA ambassade dit bekendmaak! Dit moet mense te wagte wees, want vir meer as n 100jaar het media24 publiek gespeel en het die SABC vir 40 jaar ons mense gespeel.Die huidige bedryfshoof van die SABC, Motsoneng voorsien jan publiek van afgewaterde inligting terwyl Rapport se Hanlie Retief die knaap aanbid! Die hoofstroommedia voorsien geprogrammeerde, geskrewe draaiboek nuus vir publiek.Terreur is nie deel daarvan nie, want alles is pragtig in SA en wereld waarmee hul jou speel!

JT ·

Niemand kan meer terreur saai as ons huidige anc regering en eff nie. Wat isis in ons land kan doen is ‘n vulletjie teen hulle. Ek vrees ons regerende party!

Mario ·

Net so JT! Ek vrees ook ons regerende Party!

Ons SAners is al siek en sat vir Terreur…
Dit is in ons midde, in ons regerende partye…
Ons voel nie eers meer veilig agter die Alarms en veiligheidsmure in ons eie huise nie!

Amerika ken nie die aanhoudende en gedurige terreur wat deur Suid-Afrikaners beleef word nie. Vra net ons boere!

gatiep ·

JT ek dink nie jy weet regtig wie ISIS is en wie agter hulle sit nie?
Ons goverment is nie eens n druppel in n emmer wat ISIS is nie.

Amanda ·

Soms wonder ek net…..wat sou al die vernietigers op aarde se toekomsvisie wees?

Joann ·

Maroela lyk my as mens nie anc goed gesind is nie word jou kommentaar nie geplaas nie???

Lance ·

JZ het volle vertroue in ons intelegensie ……hehe nie eers geweet dat plaaslike mense die skole wou brand in Limpopo …sal weer te laat wakkerskrik soos al die ander gevalle ….eskom poskantoor SAL ag noem maar net op …maar moeilik as jy nie weet dat jy nie weet nie ne

Jaco Snyman ·

Maar die klomp moet hulle stemreg in VSA gee. Sommer ‘n ISIS ou vir president. Dis mos wat van ons verwag was? Solank hulle nie SA’ners opblaas nie is dit nie ons probleem nie. Agv Irak is hierdie sommer nou almal se probleem…

snoefie ·

gaaf van America om te kla en hulp te vra. was hulle nie voorbokke in die stryd teen suid afrika destyds met boycotts, embargo’s en sanksies teen suid afrika sidat n swart revering aan bewind kan kom in suits afrika nie ? reel dagtoere na nkandla vir amerikaanse toeriste en adverteer dit in Isis lands.

Karma ·

@Snoefie – dit is nou ‘n fantastiese idee – om groepe Amerikaanse toeriste na Nkandla te nooi … En dan sit ons lekker en kyk hoe ISIS ons R246m opblaas ………

Donovan ·

Ek kan nie glo julle is so naief nie, ek het my familie opdrag gegee om uit die malls te bly en weg te bly van KFC, McDonalds en alle plekke wat gekoppel is aan Amerika tot die maand om is… Die VSA sal nie sulke dinge kwyt raak as daar nie n vuurtjie is nie… Hulle het Frankryk gewaarsku en kyk wat het daar gebeur dit te ignoreer…

gatiep ·

Donovan ek bly al lankal uit daai plekke uit ek glo nie daai GMO kos van hulle kan goed wees vir mens se gesondheid nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.