Vuishou-leerling vandag verhoor

vuis

Argieffoto

ʼn 14-jarige seun van Laerskool Jim Fouché in Johannesburg wat verlede week sy onderwyseres met ʼn vuis in haar gesig geslaan het, word vandag dissiplinêr verhoor.

Gershwin Ghuenyane, ʼn woordvoerder van die departement van onderwys, het dit Dinsdag bevestig.

Maroela Media het verlede week berig die seun het na bewering sy onderwyseres, Zascia Hakkesteeg (41), in die gesig geslaan, nadat sy vir hom gevra het om ʼn trui uit te trek wat nie deel is van die skooluniform nie. Hakkesteeg is ook die departementshoof van opvoedkundige opleiding by die skool.

Die polisie is ontbied en die seun is na die Brixton-polisiestasie geneem waar daar ʼn klag van aanranding teen hom aanhangig gemaak is. Hy is daarna in die sorg van sy ouers vrygelaat.

Intussen het Beeld verlede Vrydag berig Hakkesteeg het Donderdag probeer om selfmoord te pleeg deur ʼn oordosis pille te drink. Lees meer hier.

Lees ook:
Skoolseun gee onderwyseres vuishou in die gesig
Onnie by Hoërskool Sasolburg geskiet
Video: Onnie deur leerder aangerand

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Vas Vat ·

Bring lyfstraf terug. n Goeie loesing op sy tyd verrig wondere. Kyk maar in die natuur, as n klein hondjie nie vir sy ma luister nie, SAL sy hom straf/byt.

Hannetjie ·

Die kinders wat die onderwysers so aanrand het van kleintyd geleer dat daar nie so iets soos maniere is nie en boetie of sussie het tog so ‘n vinnige humeur.. Mamma of pappa sal maar net ‘n geldjie aanbied dan is dit die einde van die probleempie f ma net nog ‘n funksie borg of beesie slag vir die volgende sportbyeenkoms.So leer die kind sy gedrag is aanvaarbaar en mag hy of sy maak en breek soos hy of sy lus kry want pappa en of mamma sal nie die onderwysers se nonsense vat nie.Dink die arme onderwyser wat wou selfmoord pleeg word uitgekryt en behandel asof sy geen reg gehad het om ‘n klaagte te gaan le nie.

Amy ·

Nee genade man!!! So kan dit nie aangaan nie. Voeter hom net en kry klaar. O jammer… Ek het vergeet. Kinders het mos regte. Ai ai. Ag wat, hy sal oor so paar jaar in die tronk opeindig. Nog voor hy 21 is, sal hy al straf uitdien vir of aanranding, of gewapende roof.

wragtig ·

Gee hom net 2ure vir die kaapse vlakte seuns. Hy sal wens hy was liewer dood. Hys laer as die laagste stuk gemors. Wonder ma net wat se ouers dit toelaat. Laat n mens dink ne!!

HELENA SEABORNE ·

OUERS IS TE BESIG OM GELD TE MAAK VIR DIE NUUTSTE LUUKSE ARTIKELS EN KARRE. AFSHOW KOM VOOR DIE KIDS SE WELSTAND.

Justi ·

Daardie seun kan so bly wees ek was nie die onderwyseres nie! Sou hom so hard klap dat hy dink hy is omsingel.

HELENA SEABORNE ·

PRAAT JY JONG, HY SAL IN SY EIE SNOT VERSTIK AS EK HOM GEKLAP HET.

HELENA SEABORNE ·

KIDS KRY GEEN DISIPLINE BY DIE HUIS OF SKOLE NIE WANT DIT IS NIE TOELAATBAAR NIE. SY MOET DIE GOVERMENT DAGVAAR OMDAT SY NIE TOEGELAAT WORD OM DIE TELG I SNOTKLAP TE KON GEE NIE.

Hanlie ·

Ek weet dit is nie reg dat ‘n kind sy onderwyser(es) slaan nie. Ek onthou toe ek op skool was hoe die een onderwyser my altyd probeer intimideer het. Ek kon niks doen nie en hy sou iets vind wat fout is. Die kinders in my klas het my later probeer “beskerm” teen sy aanslae….ek onthou hoe magteloos ek gevoel het. Ek sou wat wou gee om hom te kon slaan met die vuis.
Onderwysers is nie altyd so onskuldig soos hulle voorgee nie. Sit ‘n bietjie tussen hulle en hoor hoe sleg se hulle die kinders dit terwyl hulle nie eers die kinders of hulle omstandighede ken nie.

Wilna ·

Genade Hannelie, ek wou ook baie van my onnies ‘n klap gee maar op die einde van die dag kom alles neer op respek. As die optrede van ‘n onnie veel te wense oorlaat is daar ander kanale om te volg as ‘n leerling se vuishou deur die gesig.
Kan myself net indink dat die kind sy ouers tien teen een ook aanrand, juis oor hul weet hul het ‘regte’.

Marlene Hanekom ·

Daar word baie keer gese “kyk net na die ouers dan sal jy sien waar die kind sy streke vanaf kry.” Hierdie stelling is baie ver van die waarheid af. Kinders doen soms ”slegte” onverklaarbare dinge wat geen verband hou met die manier wat sy ouers hom groot gemaak het nie. In sekere gevalle kan daar beslis ‘n vinger na die onderwyser en of ouers gewys word,maar dit is beslis in die minderheid. Tieners se hormone is ophol en hulle doen verkeerde dinge. Die grootste probleem volgens my is dat kinders geen respek het nie(want hulle het mos regte),hulle (kinders) dink hulle is geregtig op alles wat hulle wil he en dink hulle kan doen net wat hulle wil en hulle weet maar bitter min van gevolge vir hul dade,deels omdat baie ouers so sleg voel na ‘n konfrontasie/argument/straf dat hulle uiteindelik die kind beloon met die een of ander materialistiese ding om jammer te se.Kinders moet geleer word dat hulle nie die septer swaai nie,want hulle verstand is nog nie eens volgroie nie. Ouers moet weer die baas in hul huise raak en die kinders moet geneuk word as dit nodig is,dan sal hulle leer om respek te he en dat hulle aksies gevolge het.

Marlene Hanekom ·

Nee Jasper baie kinders doen goed wat glad nie in lyn is met hul opvoeding nie.Waarom word ouers altyd blammeer as kinders verkeerde dinge doen?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.