VSA-wette vir leeujag in SA

Argieffoto van 'n leeumannetjie in die natuur Foto: designerpoint, Pixabay

Argieffoto van ‘n leeumannetjie in die natuur Foto: designerpoint, Pixabay

Suid-Afrika se leeujagbedryf sal binnekort aan nuwe regulasies moet voldoen ná ʼn besluit deur die Amerikaanse regering om Afrika-leeus onder die Wet op Bedreigde Spesies te beskerm.

Volgens die nuwe riglyne sal Amerikaanse jagters, wat leeutrofees wil terugbring huis toe, ʼn permit benodig, wat slegs uitgereik kan word indien die jagtog deel was van ʼn wetenskaplik gebaseerde bewaringstrategie wat die spesie in die natuur bevorder, het die natuurbewaringsorganisasie, die Vis en Wildlewediens gesê.

Die nuwe beperkings sal Amerikaanse jagters ontmoedig om vir sport leeus in Suid-Afrika te kom jag, het Humane Society International in ʼn verklaring bygevoeg. Dié organisasie het gesê 620 van die 719 leeutrofees wat in 2014 na Amerika gebring is, kom uit Suid-Afrika. Meer as die helfte daarvan was leeus wat in aanhouding geteel is.

Trofeejagters betaal tussen $18 000 en $24 000 (tussen R275 000 en R360 000) om ʼn vyfjarige mannetjie dood te maak. ʼn Agtjarige mannetjie met indrukwekkende maanhare kan tot $75 000 (meer as R1.1 miljoen) beloop, volgens professionele jagters.

Talle leeus wat in Suid-Afrika gejag word, word glo in relatief klein, omheinde gebiede geskiet. Die leeus word in aanhouding groot en is gewoond aan mense. Hulle is dan maklike teikens binne ʼn beperkte spasie.

“Daar is baie, baie ernstige besware oor mishandeling in die jagbedryf,” het Christina Pretorius, woordvoerder vir die Internasionale Fonds vir Dierewelsyn in Afrika, gesê. “Veral wat leeus betref wat in aanhouding grootgemaak word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

D4e ·

Sit sal hopelik bydra tot ‘n spoedige verdwyning van die geblikte leeu bedryf.

D4e ·

Dit sal hopelik bydra tot ‘n spoedige verdwyning van die “geblikte” leeujagbedryf.

Berhalet Beukes ·

Wat van ons? Ons is ook ‘n bedreigde spesie! ;-)

Dee ·

Suid Afrika kan nie eie diere beskerm en die buiteland moet dit dus doen.

Johann Marx ·

Dis tragies dat ‘n ander land oor jou land se wild-lewe ‘n berekende besluit moet neem om die spesie te help beskerm…….want in jou eie land is daar geen snars van enige bewaring nie. Solank daar een is wat rondloop, sal ons hom jag en vrekmaak en geld maak en alles opvreet…en vernietig…en verwoes….en nie waaarrrieee nie….

Hendrik ·

Geblikte leeujag is n klad op die naam van ons jagorganisasies in Suid-Afrika. Ons behoort ons koppe daaroor in skaamte te laat sak, eerder as om dit te probeer regverdig. Dit het die jagbedryf ontsettend skade in Suid-Afrika aangerig. Nou moet ons net hoop die staat is wel instaat om permitte uit te reik waar leeus beheer moet word as deel van n bewaringstrategie.

Chrisjan ·

En as niemand hulle leeus kan laat jag nie, wie gaan nog leeus grootmaak?

Dee ·

Jy sal dus ‘n skaaplam hans groot maak in jou agterplaas en dit dan slag.

Fly ·

Dankie Chrisjan. Een mens wat 2 breinselle agter mekaar kon kry! Jag = bewaring. Min mense is slim genoeg om dit te verstaan. Later hou net die groot parke leeus aan. Dan kom daar n siekte en los alle leeus besmet of hulle sterf wel uit… soos TB ondee buffels. Hoeveel parke se buffels is besmet. Baie mense dink met hulle harte en nie met hulle koppe nie.
Wel gedaan ou maat

Fly ·

Dee. Ons is boere. Ons run nie n petting zoo nie. Die kos wat julle eet is ons inkomste. Weet jy hoeveel hans lammers het al op jou rooster gele?

Francois ·

3 leeus laasnag by n boer vergiftig kop en pote gevat . Dit kom 3 dae na Amerika leeus op endangered en threatend lys gesit het dit beteken n Amerikaner kan ni n leeu trofee in voer na Amerika . Dis die eerste pouching van leeus in Suid Afrika . Oosterlinge gebruik leeubene skedels en naels hul het dit altyd wettig gekoop nadat leeus met trofeejagters gejag is. Hulle dink leeujag is gestop en nou gaan hul leeus pouch vir hul bene skedel s en naels !!!

Chris ·

Dit is nou ondeurdenkte wetgewing soos net ‘n liberale, groen politikus kon uitdink. Christina Pretorius, hou dop hoe leeus die renosterpaadjie stap. Nou sal net die skelms geldmaak.

hans ·

Ek dink dit gaan meer daaroor dat Amerika die bietjie geld wat na die wild Boere toe kom wil stop. Nugter denke definitief nie in die besluit geseëvier. In SA het die wild bevolking dramaties vermeerder maar in Kenia waar jag gestop is , dramaties afgeneem as gevolg van wild diewe. Ek stem, die leeu is nou ook op die renoster pad.

Miguel ·

Trofeejag is een van Suid Afrika se grootste genereurder van inkomste. Honderde mense kry werk daar uit, gidse, slagters, taxidermis en sy staff. Hoe kan ons in die tyd en in die ekonomie toelaat dat die bron van inkomste half weg geneem word. en dan wonder julle hoekom ons as land nie voorentoe beweeg nie. Wat ons gebruik nie die hulpbronne wat aan ons gegee is op geskikde maniere nie. En die leeu wat julle in die dieretuin sien is Canned Lions nie n leeu wat op n 3000 – 20000 hektaar plaas loop nie…
Dankie

Justa ·

As daar nie nou teen trofee jagters opgetree word nie sal die leeu bevolking nog verder verminder. Trofee jag genereer ook nie meer inkomste as eko toerisme nie, want meeste van die geld gaan na korrupte regerings toe. Die jagters vat ook die beste uit die gene poel soos met Cecil. Dis hoog tyd dat leeus en die ander groot vier beskerm word. In SA alleen is daar letterlik honderde safari ondernemings wat op alles jag maak van olifante, luiperds, seekoeie , cheetas ens. Volgende moet geblikte leeu stopgesit word aangesien dit n onetiese bedryf is.

Dee ·

Interessant hoe vele van julle die behoud van ‘geblikte leeujag’ bepleit.

Fly ·

Dee, dit is n onderwerp wat n mens maklik kan benader deur na j hart eerder as j kop te luister. Veral as jy baie erg was oor the Lion King en so aan. Maar as niemand meer gaan vleis eet nie gaan boere ophou skaap en bees en wild boer. Dis n baie logiese, baie basiese beginsel.
Google bietjie hoeveel privaat entiteite leeus besit. As daar absoluut geen vraag na daai leeus meer is nie, wat dink jy gaan van hulle word? Ek kan jou belowe.. getalle sal DRASTIES afneem en die genepoel gaan DRASTIES verklein. Jy hoef nie daarvan te hou nie en jy hoef nie daaraan deel te neem nie. Maar as jy afstand en perspektief kry sal jy besef dt gaan nie net daaroor om diere dood te maak nie. Boerdery is bewaring. Geen boer gaan sy kudde laat uit jag nie. Die wild boerdery is die grootste vorm van wildbewaring wat daar is.

Fly ·

Aan almal wat nie diep genoeg is nie.

Die behoud van enige spesie is aanvraag. As julle ophou steaks eet, skiet ek al my beeste. En as julle ophou tjops eet maak ek my skaap tot niet. As daar nie aanvraag is nie, sal die aanbod stop gouer as wat jy jou soya botter oor jou organiese broodjie kan smeer.
Geen regdenkende teler verkoop meer diere as wat hy behoort te doen nie. Jy hou altyddeur genoeg vir opvolg teel materiaal. Wn jy laat skiet/slag nooit n dier wat jy nie met n beter een kan vervang nie. Geen wild boer laat sy teel diere skiet nie. Geen skaap boer stuur sy stoet ramme slagpale toe nie.. mens noem dit ggg…logika!
Soos hier bo melding gemaak word deur my vriende wat wel insig het en kennis van boerdery. Verseker sal leeu getalle nou afneem. Hulle is sopas ‘dead weight’ verklaar deur die alwetende, almagtige Amerikaners. Hou dop hoe val getalle en hoe neem poaching toe. As julle kan daar in die concrete jungle.
Groete uit die savanna.

Jaap ·

M.a.w. daar gaan nie meer ń mark wees vir Leeus nie, m.a.w. daar gaan nie meer leeus geteel en vermeerder word nie. Nou gaan dit net die paar brandsiek leeus in die wildtuine wees wat oorleef, totdat hulle onwettig gejag word.

johan ·

Waarom neem die Amerikaanse regering nie eerder die bestuur en besluite van zuma en sy trawante oor nie.

M A ·

Snaaks hoe die jagters altyd inspring met aggressiewe en ongepoetste kommentaar. Nie-jagters is altyd onnosel volgens hulle. Ek wonder hoekom hulle kritiek so sleg neem en jag so verbete moet regverdig.

Jef ·

Fly, weet jy toevallig hoeveel wildboere in SA is, want ek kry die idee dat mense nie mooi weet hoe dit op so wildboerdery werk nie, kan julle nie miskien die mense uitnodig op so plaas nie,want ek weet seker dat wanneer hulle dit alles sien en ervaar hoe dit alles in sy werk gaan dan gaan hulle mos anders dink daarooren miskien gebeur dit al,

Johan ·

Dit is vir my so hartseer dat ons kortsigtig in Suid Afrika geword het.

As ons leeu jag beperk of in groot maat afskaal gaan boere hulle leeus in aanbouding van kant maak en die leeu getalle drasties afneem in Suid Afrika.

Wild teel ( insluitend leeus ) in Suid Afrika is ‘n groot bederyf en alhoewel dit ‘n astronomiese bydrae tot ons ekonomie het, verseker dit ook dat die beste genetieke geteel en versprei word.

Dit is jammer dat ons so “Groen” geword het, dat ons goeie bedoelings eintlik meer skade maak as gevolg van ons gebrek aan insig en blootstelling aan die wild teel bedryf

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.