Vuishou-leerling vandag verhoor

vuis

Argieffoto

ʼn 14-jarige seun van Laerskool Jim Fouché in Johannesburg wat verlede week sy onderwyseres met ʼn vuis in haar gesig geslaan het, word vandag dissiplinêr verhoor.

Gershwin Ghuenyane, ʼn woordvoerder van die departement van onderwys, het dit Dinsdag bevestig.

Maroela Media het verlede week berig die seun het na bewering sy onderwyseres, Zascia Hakkesteeg (41), in die gesig geslaan, nadat sy vir hom gevra het om ʼn trui uit te trek wat nie deel is van die skooluniform nie. Hakkesteeg is ook die departementshoof van opvoedkundige opleiding by die skool.

Die polisie is ontbied en die seun is na die Brixton-polisiestasie geneem waar daar ʼn klag van aanranding teen hom aanhangig gemaak is. Hy is daarna in die sorg van sy ouers vrygelaat.

Intussen het Beeld verlede Vrydag berig Hakkesteeg het Donderdag probeer om selfmoord te pleeg deur ʼn oordosis pille te drink. Lees meer hier.

Lees ook:
Skoolseun gee onderwyseres vuishou in die gesig
Onnie by Hoërskool Sasolburg geskiet
Video: Onnie deur leerder aangerand

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
Vas Vat

Bring lyfstraf terug. n Goeie loesing op sy tyd verrig wondere. Kyk maar in die natuur, as n klein hondjie nie vir sy ma luister nie, SAL sy hom straf/byt.

Hannetjie

Die kinders wat die onderwysers so aanrand het van kleintyd geleer dat daar nie so iets soos maniere is nie en boetie of sussie het tog so ‘n vinnige humeur.. Mamma of pappa sal maar net ‘n geldjie aanbied dan is dit die einde van die probleempie f ma net nog ‘n funksie borg of beesie slag vir die volgende sportbyeenkoms.So leer die kind sy gedrag is aanvaarbaar en mag hy of sy maak en breek soos hy of sy lus kry want pappa en of mamma sal nie die onderwysers se nonsense vat nie.Dink die arme onderwyser wat wou… Lees meer »

Amy

Nee genade man!!! So kan dit nie aangaan nie. Voeter hom net en kry klaar. O jammer… Ek het vergeet. Kinders het mos regte. Ai ai. Ag wat, hy sal oor so paar jaar in die tronk opeindig. Nog voor hy 21 is, sal hy al straf uitdien vir of aanranding, of gewapende roof.

wragtig

Gee hom net 2ure vir die kaapse vlakte seuns. Hy sal wens hy was liewer dood. Hys laer as die laagste stuk gemors. Wonder ma net wat se ouers dit toelaat. Laat n mens dink ne!!

Justi

Daardie seun kan so bly wees ek was nie die onderwyseres nie! Sou hom so hard klap dat hy dink hy is omsingel.