VSA wens Ramaphosa geluk

Pres. Cyril Ramaphosa tydens die inhuldigingsgeleentheid. (Foto: SA Government via Twitter)

Die Verenigde State het pres. Cyril Ramaphosa gelukgewens met sy inhuldiging as president Saterdag.

“Die Verenigde State sluit aan by Suid-Afrikaners en die wêreld in hul gelukwense aan Cyril Ramaphosa met sy inhuldiging as president van die Republiek van Suid-Afrika en wil lede van die sesde demokraties verkose parlement ook gelukwens,” het die Amerikaanse ambassade in ʼn verklaring gesê.

“Ons sien daarna uit om saam met Suid-Afrika te werk om ekonomiese groei en wedersydse handel en beleggings te bevorder, asook om Suid-Afrika se pogings te steun om die MIV/vigs-pandemie te beëindig deur die Amerikaanse president se noodplan vir vigsverligting (Pepfar).

“Ons koester ons verhouding met Suid-Afrika en wil aanhou belê in die vennootskap met die nuwe regering, asook in mens-tot-mens-skakeling deur ons opvoedkundige, kulturele en professionele uitruilprogramme.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

92 Kommentare

Wouter ·

Vir wat? Dat die miljoene weer vir n korrupte regering gekies het? En so sit nog niemand met sy oranje oorpakke aan nie.

Laetitia ·

Ek hoop Pres.Ramsphosa hou gestand by sy beloftes. Ek moet met alle eer se gister se inhuldiging het my trots gemaak. Ons soldate die lugmag met hul asemrowende vertoning het soveel grasie aan die dag verleen.

schaun ·

Ek stem veral die valskerm soldaat wat die beste eenheid in hulle weermag is en wat in die paal vas gehardloop het dit was asemrowend, ek het so gelag ek kon nie asem kry nie.

Elna ·

Ons kan maar net hoop hy gaan by sy beloftes hou vir ” our people” want ons is nie daarby ingesluit nie. Almal van ons weet wat die ANC beleid is: “Empty promises ,self enrichment and corruption” dis hulle beleid. Ons almal hoop en wens maar dis net woorde.

Jimmy ·

Loftus se laaste groot pret was toe Morne du Plessis vir Naas Botha geloop het.

Felix ·

Jy sê jy hoop hy doen sy beloftes gestand? Dis het my eerder geklink soos daardie valskermspringer, “a pie in the sky”.

Willem ·

Ek sal graag wil weet wat het hierdie kragdadige toertjie die belastingbetaler uit die sak gejaag.

Andreas ·

Oor klomp jaar van nou af, baie klomp jaar sal dit in die geskiedenis opgeteken wees waarvan die nageslag kan gaan lees, hoe die eerste S-Aner uit die buitenste ruim neer gedaal het, vryval na hy van die maan lanseer is en die atmosfeer deur is met vonke wat spat, toe daar ent van die stadion die valskerm laat oopgaan het.

Dit was ‘n ongelooflike deurbraak, van die maan af kon mens nie eens Gauteng sien nie, ook nie Tshwane nie, wat nog te sê van Loftus, en daar duik hy die paal by kniehoogte uit die grond. Dit is wat die waaghalse daardie tyd moes aandurf vir ‘n advertensie om hul land te bemark. En gerugte wil die hê dat hy nie ‘n sent daarvoor ontvang het nie, als vir Cyril en volk en vaderland.

Willem ·

Daardie video is nog ‘n roemryke oomblik op Loftus, by die vele in die geskiedenis wat die wêreld sal onthou.

piet piet ·

Die VSA ambassade miskien maar ons weet almal wat Presedent Trump van hierdie piesang republiek dink.

Linda ·

Ek hoor n voeltjie fluit dat Steve H kyk na opsies om of Australia of na New Zealand te immigreer, nes Sunette Bridges wat weg gehardloop het na Amerika toe. Maatskappye soos Afriform ens gaan naderhand hul deure moet toemaak omdat baie van hul lidmate weg vlug uit ons land uit !!! Ek se weereens hou op klippe gooi, staan saam en maak dinge hier laat dit werk !!! Ons gaan nie die meerderheid Suid-Afrikaners hier kan uitboender nie. Ek bly stil en is op my eie manier positief vir n beter toekoms vir almal ! Al het die President se inhuldigin baie gekos, is dit goed om vir die hele wereld te kon wys on is nogsteeds n trotse Suid-Afrika en nie n junk status land op n ashoop nie !!!

Jimmy ·

Linda, kerke het lidmate. Afriforum het lede. Ledemate is jou arms en bene.

Deon ·

Op watter planeet woon jy? Hier is miljoene mense wat werkloos is. Myne, banke, selfoongroepe, Eskom, Transnet en staalgroepe gaan nog duisende afdank. Die staat is op die rand van bankrotskap. Nou moet ons “goed” lyk vir die buiteland.

Oom Pieter ·

Dis nogal betekenisvol dat die Ambassade vir Ramaphosa namens die VSA gelukwens en nie President Trump nie. Normaalweg wens Staatshoof vir Staatshoof geluk. Ewe merkwaardig het ek nog nêrens gelees die Britse Koningin of Prins Karel die Kleine Statebondskaptein gelukwense gestuur het nie. Help my reg as ek verkeerd is……..

Spyker ·

Ja. Veral toe hul met die valskerm teen n mortoer gebots het…..baie grasiues.

Frikkie ·

En ons mense kan natuurlik geen positiwiteit bemeester nie. Die kommentare wat die publiek in hierdie en soortgelyke kolomme laat is oorwegend swartgallig en en dui op ‘n verloordersmentaliteit. Dit laat Afrikaners asook Afrikaans regtig sleg lyk.

Slimmes ·

Dis omdat ons nie naief is en maar net weer vir beloftes val nie.

Gustav ·

Afrikaners (dalk die meeste mense wêreldwyd) se bekers is half leeg, nie half vol nie. Ek vermoed die meeste sit op moedverloor se vlakte. Dis jammer dat dit so is. Die lewe is nie regverdig nie, maar dit bly nog steeds baie lekker.

Fanie ·

Ek sien dieselfde negatiwiteit op omtrent alle berigte. Is daar een ding (net een, nie twee nie) waaroor mense wel positief is? Enigiets? Of leef almal in hierdie diep donker gat van negatiwiteit?

Boerboel ·

En hy het seker weer sy hande vol gehad met sy Griekse vrou.

Vonnie ·

Ja die valskerm soldier is seker ook BEE!!!! FW DE KLERK JOU VERRAAIER! !!!!

Christel Cornelissen ·

Beste Trol
Baie dankie vir jou kommentaar. Dit is beslis ‘n fout wat ingesluip het.
Groete
Christel
(nms Maroela Media)

Dirk ·

Net soos die VSA wens ek CR ook geluk as “president elect”, maar dat ek hom nie vertrou nie is en bly gebaseer op feite. Die ANC het die rand laat val en heel toevallig en gerieflik is dit die ANC wat die rand gaan optel, dit nadat die ANC by monde van novula mokonyane in 2017 gese het dat die ANC dit gaan doen. Die “president elect” se in sy toespraak “there shall be no privelage” terwyl die ANC elite en kaderontplooiing in die parlement, staatsdiens, SOE’s, munisipaliteite, universiteite, hospitale ens reeds die bevoorregtes is! Die ANC “president elect” en misleiding staan sinoniem met mekaar! CR gaan regtig harder moet probeer om my te oortuig dat hy nie net n president en net die EEN vir “our people” gaan wees nie! Tot sover kon CR vir my en ook nie die wit en swart Suid Afrikaners wat teen n hewige tempo aanhou emigreer verkeerd bewys nie! Ek kan met sekerheid en klarigheid voorspel dat SA n welsynstaat gaan word en dat grond wat wel onteien gaan word, onteien gaan word vir mynbou en nie vir landbou! Ek daag CR uit om my en my mede Suid Afrikaners wie almal vir die regte redes emigreer, oor die volgende 5 jaar te probeer verkeerd bewys!

Linda ·

Dit help nie om nou negatief te wees en die hele tyd vingers te wys nie. Amerika het darem belowe om hul samewerking te gee. Die meeste van ons het nog n werk en besit n eiendom. Of kry n redelike, aanvaarbare pensioen. Om nou depro te word, gaan julle net siek maak. Ek glo dat ons nuwe President sy beste gaan doen om ons land reg te ruk. So iets gaan nie oornag gebeur nie !!! Word dus n bietjie positief.

piet piet ·

Linda, die vsa ambassadeur in SA het uit curtasy geluk gewens , weet jy hoe verwys Presedent Trump na afrika en spesifiek suid afrika?

Boerboel ·

Linda ek is bly vir jou. Ons praat weer as jou familie deur misdaad geraak word. Gaan jy Dan nog bly glo en positief wees ? Elke dag sien ons op hierdie media hoe ons mense letterlik geslag word. Sy woorde beteken niks. Dit gebeur nog elke dag en word net erger. Ek vetrou hom glad nie. Laat hy begin doen Dan sal ek weer positief raak.

Anke ·

Nee, meeste van ons is verarm en krepeer met minimum om van te leef. Meeste van ons probeer eie potjie krap omdat daar nie ander werk is vir ons nie. Meeste van ons wens ons kon ons kinders n beter toekoms bied. Meeste van ons klou aan strooihalms ????

Bertie ·

Wie is die “meeste van ons?” Daar is derduisende sonder werk, wat reeds alles verloor het en mag nie eens aansoek doen vir werk nie. My wit, Afrikaanse baas het my medies laat aftree op 37 sonder pensioen en het geweier om my (diabeet, na operasie altyd met kierie) ongeskik te laat verklaar. Toe verloor ek my goeie dekking ook nog. Nes soveel ander in my posisie, leef ons van die hand na die mond, sewe dae van die week op R1700pm. Moet elke dag R460 huur betaal, dit word te voet verdien. Dan kom die Afrikaners en trap jou in die grond in, bekedig jou, ens. Ons volkie is meesal verwaande, walglike eiegeregtige mense. Maar help graag ander, selfs internasionaal. Moet tog net nie uitreik na ‘n mede-Afrikaner wat agv onstandighede tot op straatvlak moes daal nie. Daar is ‘n halfmiljoen in ongeveer 470 plakkerskampe. Hier in die Wes-Kaap is GEEN hulp nie en Helpende Hand is bloot ‘n vals gerug. ‘n Wolhaarstorie. Ek, terloops, is ‘n uiters bekwame en betroubare werker. Die Afrikaner wat nog het, lyk lelik op ‘n selfie. Om ander dieper die grond in te trap, is laakbaar.

Calamarie ·

Linda, waarvan praat jy? Meeste besit n eiendom en het nog werk. Bly jy nog in SA?

Boerboel ·

Kom ons kyk hoe positief bly jy as jou familie geraak word deur misdaad. Dit kon al Lankal reg geruk word. Waarom nou eers begin ? Hy is al hoe lank die President Linda .

Dries du Toit ·

Linda dit is die mees selfsugtigste aanmerking wat ek nog gesien het. Geniet jou werkie . Dit is duidelik al waaroor jy bekommerd is JOU werkie. Daar is derduisende wat nie eers kos op die tafel het nie. En die mense vir wie jy so opkom gee nie n duit om nie. Maar dit is gewoonlik mense soos jy wat eerste hardloop na Afriforum, Solidariteit en helpende hand as die onheil van regstellende aksie jou tref

Linda ·

Ons moet onthou dat ons in hierdie posisie ingedwing was agv sanksies teen ons land. FW de Klerk het geen ander keuse gehad nie want Suid-Afrika was bankrot. Ek stel voor in plaas daarvan om die hele tyd klippe te gooi en vingers te wys, ons almal positief raak en hierdie Regering, wat vir nog n 100 jaar in bewind gaan wees, te maak werk. Dis in ons eie belang ! Om nou jou DSTV dekordeerder te gaan opkap ens, is nie die antwoord nie.

Liberaal ·

Linda, ons linkses het daardie taktiek klaar gebruik, was toe nooit waar nie, dis maar net om die ekonomie oop te gooi vir ons heersers die globale superrykes en om julle klein besighede almal uit die mark te druk, en om jastemme te kry. Die wereld sou nie n finger verroer nie soos julle nou gaan sien as pion malema die plase gaan wil vat.

Deon ·

Ek glo nie die ANC gaan vir nog 100 jaar aan bewind bly nie. Miskien nog 10 jaar.

Linda ·

Die valskerm insident…ongelukke gebeur wereldwyd, dis normaal !!!

Piet P ·

Nie waar opleiding gedoen word nie. Dis n basiese tegniek wat beginners oorkom maar gladnie ervares nie, en gegewe die belasting en tyd wat die weermag opslurp is die weermag net soos polisie veronderstel om ervare te wees…of miskien nie in die oog van verskoningsoekers vir mediocre nie maar in die regte wereld is dit waar.

willem botha ·

En die tandemuis en vader kersfees ook maar die meer intelegente mense weet dit is net sprokie verhale.

Bertie ·

@Piet P, weet jy hoeveel ex-bats in my vriendekring hulle des mers geval het en kantoorwerk moes gaan doen het? Hulle is, terloops, nie SA se beste nie. 44 Valsk Bde het sy Moses teengekom teen ‘n paar Basoto so 25 jaar gelede, onthou? Bebloed huis toe gekom. Wat van ons Recce’s en Vlootduikers?

Andreas ·

Linda, ek neem aan jy is of ‘n toeris of ‘n professionele waaghals wat vertonings lewer.

Positief ·

Almal kla, maar almal ry die nuutste voertuig, het die duurste selfoon, bly in n huis met als wat jou hart begeer, eet uit , hou vakansies oorsee en koop die beste klere! Waar jy bly, wat jy ry en wat jy pay, is al wat vir die Afrikaner belangrik is. Gee tog eer waar dit toekom en wees bly Zumpie en die Guptas was nie gister die helde nie!

KaterinaKat ·

@Positief – Miskien lewe en beweeg jy in skatryk kringe. Die meeste wit Suid Afrikaners kan nie oorsee vakansie hou of gereeld uiteet nie. Baie kan nie eers binnelands vakansie bekostig nie. Meeste het n voertuig, werk en huis en selfoon maar nie die duurste of luukse nie, net die basiese. Dis genoeg om voor dankbaar te wees maar moet Asseblief nie maak of die meeste van ons skatryk Hollywood-ster leefstyle het nie!

Kallie ·

Almal? Maar die meeste van “almal” het ook baie skuld. Koop lekker sonder geen aftreeplan.

Anoniem ·

Moenie veralgemeen nie!! My familie – ons ry al dieselfde karre vir 10 jaar, hou vakansie in Jan-tuis-bly-motor. Selfoon opgradeer- net as dit dieselfde kos, ek het afgelope jare net “down grade” om geld te spaar. Geen nuwe meubels vir laaste 15 jaar nie. Ens ens

Wielspore ·

Die gelukwensing van Amerika met die inhuldiging van CR kan nie net op dowe ore val nie, dit is ‘n belangrike stap in die toekoms van SA. Beleggings deur die VSA gaan volg en soos dit bekend is, doen die VSA beleggings met voorwaardes. Hierdie beleggings en voorwaardes gaan tot voordeel van alle Suid Afrikaners wees, dit sluit my en jou as afrikaans sprekende mense in. Dit is ‘n feit.
Die volgende staat wat binnekort gaan volg met beleggings is Duitsland, belegging met ‘n ekonomiese beleid. Watch this space!

Andreas ·

Ek gaan hierdie raam hoe dit met SEB, kwotas en grond afvat gaan versoen.

willem botha ·

Wielspore en respekteer jou opinie maar regtig ,hoop jy herstel goed na jy in die kop aan kop ongeluk was.

Linda ·

Ek wil net noem dat vanaf 2017 is hier NIE n Amerikaanse Ambassadeer meer in SA NIE. Trump het hom ontrrek uit SA uit !!!! Nou weet ek nie wie is dit wat se die Amerikaanse Ambassade hier het Ramaphosa geluk gewens ???? Sien die persoon spoke of wat ???

schaun ·

Jy hoor te veel voëltjies fluit maar die deuntjie is verkeerd ,Harris het in 2016 bedank daarna het Jennifer Mchalahan afgelos,maak seker met jou positiewe DA gedrag

Boerboel ·

Linda die voeltjies wat jy so hoor sing sing baie vals. Kyk na die realiteit.

Wanda ·

Almal kla en ons mag kla, maar dis tyd om onsself van binne te ondersoek. Hoe lank moes die israeliete wag en kyk hoe het hulle gekla maar op die einde het hulle die beloofde land in gegaan. Hoe lank wag God nie vir jou en my om na hom toe te draai en Here vat oor U is die leier van die heelal. Laat U wil geskied vir Suid Afrika. Hy wag al vir eeue vir sommiges en Sy geduld raak nooit klaar nie. Hy staan buite tyd, Sy tyd is nie ons tyd nie maar niks stop ons om te bid en ons lewe vir Hom te gee nie. Hou op kla en sit jou geloof in Hom en nie in mense hande nie. Wees dankbaar en begin die mooi vam ons land raak sien. Satan hou die sluier oor ons oë sodat niks meer mooi is nie. Ek glo ons sal oorwin met God se hand oor ons land. Shalom

Dries du Toit ·

Wanda dit is n mooi positiewe boodskap daardie. Ons heil le nie by mense nie maar by God. Lees 2 Kronieke 20. Ek glo ons is nou daar

Susna ·

Ek het nie gister na die “Inhuldiging” gekyk nie, dus kan ek nie oordeel nie. Al wat ek kan se is ek kan nie myself so ver bring om Ramaphoza meer te glo nie. Stem geheel en al saam met “Dirk” se kommentaar hierbo. Die VSA het wel hulle gelukwensinge oorgedra deur monde van hulle Ambassadeer , en glo dit is waar dit gaan bly. SA se ondergang gesteun deur die Britte gaan tien teen een nou ook verandering meebring met Mey oppad uit. Ek sien baie van die kommentare is positief tov “die nuwe wending.” Ek sal maar op my kniee bly.

Bertie ·

Ek het dit gekyk ter wille van die aanskoulikheid daarvan. En nie om oor enigeen te oordeel nie. Dink jy het nogal iets misgeloop. Oor wie die land regeer? Dis ‘n ander saak. Lees gerus Hosea 8:4.

Foxi ·

VSA…….hou eerder julle gelukwensing en begin iets doen om saam die wêreld en sy mense te red uit die hel! Julle maak ook net geraas.

Linda ·

Ek wil net se ek is n opregte afrikaner, gebore in George, sewe jaar lank in Amerika gewoon, terug gekom, twee jaar in Lynnwood, Pretoria gewoon, halglike en selfsugtige mense, toe my kom vestig in Roodepoort. Hier n besigheid begin, 24/7 gewerk. Werk nogsteeds hard insl vakansiedae, Maar is gevestig. Ek dink nie aan misdaad en negatiwiteit nie, want dan trek jy dit na jou toe. In Amerika is daar net so baie misdaad, maar dit word nie oogeblaas nie ! ,So ook in die res van die wereld. As n mens wil werk en wil jou eie ding wil doen sal jy sukses behaal. Nie nodig om die hele dag te sit en te kerm en te kla nie ! Jy en net jy self is verantwoordelik vir jou eie lewe en die voetspore wat jy trap. Die ou wat n R1700 n maand kry, se dankie vir die Regering wat vir jou Sassa geld gee, hul hoef nie !!! Hierdie Sassa mense verwag ander moet vir hulle sorg. Wat het hulle met al hul geld gedoen toe hul nog kon werk ? Waarom nie bele nie !!! Nee wat ek bly positief !!!

Dries du Toit ·

Linda lees jy al die berigte op Maroela. Sien jy die daaglikse gruwelike moorde op kinders en ou weerlose bejaardes en plaasboere. Sien jy al die korrupsie en diefstalle wat deur ANC amptenare gepleeg word. Sien jy die duisende kinders wat honger gaan slaap, ens. ens. Weet jy dat hierdie dinge nie nou begin het nie maar tydens Ramaphosa se vise -presidentskap floreer het. Jy raak opgewonde want jy kan spog dat dit jou nie raak nie sies man sies

Linda ·

Ek wil net ook noem, toe ek in Roodepoort kom het ek my besigheid met net R250 in my sak begin. .n Man wat ek van geen kand af ken nie, het vir my n Nissan Hardbody bakkie geleen !!! Wat ek later gekoop het !!! Genade as ek toe n R1700 n maand gewaarborg kon kry sou ek baie gouer floreer het, maar dansy my positiewe houding, geduld en geloof, het ek binne 7 maande amper n senuweeineenstorting gekry toe my besigheid uit sy nate uit bars !!! Ek het dag en nag gewerk 24/7 !!! snags gesit en vorms en kwotasies sit en tik op n gewone ou tikmasjientjie !!!

Andreas ·

Linda, skuus ek chip hier in, ek kom lang pad, het respek vir mense wat probeer, ook vir daardie wie die dice nie reg geval het nie. Sekeres is met die goue lepel gebore ander nie, maar wat mens nie kan beheer nie is as jy soos in Guatannamobaai vir die wolwe gegooi is, as jy as gevolg van kwotas en SEB ‘n teiken voor jou kop het, al daardie mense het nie die weg oop voor hulle nie.

Moenie almal wat probeer het oor jou kam skeer nie. Mense het altyd vir my gesê dinge kom vir my maklik, geen probleem is ooit te groot om te oorbrug nie, en weet jy wat, toe raak my raad vir myself op, daardie net een te veel bultjie in die nuwe land, het sy tol ge-eis. Mens gee tot op ‘n punt raad en word dit waardeer, as mens verder gaan moet mens versigtig wees dat jy nie veralgemeen en dink dit is vir almal beskore om jou sukses te ‘copy’ nie. Die dice wat vir jou gegooi is is soos hy sal val, dit is deur die liewe Vader beskik. En dan wil mens nog lewe, mens wil nog ‘n verskil maak, iets na die tafel toe bring en probeer en probeer en probeer …. !

Haha ·

As jy so n groot suksesvol;e sakevrou was sou jy nie tyd he om mense hier heeltyd te sit en aanval nie. Pretoria se mense is net so gaaf soos mense in Jhb.

Bertie ·

Wees dankbaar dat jy nie 95% en meer van elke dag se verdienste aan huur hoef af te staan nie. As ons maandeliks kon huur, kon ons die geld eers kon vermeerder. Maar mens kan net soveel doen. Ek het ses hartaanvalle en sewe ligte beroertes gehad. En my vrou her begin met ‘n kussingsloop waarop sy my weggooiverf van ‘n kunswinkel begin het. Die swart moslem wat dit gekoop het, het die sloop teruggegee, haar die geld laat hou en so het sy aan die gang gekom. Ons inkomste kom hoofsaaklik van die swart jeug af. Swart sakelui en bestuur koop by ons, die wittes wys ons die deur in is gewoon onbeskof. Ons is nie agterlik nie en ek was vir jare gewoon daaraan om op internasionale vlak aan huis van staatshoofde, ministers en generaals te kom. Maar my volksgenote reken ek is hulle nie werd nie.

Linda ·

Dan wil ek ook net noem, dat ek 3 klein kinders gehad het. My ouers was oorlede. Ek het daagliks 2 bossies beet gekoop en gekook sodat hul kon eet. Die skool se kketebank is ek voor dankbaar wat kkere, tassies en skoene gegee het. My ex man, n immigrant het die land verlaat en nooit onderhoud betaal nie. Ek het nie gaan le nie !!! Ek het nie die Regering en ander mense blameer vir my situasie nie !! Vandag is ek welaf, al 3 my kinders het n universiteitsgeleerdheid en is in goeie beroepe. Ek help mense wat werklik n nood het, ! Ek sal altyd dankbaar wees vir hierdie land Suid Afrika, maak nie saak wat nie !!! Ek is hier om te bly en om te lewe. Hierdie is my verhaal, julle kan ook as jul regtig wil !!!

Linda ·

Moet NOOIT die Regering, jou familie en ander blameer vir jou omstandighede nie ! Jy is verantwoordelik vir jou eie omstandighede. Ek ken nie Afriform, Solidariteit/Helpende Hand nie, omdat ek maandeliks groot bedrae geld gee vir die Sea Rescue Ins en vir Doctors without Borders ! Ek doen dit uit my hart uit.

Andreas ·

Linda, jy was nog nooit in Guantanamo-baai tronk nie, dat die Vader jou genadig was is prysenswaardig, ook dat jy geveg het tot waar jy is, maar moenie teen ‘n muur wat die realiteit uitblok vaskyk nie.

Linda ·

Positief wat hier kommentaar gelewer het, het die regte houding !

Andreas ·

Linda, dit is in die mens se natuur om positief te wees, dit is in die mens se natuur om ‘n bydrae te maak, dit is in die mens se natuur om te wil oorleef, om erken te wil word vir jou goeie dade, vir die positiewe invloed wat mens op ander het, hoe jy hulle met jou ingesteldheid positief aktiveer, als gaan oor ingestelheid, als, maar daar is ook die realiteit.

Jeremia ·

Het Amerika enige iets te sêê oor die drastiese toename in plaas-, hoewe en ander aanvalle asook moorde op blankes sedert die pas afgelope verkiesing? Let wel: die aanvalle en moorde op blankes vind plaas TE MiDDE van vieringe deur koning Rama en sy volgelinge wat dermiljoene rand kos in ‘n ROMMELSTATUS land.

Bertie ·

Toe Amerika wou kom help, was dit juis onse mense selfs op hierdie forums wat hulle met ongepoetste taal die deur gewys en hulle afgejak het. Ons mense is soms uiters onbeskof. En blind. En ondankbaar.

Andreas ·

Linda, ten slotte, gaan kyk wat skryf ek onderaan berigte hier in my kommentare, vir lank, dis nie net vlinders nie, maar daar is ook die realiteit, dan in daar skakels na musiek wat ek plaas, soos hier bo. ‘n Ewewig in die lewe wat die soet en die suur verstaan. Kyk onderaan die berig oor Zille se twiets, kyk die skakel na musiek wat ek daar geplaas het om mense saam die toekoms in te vat, so moenie almal oor jou kam skeer en uittrap al synde dat hulle nie probeer het nie, of negatief is.

Andreas ·

Dat ek nou hier uithaak, so verdwyn ek saam met haar van die aardbol af, so skaam is ek, maar ek moes.

Andreas ·

Vloek ek nou by myself, als wat ek hier geskryf het, ook in al my vorige kommentare, beduie wie ek is, ek hoef nie te sê ek is ‘n Afrikaner nie!

Andreas ·

Maroela, julle skram maar weg van my ander plasing van so 2 uur en langer gelede, daar is niks mee fout nie, moet nie oorbeskermend wees nie. Ek weet dit kom dalk na my toe terug, maar algaande leet men of frauwen, selfs die een aan wie die kommentaar gerig is..

Adam ·

Linda, ek hoop jy lees die kommentaar. Ek is ongelooflik trots op mede-Afrikaners wat hulle aan hulle skoenveters moes optrek om sukses te behaal. Ek is daaagliks verstom wanneer ek sien hoe mense geleenthede tot sukses verlore laat gaan. Ons is nie een perfek nie en ek kan uit jou kommentaar dat jy waarskynlik ook daardeur gefrustreer word. Die een waarborg wat ons het is dat indien ons nie probeer nie, is ons gewaarborg om te misluk. Daar is soveel geleenthede in hierdie land en al wat ons moet doen is om dit aan te gryp en elke dag te poog om in ten minste een persoon se lewe ‘n verskil te maak, net soos die vreemde man met die Nissan Hardbody ‘n verskil in jou lewe kon maak. Voorspoed en suksesvir jou.

Bertie ·

Vir dertien jaar al begin ons nog elke oggend ‘n nuwe besigheid met niks meer as R10 of R20 nie. Elke dag betaal ons die dag se huur en eet ons iets. Linda was gelukkig dat sy nie elke dag nuut hoef oor te begin nie. Maar ons kla nie en maak ons bydrae tot die samelewing, bewerkstellig positiewe verandering in ons stad wat tienduisende se lewens verbeter op praktiese maniere. Ons doen dit waar topleiers van vier partye ons klaaglik gefaal het. Mens kan nasiebou ipv om te kla oor alles. Dit is jammer dat soveel mense op hierdie forums so verskriklik negatief, vol haat en boonop verwaand is. Dankie vir jou eie positiwiteit Andre.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.