VSA wantrouig oor SA se ekonomiese beleid

rand-ekonomie-suid-afrika

Argieffoto

Suid-Afrika se handelsvennote in Amerika en die Europese Unie het vandag vir die eerste keer reguit en ondiplomaties aan die ANC-regering gesê beleggingsvertroue in die land is ‘op sy laagste ooit’ en dat die ‘eerste’ voorval van onteiening die einde van beleggings in Suid-Afrika sal beteken, en dat dit ‘reeds besig is om te gebeur..’.

Ook dat Suid-Afrika ten spyte van reuse beleggings in die land, openlik vyandiggesind teenoor die ‘weste’ staan ten koste van sy Brics-vennote.

Dié harde woorde het vandag geval met die openbare verhoor by die parlementêre portefeuljekomitee vir handel en nywerheid oor die Wetsontwerp oor die Bevordering en Beskerming van Beleggers.

Uit die voorleggings van die Amerikaanse Nywerheidskamer (NPC)- en die Europese Kamer van Handel en Nywerheid in Suid-Afrika (EUCCISA), word dit duidelik gestel dat die groot onsekerheid rondom Suid-Afrika se ekonomiese beleid die hoofrede vir die wantroue is.

Die NPC het Suid-Afrika se minister van handel en nywerheid, Rob Davies, by name betrek en gesê nieteenstaande Davies se beloftes dat buitelandse beleggings in Suid-Afrika beskerm sal word, blyk dit of die wet die teenoorgestelde ten doel het.

Die NPC sê onder meer dat buitelandse beleggings duidelik nie veilig is nie, dat beleggers geen ‘billike’ vergoeding kan verwag vir hul beleggings in geval van ʼn dispuut nie, dat daar ‘geen teken is’ van die internasionale beginsel van gelykheid en billikheid nie en dat daar geen teken is van die bevordering en beskerming van beleggers soos die wet ironies genoeg genoem word nie.

Volgens die NPC staan beleggers met ʼn bedrag van R1.35 triljoen rand gereed om in die land te belê, maar hulle is nie bereid om dit te doen solank daar beleid-onsekerheid bestaan nie.

EUCCISA het in sy voorlegging gesê benewens beleid-onsekerheid het verskeie faktore reeds daartoe gelei dat beleggers hul beleggings ‘aangepas’ het, terwyl ander ʼn ‘wag-en-sien-houding’ ingeneem het.

“Ander weer kyk na geleenthede in buurlande en verder in Afrika, of om hul beleggings totaal aan Afrika te onttrek,” lui die verslag.

Anton Alberts, woordvoerder van die VF Plus, het gesê Suid-Afrika se Amerikaanse en Europese handelsvennote het dit vandag hard en duidelik aan die ANC gestel: Verander jul beleid of ons loop. Nie net uit Suid-Afrika nie, maar sommer uit Afrika in sy geheel.

“Dit is duidelik dat die wet en beleid beleggings vernietig en dat die ANC nie meer vertrou word nie,” het Alberts verduidelik. “Amerika rig ook ʼn waarskuwing dat Suid-Afrika nie net op beleggings vanuit die Ooste kan staatmaak nie, en dat alle beleggers dieselfde behandel moet word.

“Die VF Plus gaan met belanghebbendes van die groepe praat, en sal toesien dat hul behoeftes in die betrokke portefeuljekomitee ingedra word om te sorg dat daar brood op Suid-Afrikaners se tafels sal bly en dat die land se ekonomie nie totaal vernietig word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ursula ·

Nou gaan dit weer afgese word as rassisme….of arme ou Jan gaan weer die skuld kry.

CHRISTA ·

Het die Amerikaners en Europeurs regtig gedink die ANC loop op water? Nou kan hulle self sien waarvoor ANC staan: Anarchy, Nepotism and Crime!!!

fourie ·

kon dit dink dat dit gaan gebeur. Hierdie anc is een korrupte regering en zuma is nie n prez werd. Hulle is alles behalwe engeltjies die and.

stoney ·

Ek is bly iemand begin sy stem dik maak, maar gaan hulle iets daaraan doen?

Gerhard Bezuidenhout ·

Die ANC voel vere vir Westerse beleggings , want hulle kyk net hoe hulle hul sakke kan vul, want die Chinese sluk ons stadig in terwyl n sekere groep daarby baat. Na Zuma se aanval gister oor die Westerse betrokkenheid in Irak gaan daar nog verrassings kom.

Johannes Meintjes ·

Daar word nou al lank gepleit dat die handjievol oorblywende blankes in SA hulself in ontwikkelingskooperasies moet vestig en dienste van integriteit aan buitelandse beleggers moet bied. Self ons blanke plakkerskampe en landbou kibbutze nog onder ontwikkeling kan as spesialis-dienstesentrums asook nywerheids en landbou sleutelpunte funkisoneer. Dit kan dan weer vertroue aan buitelanse beleggers bied met goeie resultate op tyd, eerste keer, elke keer.

Eugene ·

Die ANC korrupte regering is totaal dronk op geld en gierigheid reel elke minuut van die dag.
Daar is geen redelik of plig in hul gemoedere nie. Wanneer GIERIGHEID eers die stadium bereik het is daar geen meer keer nie.
Soos baie hofbesissings teen verskeie regerings instansies eenvoudig geignoreer word, sal hulle ook alle waarskuwings uit buite lande ignoreer. Die trein is nou volspoed en jy keer nie sommer die gierigheid nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.