Vuiste klap na ligte botsing

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

ʼn Man is ernstig beseer nadat ʼn ligte botsing in Richardsbaai Woensdagoggend in ʼn vuisgeveg ontaard het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 07:00 na die toneel in Bullionlaan ontbied nadat ʼn bakkie by ʼn verkeerslig van agter in ʼn motor vasgery het. Die bestuurder van die motor het ligte beserings opgedoen.

“Terwyl paramedici en die polisie op die toneel was, het die pa van een van die voertuie se bestuurders op die toneel opgedaag. ʼn Bakleiery het tussen hom en die bestuurder van die ander voertuig ontstaan en polisiebeamptes moes die twee mans van mekaar af weg hou,” het Botha gesê.

“Die pa het baie ernstige gesigbeserings opgedoen en is op die toneel behandel voordat hy na ʼn hospitaal geneem is.”

Die voorval sal deur die polisie ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Gesiggie ·

Ai tog Pappa Beer kyk nou net wat het gebeur… n mens kan nie wil vuiste slaan, oor dat daar nou n ongeluk was, verstaan as dit nie jou kind se skuld was? maar om nou te wil ingruip en argresief te wil raak, het jou nou ook in die Hospitaal laat beland…. laat dit aan die Polisie oor, tensy jou kind skuldig was, of iets het om weg te steek…. Ek verstaan elke ouer sal vir hul kind baklei, maar daar is n tyd en plek vir als…

Snip ·

Neeeeee pappa, as jy nie kan baklei nie, bly eerder in jou voertuig en weg . Los dit vir die polisie om te hanteer. Kyk, nou het die ou jou gepanelbeat en sit jy met ernstige gesig beserings omdat jy gedink het jy is braaf. Mens kan nie dinge wil reg baklei nie.

Theresa B ·

Almal se lonte is kort deesdae. Die mensdom het vreeslik verander. Dis skrikwekkend want niemand gee meer om vir enige iemand nie. Geweld is die leuse van vandag……………………..

m ·

En wat as jou kind dalk die ongeluk veroorsaak het hé????? Mens deel nie klappe links en regs uit nie..

Dee ·

Terwyl hy nie eens in die ongeluk was nie is hy klaarblyklik die een met die ernstigste beserings.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.