Vuiste klap in parlement

Chaos het op 13 November in die Nasionale Vergadering uitgebreek. Foto: Twitter

Chaos het op 13 November in die Nasionale Vergadering uitgebreek. Foto: Twitter

Vuiste het geklap toe lede van die polisie se openbare-orde-eenheid Donderdagaand in die Nasionale Vergadering ingestorm het.

Die polisie is ontbied nadat Ngwanamakwetle Mashabela, LP van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), geweier het om die podium te verlaat. Sy het president Jacob Zuma tydens ʼn debat as ʼn “dief” beskryf en geweier om haar uitlating terug te trek.

Sy het na nóg ʼn versoek en poging om haar te begelei, steeds geweier om die podium te verlaat. Polisielede het kort hierna opgedaag haar aan haar arms begin trek. Sy het glo geskree dat hulle nie aan haar moet raak nie.

LP’s van die opposisiepartye was woedend en het tot Mashabela se verdediging gekom. Die vuiste het begin klap toe polisiebeamptes glo die LP’s van die DA en EFF gestamp het nadat hulle tussenbeide probeer tree het.

Toe die polisiebeamptes met ʼn geskokte Mashabela uitgestap kom, het lede van die parlement se beskermingsdienste hulle aangespreek en gesê hulle het nie jurisdiksie oor die Nasionale Vergadering nie. Dit is nie duidelik wie die polisiebeamptes opdrag gegee het om in te gryp nie.

John Steenhuisen, die DA se hoofsweep, was ontstoke. “Vier van my [DA]-lede, waarvan twee vroue is, is deur die polisie aangerand,” het Steenhuisen gesê. Die lede is Terri Stander, Gordon Mackay, Denise Robinson en Dean Macpherson. Stander is glo gestamp en het op die vloer geval voordat polisiebeamptes op haar getrap het. Hy het gesê die LP’s sal klagtes van aanranding teen die polisiebeamptes aanhangig maak. “Ek dink dit is die laagste punt in die post-demokratiese geskiedenis van die land. Ons het ʼn krisis bereik.”

Die EFF het intussen gesê sy leierskap sal ʼn vergadering hou oor die pad vorentoe, maar ook aangedui dat hulle van plan is om klagtes van aanranding teen die betrokke polisiebeamptes aanhangig te maak.

Die chaos het Donderdagmiddag al begin toe ʼn onderonsie in die parlement uitgebreek het. Speaker Baleka Mbete wou die tydsduur van die Nasionale Vergadering se sitting verander en dit het tot erge verset deur opposisiepartye se LP’s gelei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Bernard Jacobs ·

Ons ‘parlement’ ontaard nou net meer en meer in ‘n derde-wêreldse sirkus en totale anargie is stadig besig om in te tree.
Is dit dalk wat die wêreld wil hê sodat hulle hul kloue op ons rykdomme kan lê

Marnus Coetzee ·

Die jillende parlementslede, wat ‘n klug! En dan noem hulle mekaar “honorable member”? Wat is “honorable” aan daardie spul? Beide wit en swart politici ly aan grootheidswaan. Dis die duurste sirkus in die wêreld en die enigstes wat daardeur bevoordeel word is die hoofsaaklik swart parlementslede, wat nou elkeen koning kraai op sy eie mishoop en hulle soos prinse en prinsesse gedra op die koste van die kreunende landsburgers. Skaf die duur parlement heeltemal af en funksioneer slegs deur parlementêre komitee’s en ondersoek-komitees wat meer professioneel na die land se belange kyk as die ideologies-gedrewe spul wat mekaar se ruggies warm vryf. Dit gaan honderde miljoene rand spaar vir die politieke slawe van hierdie land en beter regering skep.

Wilma Venter ·

Dis hoekom ons land is sy m@#r is…GEEN DISSIPLIENE. Soos wat ons “REGERING” aangaan sal daar nooit ooit weer vertroue in hulle wees nie. Hierdie pragtige land van ons gani staande bly nie. Mag God GOU kom!

Anoniem ·

As HF Verwoerd, BJ Vorster, PW Botha vandag geleef het, sou hulle net 3 woorde kon spreek: “Told you so”, met ‘n hartseer trek om die oë…

Rieks ·

Hierdie is die nuutste sepie wat amper elke dag afspeel. Die ergste is – hulle word BETAAL om so op te tree!! Skande :-(

Patat ·

Alle akteurs word maar betaal, Rieks. Hierdie is in elk geval nie ‘n sepie nie, dit is ‘n ware verhaal, en ek hou meer van flieks wat gebasseer is op ware verhale as fiksie. Ek kan nie wag vir die volgende episode nie. :-)

CAV ·

Ek dit net als as gevolg van 1 man, wat nie verantwoording wil aanvaar vir sy dade nie. Ek ook weghardloop as die moeilikheid begin

jjobson ·

Skandes,skandes-Die partye moet maar opvoeter mekaar,ons as kiesers is gatvol en het geen meer vertroue in die regering nie. Replace better life met SWAARKRY VIR SUID AFRIKANERS. Die buiteland skaam hulle want hulle sien die prez as i ZERO. SA is in y mo*r in.

CAV ·

Wel…aan die blink kant, kan hulle darm nie rasissme en apartheid vir hierdie gemors blameer nie

Gert du Plessis ·

:-) CAV toe nie… “The ANC says the DA are racist and in a “dangerous alliance” with the “fascist” EFF and are “driven by a common hatred” for the governing party.” – News24 2014-11-14 8:22

Cindy ·

As jy nie dissipliene het nie in jou skole, of in jou parlement dan is jou land in sy “glorry”. En sien dit is wat jy nou kry….sirkus… Want niks sal meer reg kom nie. ONS MOET NET BID dat GOD ons land sal beskerm…….

Lynni ·

Die “honorable members” sit net daar vir groot salarisse. Ek het gister op internet gekyk hoe hulle tekere gaan. Die een steek die ander een aan. Wit en swart. Dan sê mense daar is geen dissipline in skole nie. Kyk watter voorbeeld is die parlement.

Gerhard Bezuidenhout ·

Skande .Die persone wat aangerand is moet die witwaks uit hierdie gemors polisie dagvaar. Zuma , die man wat eintlik die oorsaak is van die ongelukkigheid sit oorsee omdat hy te bang is om verantwoording te doen vir wat hy aanvang. Ek het nooit kon dink dat so n sirkus in my leeftyd on ons Palement sal afspeel nie.

Estelle ·

Boesman ek verskil, ‘n sirkus is georganiseerd! Hierdie is “total havoc”!

Arno ·

Ek dink die opposisie is frustreerd net soos elke regdenkende Suid-Afrikaner. Ek stem nie saam met die tekort aan dissipline nie, maar “desperate times call for desperate measures”. Ons moet eerder bekommerd wees oor die feit dat die polisie buite hulle jurisdiksie optree en dat die ANC die parlement totaal en al blameer. Dit is alles behalwe demokrasie! Dit is goed om te sien dat die opposiepartye begin saamstaan hierteen.

Ghost ·

Watse grap is ons parlament nie. En waar is Zuma. Hou die hele klomp dop seker op tv en lag want hy mag mos doen wat hy wil. Hy is nie n president se naam werd nie.

Elsa Wessels ·

Die nasie PRAAT . . . miskien op die enigste manier wat hulle ken/verstaan, maar die boodskap is duidelik en almal stem minstens saam dat Zuma NIE langer die land as prezzie kan/mag verteenwoordig nie . . .

Paplepel ·

Wel, een goeie ding wat hieruit kom; nie een van die vet katte het nog weer in die vergaderings geslaap vandat die EFF betrokke is nie….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.