Vuil water in Parys ‘ʼn tydbom’

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Die swak gehalte van drinkwater in Parys is vandeesweek opnuut uitgelig, nadat die bakterie E. coli, oftewel riool, vir die soveelste keer in dié Vrystaatse dorp se water gevind is.

Watermonsters is Maandag deur die laboratorium Enviro Care geneem en die resultate dui daarop dat die Ngwathe- plaaslike munisipaliteit, wat onder meer Parys en Vredefort bedien, feitlik niks aan die stand van sake op die dorp gedoen het, sedert hulle twee maande gelede daaroor gewaarsku is nie. Inteendeel, sedert die vorige toetse wat in September gedoen is, het die watergehalte beduidend verswak.

“Daar is feitlik geen chloor in die water aanwesig nie en daar is beslis E. coli in die drinkwater. Die water is dus glad nie geskik vir menslike gebruik nie,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier. “Ek is bevrees dít is ʼn tydbom. Dit sal baie sleg wees as inwoners eers ernstig siek moet word voordat daar iets aan hierdie situasie gedoen word.”

ʼn Waterspesialis het saam met Pretorius monsters by ʼn onderneming in Waterstraat, ʼn huis in Tumahole, ʼn watertenker wat direk van die watersuiweringswerke na inwoners uitloop en by Vaal de Grace, die verste punt waar die munisipaliteit water verskaf, geneem. Die span wou ook ʼn monster by ʼn skool in Tumahole neem, maar daar was nie water in die pype nie.

Luidens die resultate is ʼn telling van tussen 46 en 60 van E. coli per 100 ml water in die watersuiweringswerke se watertenker aangetref. ʼn Telling van tussen 29 en 31 per 100 ml water is ook by ʼn inwoner se huis aangetref.

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) word ʼn nultelling van E. coli per 100 ml water as veilig beskou om te drink. ʼn Telling tussen 11 en 100 per 100 ml water hou ʼn medium risiko vir mense se gesondheid in. Die risiko raak egter groter as dit oor ʼn lang tydperk ingeneem word.

“Wat onrusbarend is, is dat die munisipaliteit en die howe die probleem ontken. Die munisipaliteit lewer hierdie besmette water aan inwoners sonder ʼn waarskuwing om dit eers te kook,” sê Pretorius.

Die betrokke munisipaliteit is verlede maand op terme geplaas oor die gehalte van sy drinkwater, nadat resultate van laboratoriumtoetse toe reeds die bakterie E. coli in die drinkwater aangetref het.

AfriForum het reeds in die verlede, as deel van sy ooreenkoms met die munisipaliteit om saam te werk om die toestand van die water in die gebied te verbeter, verslae oor die water- en rioolwerke voorsien, asook ʼn raamwerk waarvolgens daar te werk gegaan moes word om die toestand daarvan te verbeter.

Niks het egter daarvan gekom nie.

“Dit is werklik skokkend dat ʼn munisipaliteit, wat eintlik daar is om die gemeenskap te dien wat hulle salarisse betaal, bereid is om water met hierdie vlak van besoedeling aan die inwoners te lewer,” sê Pretorius.

AfriForum het opnuut inwoners van die gebied gemaan om liefs gebottelde water aan te skaf, of die kraanwater te kook voordat dit gebruik word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jack ·

Dit is hoe dit gaan.Die munisipaliteit vee hulle af aan enige waarskuwings,briewe of aanmanings.Die oplossing is om geen verdere betalings aan die munisipaliteit te maak nie en eerder in privaat bestuur rekening in te betaal.Die kaders sal nie twee keer dink om dit te neem nie.Die arme mense wat nie skoon water kan koop nie sal moet twee keer dink voor hulle weer vir die kaders stem.

Vincent ·

Die “volk” foeter alles op waarop hulle hul vuil korrupte hande le! “Destroyers and consumers” dit is al wat hulle is. Kan NIKS onderhou nie, wil net skep vir vandag en heg geen waarde aan die toekoms nie. Eeu oue Afrika probleem….

Fanna ·

Hoekom word daar nie opgetree teen die skuldeges nie en sommer die Howe ook nie

Samuel ·

Solank die kaders se beursies bult is hulle tevrede. Voel absoluut vere vir hulle people en nog minder vir die wittes.

Vir diegene onder alle rasse wat nie gebottelde water kan bekostig nie, is dit eenvoudig net to bad!

Nico ·

Parys is ‘n pragtige wonderlike klein dorpie ….. vriendelike mense, min misdaad, te lekker! Maar, (altyd ‘n “maar”) die Mislikepaliteit voel vere vir die inwoners. Elektrisiteisfooie word nie oor betaal nie, water is ‘n probleem, vullis in die strate is ‘n probleem, maar die ‘paliteit gaan maar aan asof niks verkeerd is nie. Dis werklik so jammer., want die inwoners doen hulle deel (betaling) maar die kaders skep soos en wanneer hulle kan!!

Mariana ·

Mens wil dit nie sê nie, maar magtig wat doen daai munisipaliteite in die Vrystaat dan. Hulle is totaal en al “useless”. Daai mense kry groot salarisse maar die werkswil is nie daar. Te lui of is dit nou maar eenvoudig net dat hulle nie in staat is om die werk te doen nie. Mense betaal belasting en kry niks vir hul geld nie. Tipies ANC, maar volgende keer word daar maar weer vir hulle gestem. Shame

Kokerboom ·

Hoekom aanvaar gemeenskappe dit? Al vir hoe lank! Waar is ruggraat tot optrede?

Pietertjie ·

My mense moet maar leer om saam te staan en vir hulself en mekaar te sorg.

Andre ·

As ek so na probleme wêreld-wyd kyk, word dit sekerlik beplan. Toeval lyk nie so nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.