Vuilste hoofstad in SA aangewys

Mafikeng (Foto: Google Maps)

Mafikeng, die hoofstad van Noordwes, is die vuilste hoofstad in Suid-Afrika.

Só sê Hannes Schutte, VF Plus-LPW in die Noordwes-wetgewer, ná die wetgewer se openbarerekeninge-komitee en die ouditeur-generaal saam met die Mafikeng-munisipaliteit se stadsraad vergader het.

Gedurende dié vergadering het die ouditeur-generaal onder meer foto’s voorgelê waarop gesien kan word hoe rou riool op verskeie plekke in die stad en selfs tot in die Moloporivier loop.

Van die foto’s bevat ook bewyse van rou riool wat al sedert Februarie 2017 voor ʼn skool verbyvloei en ʼn ernstige gesondheidsrisiko vir van die kwesbaarste lede van die gemeenskap, naamlik kinders, inhou.

Rommel word op openbare terreine gestort, aan die brand gesteek of deur diere gevreet. Dit stink en besoedel die atmosfeer, en is boonop byna oral te sien.

Volgens Schutte is rommel en riool egter nie die enigste probleme wat deur die Mafikeng-munisipaliteit ondervind word nie.

Volgens die OG se verslag is daar geen interne beheermaatreëls vir die behoorlike bestuur van die munisipaliteit nie, nog minder vir die beplanning, bestuur en onderhoud van die munisipaliteit se infrastruktuur, soos onder meer rioolstelsels. Verliese aan water en elektrisiteit vier maandeliks hoogty.

“Die stad Mafikeng word al vir 20 jaar deur die ANC-regering bestuur en hulle kon kwalik meer regkry as om dit in ʼn stinkende ashoop ter aanklag van hulle onvermoë te verander,” het Schutte gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

79 Kommentare

Rudi ·

Klink amper soos elke dorp en stad deesdae. Die vrugte van transformasie.

Kosie ·

Jy moet in gedagte hou dat daar nou vir 55 miljoen mense gesorg en dienste gelewer moet word terwyl die apartheidsregering die maklike takie gehad het om slegs vir hul eie 4 miljoen sieletjies te sorg. Groot verskil.

Christo Visagie ·

Kosie,,,,,,,,,,,,jy slaan die BAL mis,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,die wit stadsrade het ons geld gebruik om ‘n dorp instand te hou,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,jou stadsrade gebruik die geld vir buiten gewone hoë salarisse, luukse karre en groot parties, bedrog ens ens. Ogies oop Kosie

Francois le Cochon ·

Regtig? Die Apartheidsregering het die hele Soweto gebou, met skole, hospitale, sportvelde, winkelsentrumes ens. In die laat 80’s is elke huishouding in Soweto voorsien van ‘n gratis stoof. Ook Universiteite vir swartes gebou soos Medunsa, Fort Hare UWK. Die tuislande is opgebou wat miljarde gekos het. So kan ek aangaan. Onthou, ons het in die apartheidsjare baie meer belasting betaal as nou. Dit het gegaan vir aparte swart ontwikkeling.

Grietjie ·

Kosie se stelling is nie verkeerd nie.
Francois, was jy al in die voormalige tuislande? Daar gaan niks aan nie. Waar is die miljarde wat daar spandeer is? Witmense het klaar universiteite gehad, so watse punt maak jy daar? Daai tyd se regering het vir hulleself baie kostes veroorsaak omdat hulle besluit het swartmense moet op ‘n ander plek gaan bly. Maar as jy vir ‘n oomblik dink hulle het dieselfde geriewe as ons klomp gehad dan lewe jy onder ‘n klip.
En omdat ek durf om die Apartheidsregering te kritiseer, beteken geensins ek keur die huidige korrupsie goed nie, maar dit is heeltemal ‘n ander onderwerp.

Lba ·

Het iemand al gaan kyk en ruik na port alfred.praat van vuil en viesliken dan kan n donkie sy bene breek in sypaadjies en strate. Dit is vol gate en rommel gestrooi

Rox ·

Dit gaan ook oor opvoeding. Ry op die N2 na die kaap se rigting dan sien julle hoe word die vullis oor die mure gegooi.

cor ·

Rudi jy praat die waarheid. Kyk ek anderdag n program op TV en jy sien feitelik die hele Afrika lyk so. Op n ander program was ek nogal verbaas om te sien Swasiland lyk baie netjieser as in SA daar le nie sommer rommel en papiere in die strate nie,dit laat mens maar net wonder oor opvoeding en bestuurs vermoe

Francois le Cockon ·

Vuil is ‘n Westerse konsep, so ook is bedrog, etiek, kurrupsie.

Scalla ·

Die kompetisie was seker erg want almal vertoon soos varkhokke. Die eens pragtige tuisland hoofstad van Lucas.

Gerrie ·

En Lucas se seun is blykbaar ene Supra wat onse burgermeester is…. weet nie hoe Lucas slaap snags nie.

Jeannette ·

@Willie – nee, ou, Worcester is julle ‘n kortkop voor! Nogal ‘n DA-beheerde munisipaliteit, maar vuillis lê (veral op Saterdae) die wêreld vol, rou riool borrel voor huise uit die dreineringstelsels uit, pype bars en water loop mors-mors weg ens. ens. ens.

Nannie ·

Ek stem heeltemal saam. Vandat daar nie meer deur die Stadsraad gekyk word na die informele handels aspek nie, lyk dit naar tot die gedeeltes waar glad nie gesmous mag word nie.

Asjas ·

Soos alles in die land is hierdie kompetisie ook korrup … Delmas moes loshande gewen het!!

Johan Coetzee ·

Kom kyk gerus na Bloemfontein, ek dink die “dump” kom eerste met die meeste potholes, swakste water, ens.

Jaco ·

Suid Afrika is een groot gemors…ons ekonomie is rommelstatus en die stede lyk soos rommelhope…..

broos ·

dis so hartseer – ek het in Mafikeng gematrikuleer in 1993 en daai tyd het jy nie ‘n flentertjie papertjie eers gesien rondle nie :-(

H ·

Ek het ook in Mafikeng skool gegaan en woon nou weer hier! Dit is regtig hartseer om die plek te sien en weet hoe dit eens gelyk het.

Renée ·

Wat verwag ñ mens. Ñ hele paar jr terug ongeveer 20jr terug was ek daar woonagtig en was dit een van die mooiste en skoonste stede…toe Oom Lukas Mangopi nog in bewind was het die plek 100 keer beter gelyk.

Aspatat ·

Nou wat het ons anders verwag? Dis hoe die res van Afrika lyk met een of twee uitsonderings.

SO ·

Jare gelede was alles netjies want tuis was ons opgevoed om netjies op ons self en ons omgewing te wees. Ons het dit tuis en op skool geleer. Deesdae word daar oral gemors en waag dit net om iemand aan te spreek oor morsigheid dan is jy die vark in die verhaal.

Susan ·

Ek stem. Vuilgoed en papiere word langs die asblikke neergegooi. Gaan kyk maar hoe dit lyk by Taxi staanplekke, en in die midde stede. Binne ‘n japtrap word alles so vuil….. Vir ons was dit ‘n skande om as ‘n Morsjors bekend te staan.

Grassie ·

Witrivier is skoon. Paaie en parke word in stand gehou, straatligte brand, vullis word gereeld verwyder, die water is skoon. Daar is geen rede waarom alle dorpe nie so in stand gehou kan word nie.

laevelder ·

glassie wat van al die smouse wat julle dorp vol is? hulle stalletjies is n verdomde stom in n gesinde oog.

JS ·

Was onlangs in Pilgrims Rest. Wat ‘n seer oog met die hawker stalletjies by die ingang v d dorpie. Toe ons stop Pak die car washers, nut sellers en ‘car guards’ ons aan. Het gelyk soos ‘n lykskouing. Ons was basis die enigste kar in die dorp. Ons het net daar besluit om maar net deure te sluit en gery. Scary ?

CJ ·

Maroelamedia. U plaas hierdie berig (‘n persverklaring deur die VF+), maar swyg oor twee persverklarings wat gister deur die VF+ gemaak is, naamlik Dr. Pieter Groenewald se verkiesing tot die presidensie van die dagbestuur van UNPO (Unrepresented Nations and Peoples Organisation – ‘n internasionale organisaie wat hulle vir minderheidsregte beywer); asook Dr. Groenewald se toepraak in die Skotse Parlement oor selfbeskikking. U het ‘n tyd gelede ‘n meningsopname oor selbeskikking gedoen. Oorweldigende positiewe steun is daarvoor uitgespreek. U weet dus dat hierdie sake vir u lesers na aan die hart lê, dog u swyg daaroor. Groot gewag word deesdae gemaak oor fopnuus, ook deur u Redakteur. My vraag aan u is: is stilswye, wanneer mens verondertel is om te praat (te berig in u geval), nie net so ‘n groot leuen nie? Wat is u motiewe?

CJ ·

Janie. Baie dankie dat daar nou ‘n berig geplaas is. Die inhoud van Dr. Groenewald se toespraak oor selfbeskikking, is insiggewend. Hier is nuwe dryfkrag! Gaan Maroelamedia ‘n berig met detail daaroor ook plaas?

Carel Middelburg ·

Swaziland is skoner omdat daardie mense se hele houding en opvoeding verskil van die klomp vernielsugtige bakhandstaners hier by ons

laevelder ·

gaan kyk maar op die oop grond langs die Graskop(anc muni) hotel hoe daar gestort word. het een dag die tuinier van die hotel vertel dis n skade en boonop n OORTREDING. hulle kan swartsakke bekostig. toe se hy dis sy kompos. daar le nou al jare se KOMPOS. SIES die dorp en hotel maak tog hulle bestaan uit toeriste. gaan dit nou te goed net hulle? enigste strate in die dorp wat heel is, is vier wat bekend is as anc strate. maar hulle kan n R60miljoen+ venture net web vennote bekostig. hulle (munisipaliteit) kan ook bekostig om 170 gratis huise, water en munisipaledienste aan begunstigdes te gee. terwyl rou riool ook in baie strate afloop en sommige strate in donker te is aan gesien die lamppale hare gelede al afgevrot het.

kura ·

so van graskop gepraat, hoe het mense toestemming gekry om n saagmeul zmack in dis dorp te bou. bedags verstik inwoners aan die saagselz in die lug. snagz versmoor hulle in die rook vN die saagsels wat verbrand word. is dit toelaatbaar? hou die rook en stof nie gesondheidsrisiko’s in vir die inwoners nie?

Quentin ·

Ja alles gaan agteruit in die land ek kyk die ander aand nuus en sien n hofgebou wat se naam besig is om af te val . Ek meen wat kos dit om n skroef of boud in n muur te sit en n staats gebou beter te laat lyk dan nie eens gepraat van die omgewing om die gebou nie. En dan dink ek aan die weermag wat een aand op die tv was oor die barracks se vensters wat uit is die toilette wat vuil is en die gras om die gebou wat lank is . Wat het geword van die dae wat die troepe self alles moes doen in die weermag . Maar daar is mos oral mense regte en as gevolg daarvan het ons n klomp softies wat ons land moet verdedig en die wet in ons land moet onderhou. Suid Afrika het deesdae too many Ciefs and no indians en dit sal nooit werk in enige land nie. Dis omdat daar so baie ministers en departemente in die land is en almal in die land weet wat elke departent veronderstel is om te doen maar niemand weet wat hulle wel doen nie . Die rede daarvoor is almal se net my departement werk nie daarmee nie en dit het al oorgespoel in groot korperasies privaat besighede in wat jy duisende bestuurders het en niemand om die werk te doen nie . Dink bietjie oor dit en dankie vir julle tyd.

laevelder ·

grassie wat van al die smouse wat julle dorp vol is? hulle stalletjies is n verdomde stom in n gesinde oog.

Grassie ·

Laevelder – Die oorgrote meerderheid smouse is in ‘n enkele straat naby die busterminus, waar hulle toegelaat word. Ek dink hulle word goed beheer want daar is nie rommelstrooiery nie. Onthou, ons woon in Afrika en smouse sal maar altyd met ons wees. Solank daar behoorlike toesig is pla dit nie.

se ook maar net!! ·

Hulle kan gerus n draai in Virginia in die Vrystaat gaan maak!!!
Die grootste deel van SA se dorpe en stede is soos Mafekeng….die kakkerlakke woon ooorlewings klasse by,want hulle is nou n bedreigte spesie!!!!

John ·

Higiene is dus van belang. Ons moet kyk wat ons koop, waar en skoon werk met kos en drinkwater goed be-oog. Die vuilste stad… en waar is ons vuilste/swakste hospitaal? Bekende winkels pak hul produkte mooi uit, maar kyk wie produseer en laai dit af. Siektes breek reeds uit soos voelgriep, maar hoenderboere weier om die gevare te begryp… siek hoenders kan op ons tafels beland so ook ander produkte. Daar word reeds internasionaal gewaarsku dat ‘n groot uitbraak binnekort kan plaasvind (pes dus) weens arrogansie en massa-migrasie… en antibiotika ervaar ook ‘n laagtepunt.

Jeannette ·

John, die hoendergriep wat nou uitgebreek het, is nie van enige gevaar vir die mens nie. Die kans dat enige hoender wat die virus onderlede het, die vervoerproses van die “battery” na die slagpale sal maak, is baie skraal. Die groot gevaar van die huidige hoendergriep-verskynsel is infeksie onder ons natuurlike voëlbevolking. En dis logika dat higiëne groot probleme met infeksies uitskakel.

Adri ·

Dit is die kultuur wat hulle het wat nog 200000 jaar sal vat om te verander

wraggies ·

ANC gaan seker ‘n makietie reel vir hierdie besondere prestasie, hier kom die KFC tender.

Hasie ·

Ek toer baie deur SA en al die stede en dorpe in ons land onder ANC bestuur is vuil. Gaan kyk maar net na die “taxi-ranks”. Jy moet net kom kyk hoe lyk die regerings geboue in die stad waar ek woon. Stukkende lessenaars, waaiers, rekenaars, vuil mure, venters, blinders noem maar op, dit wat nie stukkend is nie is vuil. Geen RESPEK vir enige ding.

Kaspaas ·

Ja, Ek moet ongelukkig saam met al die ander mense op die Forum stem.
Dit laat n’ mens moedeloos en hopeloos voel.
Ek kyk op na die Hemel, omrede dit nou die Enigste plek is, waar ons hulp vandaan sal kom…

Andre Appelgryn ·

Vandag 62 jaar terug daar gebore. Familie het 2 plase gehad en neef was bankbestuurder. Pragtige skoon plek gewees selfs toe Lukas Magope daar in bewind was. Dit is jammer dat alles so agter uitgaan vanwee wan administrasie en korrupsie.

Hennie ·

Dis die AND se standaard. In hulle oe is daar niks verkeerd nie, soos Zuma sê hy regeer baie goed. Peteties!!

Bossie ·

Vuil dorpe is nou maar eenmaal deel van die meeste van ons. Dis makliker om vuil te maak as op te ruim. Daarvoor is die meerderheid te lui voor. Ek bly in Thabazimbi en ek moet sê ons dorp lyk al stukke beter vandat die nuwe partye oorgeneem het.

Frans Petoors ·

Ongeveer 8 jaar gelede was ek op ‘n sakebesoekaan Qwa Qwa, (Hauludi se plek), toe ek aan ‘n ou man vra, “waarom mors die mense so”, waaop hy my skeef aankyk en vra , “waar mors die mense”. Nou kan ek verstaan waarom Mahikeng so vuil is. n’ Sin vir netheid en ordelikheid bestaan ongelukkig nie in Afrika nie!

zoom zoom ·

Gaan kyk hoe lyk Hammanskraal tussen Pretoria en Warmbad. Weet nie onder wie hulle val maar dit is woes daar.

thelsa ·

Kyk maar gerus Johan Badenhorst se Voetspore herhaalprogram op KykNet dan kan gesien word hoe lyk ander Afrika stede. Ons vergelyk (vuil)goed met enige ander Afrike stad. Vir die huidige regering (Nasional, Provinsiaal en plaaslik) bestaan trots nog net in die woordeboek.

Jeannette ·

Ek kyk dit gereeld en stem saam met jou Thelsa. SA is – danksy die instroming van 100’e en 1000’e Afrikane van ander lande soos Malawi, die Kongo, Nigerië, Mosambiek en Zimbabwe – net so vuil, vieslik, morsagtig. Kyk maar gerus daardie program: dan sal jy besef dat SA 95% reeds daar is – waar netheid, orde en vrede, asook respek vir ander voorheen aan die orde van die dag is, is dit nou ‘n skaars item.

E.K. ·

Asof die spul nou ENIGSINS gaan omgee oor hierdie “eer” wat hul te beurt geval het. Solank hul kan steel en hul sakke vul is als reg.

Alida ·

Dit is al die ANC dorpe wat so morsig is. Hoe dan nou anders numba one het gesorg dat die hele land afgegradeer word na riool status !!!!!

Babsie ·

Ek bly in ‘n dorpie in die Natalse Middellande naby die Drakensberg. Ons eens pragtige dorpie het altyd bekend gestaan as “The Jewel of the Midlands”. Ons noem dit nou “The Dumpsite of the Midlands”……….

Madelein ·

Ek is eintlik skaam om te sê ek bly in Mahikeng. Maar ek is nie verbaas om te hoor dis die vuilste hoofstad nie. Daar was op ‘n stadium 2 ashope langs die skool en dan word dit aan die brand gesteek. Die kinders sukkel om asem te haal want dit stink. Strate is vol papiere en orals lê rommel rond. Die water wat uit krane kom is ook nie baie skoon nie. Lyk of daar sand in is, troebel gelerige water. Mense gooi rommel reg onder ‘n bordjie wat sê “Do not litter”. Dis regtig ‘n skande!

humor ·

Na aanleiding van bg. kommentare besef ek die vuil en morsige dorpe en stede is nie die eintlike probleem nie. Die probleem is, ons verwagtinge m.b.t. tot Afrika is onrealisties.

Gideon ·

Gaan reis in Afrika en dan besef mens hoekom die spul almal afdaal na die Suid Afrika!! Dit lyk vir daardie mense soos wat ‘n naweek uitstappie vir ons na Sun City of die Waterfront!!

latie ·

nee pta middestad is die vuilste plek en niks kan skoon kry daar nie mmmmm…….

humor ·

Maroela die kommentaar van CJ rakende die persverklarings van VF aangaande Dr Pieter Groenewald is vir ons baie belangrik en ons sal graag baie gou meer daarvan wil hoor.

D ·

Stem saam met Latie – pretoria se middestad is een vuil spul! Asblikke word op hoeke uitgegooi om kartonne, blikkies en bottels uit te haal wat hulle gaan verkoop. Die res van die gemors bly net so le vir weke en vrot. Die plek ruik soos ‘n rioolplaas!!!!!!!!!!! Kan skaars loop sonder om ‘n been te breek, orals gate gegrou en na weke uiteindelik toegegooi sonder om dit netjies te doen lyk soos molshope. Bly al 50 jaar in PTA en nog nooit iets so vinnig sien agteruit gaan nie.

Tammy ·

En die trotse wenner is………ANC beheerde Mafikeng. HA HA HA julle was n groot mislukking.

Charlene ·

Ek stem saam die anc het nou meer mense om na om te sien as in die aparheid tydperk, maar het hulle ook nie nou meer hande om hulle te help as wat die apartheid gehad het nie. Dis omdat almal nou geld verniet kry dat die hande nie meer wil werk nie dit het niks tedoen met apartheid of rasse nie die mense het eenvoudig net te lui geraak en munisipaleteite dra nou die blaam. Netheid begin by die ou wat mors

Leon ·

Die puntetelling vir die statistiek word seker bepaal deur die hoogte wat die rommel in die strate en orals lê? 1meter = 1 punt?
Weet iemand hoe dit nou in Bloemfontein lyk. My broer vertel my onlangs dit gaan net so beroerd met die dorp en sy munisipale stakings?

Magda ·

Wanneer laas was julle in Pretoria? Kom kyk bietjie hoe lyk dit in die naturlike parke ,langs die spruite ens. N uitstekende voorbeeld is die natuurliek koppie in Kilnerton straat wat vanaf Colbyn na Soutpansberg loop… daar is n hoop so groot soos n berg en dit is vullis wat deur die mense wat plastiek en karton bymekaar maak om te verkoop, daar uitgesorteer word. As mens die Metro kontak sê hul praat met die stadsraad wat jou weer terug verwys na die Metro. So wie moet nou eintlik die mense in die bek ruk? Hulle word op heterdaad betrap maar almal trek hul skouers op.
MAROELA kan julle nie bietjie n storie doen hieroor en Tshwane nader om skoon te maak nie asseblief?

Oupa Erdvark en Oupa Bosvark ·

Ons het met ‘n bustoer na Namakwaland deur Springbok gery. Deur die busvenster in die sonskyn miljoene der miljoene “glinsterende klippies” op sypaadjies gesien. Eers gedink dit is weerkaatsende vermikuliet of kwartsiete. Was geskok om te besef dit is glasstukke van triljoene glasbottels. Sal der duisende jare neem om alles te kan optel. Tragies. En dan dink die mense hulle kan ekonomies wêreldkompeteerbaar wees! Ventersdorp is nie ver agter nie.

SARIE VAN HEERDEN ·

Is na letterlik jare nou die aand deur Pretoria middestad. WAT ‘N HOOL! Weet nie of daar n vuilste stad is nie. Almal is.

Wax ·

Welkom in ” DONKER AFRIKA”. Kom kyk in Ghana en Nigeria, dan sal mens sien waar SA gaan eindig en amper al daar is. Hele land is n riool plaas, paai onbegaanbaar, geen regulasies, 90% van staatsdiens is skelm en kan omgekoop word, alle infrstrukture val uitmekaar, strande vuil en vrot, natuur parke vuil en vrot, ens……….

Frans C ·

Ek woon in Benoni ,voor die gemors was dit die juweel van die Oos Rand.Vandag sal ek dit nie in die middestad waag nie.Die hoofopskrif van hierdie week se Benoni City Times.”Marchers
trash Benoni’. Die foto op die voorblad lyk so iets uit ‘n oorlogsone.

Vandag op sosiale media ,FACEBOOK, is daar ‘n berig van ‘n dame wat agtervolg is uit ‘n bekende inkopiesentrum, ‘n paar kilometer vanwaar ek woon en dit gereeld besoek.besoek.
Rowers het haar agtervolg en haar motor vol gate geskiet toe sy nie gestop het nie.
Besoek Ria Smal Scheepers se blad om van haar nare ondervinding te lees.

Dinge ruk hande uit en ek sal niemand kwalik neem wat hul toekoms oorsee gaan soek.

Willem ·

Was dit nie die deel van die ou Bophuthatswana nie?? Geen wonder…

Annelize ·

Dis nou nie nonsens nie. Maar laat ek julle vertel, ek glo Rustenburg in Noord-Wes het net-net die eerste plek gemis.

Johanna Botha ·

Kan dit waar wees hier sit ons en dink dit is Centurion ..papiere oral , riool stroom die strate af en die strate word nie gevee nie …lyk tog of die DA nou iets begin regkry

foxi ·

Ons moet n kompetisie hou van watter dorp of plek die meeste verrot is. Want dit gaan nie so maklik wees nie…..die hele land is n ashoop!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.