‘Vulgêre en beledigende’ plakkate by UP veroordeel

Foto: Fezekile Msimang/Facebook

Die Universiteit van Pretoria (UP) ondersoek ʼn voorval waartydens manstudente plakkate met “vulgêre en beledigende” aanmerkings opgehou het tydens ’n uitdunronde van die jaarlikse Serrie-kompetisie.

Die voorval het Dinsdagaand plaasgevind, ure nadat vrouestudente teen verkragting op UP se kampus betoog het.

Rikus Delport, ’n woordvoerder van UP, het in reaksie op die plakkate gesê toepaslike stappe sal teen die skuldiges gedoen word. “Ons verwelkom die besluit van die studentekomitee, verantwoordelik vir koshuissake en verblyf, om aan die finaal van die Serrie-kompetisie te onttrek en loof hulle vir die vinnige optrede om die gedrag van die paar studente wat hulle aan die onaanvaarbare gedrag skuldig gemaak het, te veroordeel.”

Dit is glo tradisie vir manstudente om sulke plakkate op te hou terwyl vrouekoshuise voor die manskoshuise optree. Van die plakkate het onder meer gelees: “Kan ek ʼn baba in jou sit?”, “Moeg??? Sit op my gesig!!!”, “Wys my jou t***e” en “Hoppa op my to**a”.

Foto: Fezekile Msimang/Facebook

Fezekile Msimang, ’n student aan die UP en fotojoernalis, het die geleentheid bygewoon en foto’s daarvan op Facebook geplaas.

UP se tydelike studenteraad het intussen in ʼn verklaring gesê hy is teleurgesteld in die gebeure en het die plakkate as “vulgêr en beledigend” beskryf. Volgens die studenteraad is dit onaanvaarbaar dat ʼn kultuurgeleentheid soos die Serrie gebruik word om studente “seksueel te objektifiseer”.

Die Serrie-finaal is intussen gekanselleer. Die universiteit het intussen die besluit van die studentekomitee, verantwoordelik vir koshuissake en verblyf, geloof vir hul besluit om aan die finaal van die Serrie-kompetisie te onttrek. “Hulle stuur ʼn duidelike boodskap uit dat enige afbrekende en beledigende gedrag teenoor vroue nie geduld sal word nie aangesien dit nie deel uitmaak van die universiteit se waardes nie. Toepaslike stappe sal teen die skuldiges gedoen word. Ons sien daarna uit om saam met studente te werk om groter bewustheid te skep oor die verskillende vorms van misbruik.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

116 Kommentare

Cryosphear ·

Rêrig?? Word groot almal wat flippen kla oor dit. Oooeee! Dis SO verskriklik! (sarkasties)

Verstom ·

Cryosphear, sal jy die woorde in ‘n kaartjie op moedersdag skryf?
Cecilia, bedrog op in ons regering is ‘n groot probleem. Uit jou stelling neem ek aan dat ‘n wat R1,000 by jou steel nie ‘n groot probleem is nie?
Is ons groot probleme in die land nie juis as gevolg van dieselfde swak selfrespek en selfdissipline nie?

Luna ·

Cecilia: Hoe meen jy daars erger probleme in die land? Hierdie ouens het geen respek vir vroue nie en dit is beslis ‘n groot probleem! Hoop nie jy het ‘n dogter nie ….. want sal jy daarvan hou as mans sulke aanmerkings maak waar sy teenwoordig is. Myns insiens is dit die begin van ons land se verrotting.

MissDemeanor ·

Wel die “klein” probleempie kan gerus reg gestel word volgens my. Dis walglike gedrag. Dit hoort nie in ‘n beskaafde samelewing nie.

JC ·

Watter patetiese PC instansie het die eens trotse TUKS nie nou geword nie.
Hy volg nou die pad van die VSA universiteite met sy PC beheptheid.
Geen sin vir humor, kwaadstekery, stoutighede of kwetsery word meer geduld nie, dis nou die PC way of die HIGHWAY. Afrikaans ook by die deur uit, seker nie PC genoeg nie.
DIS BELAGLIK!!!!!!!!!!!!!!!!!

Mari ·

Die disrespek vir ander is onderliggend aan al die land se probleme. As my kind hom met sulke “humor” besig sou hou, sou sy Tukkies dae verby wees.

REGTIG ·

JA, regtig! Hierdie is ‘n groot probleem! Die dames op kampus hou optogte TEEN verkragting wat op kampus voorkom, en dit is die reaksie??? Daar is ‘n graad 2 dogtertjie deur 4 graad 7 seuns verkrag!!! Hierdie IS ‘n groot probleem, die mans in ons land se houding teenoor vroue IS ‘n groot probleem!

Stadskind ·

Ek stem saam met Cecilia in die opsig. Dit word aangedui in die artikel dat dit n tradisie is. Hoekom is dit nou skielik n probleem? Tradisie so maw dit gaan al lank aan en niemand het iets gese tot nou nie. Dit is nie reg om so te praat nie en ek praat dit nie goed nie. Langs my nou op die trein sit n klein dogtertjie. Ek skat haar nog nie eers 8. Alleen sonder haar ma oppad van die skool af. Na die Courtney moord is dit dié dinge wat my erger pla. En ek wens almal kan ook so kommentaar daaroor as hier. Ek dink dis wat Cecilia bedoel het

Adam ·

Ongelukkig is die tipe gedrag iets wat gereeld voorkom. Self in die 70’s toe ek op universiteit was het dit plaassgevind. Dit is ook nie net die mans wat “sleg” is nie. Baie vroue studente beklee hulle self ook nie met glorie nie. Om die jeug te beskulidig is ook ondeurdag, wamnt dit is ons geslag wat hulle die pad moet wys. Sien dit bloot vir dit wat dit is, nl iets wat as pret beskou word terwyl daar drank by betrokke is. Solank ouers te veel drink sal hulle kinders te veel drink en hulle name krater maak.

apie ·

mans wat vroue vermoor en verniel is n verskynsel wat in die laaste maande handuit geruk het. Onder alle groepe. Dit kan jy verwag met ‘n regering soos die een waarmee ons opgeskeep sit – mense weet hulle sal loskom – misdadigers vrees nie die reg nie

Carel ·

Baie baie hartseer dat toekomstige “leiers” en bestuurders so laag daal.
Hulle ken duidelik nie die Here nie

Lynne ·

Carel dit het niks met glo in die Here te doen dit is eenvoudig ongeskik, en kommin!!
Hierdie seuns het geen inbors of respek, hopelik word hulle geskors. Dit is afrikaners soos die
wat mense eerder laat ver-engels, ek skaam my dat hulle my taal praat!!!

AN ·

Lynne, jy is verkeerd. Dit alles met glo in die Here te doen. Geen Christin sal hom ophou met vuil taal of vuil vulgere grappe nie. Lees maar die Bybel wat se vuil taal moet daar nie uit julle monde kom nie.

Estelle ·

Dis hoekom alles uitmekaar val. Geen respek, geen dissipline. En dit is hoe vandag se kinders groot gemaak word.

Louis ·

Estelle, Jy is 100% reg. Om student te wees is nie ‘n lisensie om jou soos ‘n vark te gedra nie. Dit is regtig nie onskuldige student pret nie.

Willem de Klerk ·

Wat soek hierdie mense by ‘n universiteit? Solank daar geen dissipline is nie is daar wanorde.
Raak ontslae van die “mense” nou. En mag hulle nooit weer die voorreg hê om te studeer in SA nie.
Meisies, bly weg van sulke mense af!!!!

nou to nou ·

Jy sien presies wat gese word – die CLICK kinders met al hul geldjies en maaitjies-koop is DIE WAT op universiteit beland omdat Pappa dit KAN bekostig! en dan verder aangaan om Pappa se geld en naam weg te gooi!

Sandra ·

In n land waar die wit afrikaanse burgers tans veg vir hulle behoud – is dit wat ons wit afrikaanse sprekende seuns uitbeeld. Ek sit met n rooi gesig. Sies man, sies en daarby gaan ek liewer volstaan.

Ander Annie ·

Ek stem saam met jou Sandra? Dit is ook niks om op trots te wees nie. Dit kan ook nie gesien word as ‘n grap nie.

botterblommetjie ·

Sulke goed sou nie eens voorheen die nuus gehaal het nie. Dit tyd dat ons blanke volkie besef, elke woord, daad, plakkaat, fb inskrywing ens. uit konteks gehaal gaan word en opgeblaas gaan word. Nee, dit is nie mooi om sulke plakkate te skryf nie, maar ‘n student is ‘n student. Besef dat vryheid van spraak beperk is en jy elke ding, al is dit om jouself te beskerm of al bou die frustrasie hoe in jou op, te keer… ‘n grappie.. wat ook al, los die videos maak van goed totaal uit. Pleit bewusteloos as iemand jou oor iets vra of sê sommer net “sorry”… Dit ontlont situasies en haal die krag uit die baklei uit…. (hou jou uit die tronk en hof uit)

MissDemeanor ·

”n student is nie ‘n student nie blompot. ‘n Student is iemand wat veronderstel is om bietjie bo-gemiddelde intiligensie te he. ‘n Student is more se regters, dokters, prokureers en leiers. As die “room van die samelewing” so walglik optree, dan skort daar iets. Dis juis in mans koshuise waar hul “poppe kas ” speel. ‘ n Man neem ‘n meisie na sy bed en sy vriende sit in die jas en kyk. Sulke gedrag spruit uit ‘n tekort asn respek vir ander. Geen respek vir vrouens. Jy wil dit goedpraat?

Jakoba ·

Ek sien dit beslis nie as vryheid van spraak nie. Dit is ‘n blatante seksuele aanval op vrouens. Dit is het niks te doen met ‘n student is maar ‘n student nie. Ek was ook ‘n student gewees en sulke vulgere boodskappe was nooit daar nie. Sal jy daarvan hou as dit vir jou of jou dogters gese word of dalk vir jou niggie…dit is onaanvaarbaar. Ek wonder of die jogmanne dit nog snaaks gaan vind as een van hulle susters sulke boodskappe kry of nog ereger verkrag word.

Lenor ·

As dit my seun was, was sy dae as student getel. Wonder wat sê hul ouers? Dit sal baie sê oor hul opvoeding…Dit is onverskoonbaar en ek hoop die jong “manne” leer n lessie oor gevolge van dade. As hulle “mansgenoeg” is sal hulle verantwoordelikheid neem.

DD ·

Botterblommetjie ek stem saam met jou. Ek keur nie die gedrag goed nie, maar dit is ‘n praktyk wat al geruime tyd by Tuks gebeur en nog nooit was daar ‘n klag hieroor nie. Ek is ook nie bewus daarvan dat enige verkragtings by Tuks plaasgevind het na ‘n Serrie optrede nie. As jy kyk na die studente wat die plakkate omhoog hou, lyk dit regtig vir jou soos ons land se vekragters ? Ek wonder hoeveel van die mense weet daarvan dat ‘n sekere groep vroue net ‘n dag of wat vantevore KAALBORS op kampus geprotesteer het teen mans se seksuele uitbuiting van vroue. Regtig –
kaalbors in die openbaar, is dit hoe ‘n vrou optree wie respek vir haarself en haar liggaam het ? Die gemors het geen media storm ontketen nie. Ek wonder hoekom nie.

Elna Kupke ·

Kyk wat gebeur in Stellenbosch! Witmannetjie met sy borde. Hy het sy punt bewys. Ek stem nie saam met bg. Dit is “common”!! Jongmanne met die mentaliteit het duidelik net seks op die brein! Is hul daar vir studeer of lekker tyd???

Darius Els ·

Min kommentare op blad as wittes bollie aanjaag.Baie kommentare as dit oor ander sake gaan.
Ek dink ook die tolating van “wat soos varke” lyk is skandalig.
Hulle is so want FW het mos n beter SA belowe.
Wat het gebeur sedert 94 wat “goed”is? Pink FW dink mos altyd net aan 1 verskoning:n kassie wyn se uitvoer en internasionale rugby!Terwyl in SA gaan dit erger as in die hel!

Heleen ·

Dis nou wat mens orig noem. Ek sou my geskaam het as dit my kind was!

Sê net ·

Was dit my seun, het ek hom net daar uit die Universiteit uitgehaal en voltyds laat werk en deeltyds laat studeer. Werk maar vir min geld en leer die werklike lewe ken. Swak!

Ai ·

Ja, dis disrespekvol. Nodig vir die groot bohaai? Beslis nie.

Lees die hele berig en sit een en een bymekaar, hierdie is om die wit Afrikaner man net verder te demoniseer en af te breuk tot ons man’s soos die Swede raak- verfynd en opgepiep en te bang om iets te se. Dink ek oordryf? Gaan doen jou huiswerk, daar is al vir jare n sistematiese afbreuk van die manlike man deur die feministe in Europese lande en Swede is so erg dat die mans te bang is om hulle vrouens te verdedig teen die “immigrants”

MissDemeanor ·

Manlikheid is nie dieselfde as n gebrek aan respek vir vrouens nie!

antwoord net ·

kan jou belowe daar was swart studente wie pretty much dieselfde plakkate rond geswaai het. net blanke studente sn was gewys.

Okay Hoor ·

Ek sien hoe baie mense hulle opinie lewer oor hoe hierdie is om Afrikaaners af te bring. Maar as ‘n heidige student aan UP, kan ek sê dat vroue geen respek op UP kry van enige mans, afrikaans of engels. Dis nie n taal ding nie. Glad nie. Hulle weet wat hulle daagliks doen en hierdie us maarnet die minste daarvan aangesien vroue aangeval word op daardie kampus en selfs gerape word. So nee, dit is nie minimaal nie. Dis n klein deel van wat daagliks op die kampus gebeur.

Louis ·

Okay Hoor, ek hoop regtig nie bedoel dat dit ‘n teken van manlikheid is om sulke goed te doen nie? Wat sal jy doen as iemand anders sulke opmerkings makk teenoor jou vrou, dogter of suster? Dit seker vat soos ‘n MAN?

Ai ·

Ai Louis, ek is n vrou en laat ek jou vertel 20 jaar terug was dieselfde gedrag te vind onder meeste van die seuns op hoerskool. Ons het hulle geignoreer en soos pes vermy maar daar was meisies wat die aanmerkings geniet het en dis hoekom dit aanhou. Julle kan maar kerm soos julle wil leer julle dogters om hulle op hulle plek te sit anders sal man’s hulle behandel volgens wat hul toelaat!!!!!

En nee, lees weer hoor ek se nie die gedrag is manlik nie. Die laaste paragraaf gaan nie oor hul gedrag nie dit gaan oor die bohaai. Ongelukkig het Mm nie my kommentaar aan daai MissD geplaas nie want ek moes vir haar ook prentjies teken. Dis groter as net hulle gedrag. Vet weet maak julle ogies oop en kyk bietjie verder as ons grense want daai dinge is sterk oppad hier na toe en julle val hook line en sinker vir dit. As jy nogsteeds nie weet waarvan ek praat nie gee ek op. Doen jou naslaan.

Mv ·

Soos daai 2 op mekaar hang is dit dalk boodskappe aan mekaar…

Ai ·

Weet jy ekt so lekker gelag en toe gaan lyk ek na die foto… Jyt n punt beet.

hahahahahaha ·

MV en AI – kan mens dit nou beter stel.

antwoord-net, moet nou nie weer die ding wit en swart maak nie.

ongeag – dis vieslik

Sê maar net ·

Maak nie saak watter ras dit is wat die slagspreuke getoon het nie, My opinie is dat hulle geen respek vir dames het nie. Het jou ouers jou groot gemaak om vir ‘n dame te sê “wys my jou T….”
Sies man, en ja die is die mense wat verwag hulle gaan met hulle geleerdheid ‘n goeie posisie kry en die volgende generasie lei. Ek skaam my

charmaine ·

Stem saam met Sandra, ai ons ou volkie leer ook nie, ons word onder die vergrootglas dopgehou en dan gebeur dit waar wit orige seuns hulle so swak gedra. Geen respek vir vrouens, sjoe en hulle moet eendag iemand se skoonseun word en n pa van kinders. SWAK!

Ma van serriegroep ·

Wat van die meisies wat Maandagaand ook plakkate gewys het?? Straf die plakkaatswaaiers. Nie die groepe wat al vir maande oefen en soveel tyd en geld ingesit het!!!

vierkleur ·

Baie onaangenaam . Het julle nie geleer om n dame te respekteer nie?

meisies ·

nou wil ek ook net noem, meiseis van vandag is nie meisies nie…hulle trek kaal aan het n lelike houding en boon op als maak hulle hulle self goedkoop…
vandag se kinders of meisies kan nie eens kook nie ken nie die verskil tussen kool of blaarslaai nie..ken sulkes…
no wil ek weet hoe moet n man respek he vir n meisie wat haarself so goekoop maak …respek word verdien wat jy saai sal jymaai…
kry die hele storie dan kan ons vingers wys en kinders oordeel!!

Jakoba ·

Jy veralgemeen nou meisies. Jy kan nie almal sommer oor dieselfde kam skeer nie. Wat het dit met die prys van eiers uit te waai. GEEN man het die reg om sulke blantante seksuele aanvale te loots nie. Dit wys hoe min respek hulle vir hulself en mammas het.

Eish ·

Mag die seksuele objektifiseerders die volle sanksie van afkeuring fisies ervaar deur wysiging van beroepsrigting en mag hul vir die volgende dekade slegs blouvitterjoel op enige dis bestem as voeding in driedubbele maat ontvang.

Gerrit ·

En dit het die Here berou dat Hy die mens op die aarde gemaak het, en daar was smart in Sy hart…. dan vra ons die vraag(ongeag van velkleur)… hoekom leef ons in SA asof ons vervloek is? Weinig dinge is reg, in plek, in orde, dit is sonder vrede… As hierdie totale volk nie waaragtig gaan terugdraai na die ware God toe nie en hulle bekeer van hulle verkeerde weë nie… is God die Vader en Sy seun Jesus Christus se hande gebind… ons het ‘nog’ die keuse om dit te ontbind. My gebed is… dat SA sal begin reg kies en ernstig sal raak omtrent hulle keuse… Die Vader se hart IS van voorspoed, seën en vrede maar die keuse berus by die mens(ek en jy) of dit sal realiseer(ontbind word) aldan nie. Kies SA….kies…ons staan by ‘n kruispad… kies om vadersnaam reg en leef dit sodat die kruisdood nie onnodig was nie!!! Leer jou kind dit sodat ons volgende geslag Godvresend mag wees want ons huidige jonggeslag leef grootliks goddeloos…KIES!!!

Eish ·

Gerrit, daar slaan jy nou die spyker op die kop. Ons keuses het tot gevolg dat dit gaan soos dit gaan en nog reger gaan raak. Die Woord beskryf pragtig hoe dit in die laaste dae sal gaan. 2 Tim.3:1-5

Ano ·

Goeie genugtig!!! Waarmee gaan die “student” nog mee voor ‘n dag kom? Ag nee – ek is sooooo terleurgesteld in die “manne” wat sulke vieslike stellings maak. Wat my verstom – waar is daai kinders se ouers? Ek is doodseker meeste van die “manne” is nie so grootgemaak om vrouens so te minag nie.

Penellope Jones ·

Genugtig, dis skaamteloos, bitter ongeskik en onaanvaarbaar, student of te nie.

Koos1 ·

En dit in ‘n land waar die regering kondome in laerskole wil uitdeel, graad 7’s presies leer met prentjies en al, wat seks is, en die statutere verkragtings ouderdom na 12 toe wil laat sak.
Heng, die studente is maar net produkte van hulle opvoeding en ‘n spieëlbeeld van hulle regering.
Dis ook die rede, glo ek, dat graad 7 seuns ‘n graad 2 dogtertjie verkrag het!
Hiermee praat ek nie hulle dade goed nie, maar ek het wel begrip.

LB ·

My broer is ‘n man sonder tierlantyntjies, wat kan kwaad word en kan vloek ook, maar nooit ‘n vulgêre vloekwoord, maar so was ons pa en ons ma is ‘n dame, waardig en sterk. Hy gesels anderdag oor die “manne” se doen en late en ek was verbaas om te hoor dat hy sê, hy skaam hom meestal om ‘n man te wees as hy by geleenthede kom waar die manne saam gesels. Die vuil “grappe” die vieslike taal en die gevloek wat jou rooi in die gesig laat. Seker daarom dat hy sy ware vriende op sy een hand kan tel en sulke geleenthede eerder vermy. Hierdie studente met die vieslike plakkate het weer by pappa geleer van waardes, waar was die ma in die opvoedings proses want dit dui op geen respek vir die vroulike geslag? Ware opgevoede manne is aan die uitsterf. MAAR aan die anderkant, ware opgevoede dames raak ook skaarser, daar is min kuisheid, jong meisies drink hard saam met die manne en kaal kleertjies is hoog mode wat die boodskap stuur dat meisies hou van die verkeerde aandag. Daar is ‘n groot behoefte aan opvoeding en terugdraai na hoe God bedoel het ons moet leef.

Kowa ·

Die vrouens wat die “arme, onskuldige” seuns so verdedig, as die orige kanpie jou dogter uitneem vir die aand hoop ek jy laat dit toe met vrede in jou gemoed. Nee wat sies.

Kapenaar ·

Ja, waar is die dae toe ons nog in die aande by die dames koshuise gaan ser het, en hulle by ons koshuise. Toe was daar nog na die ser lekker koffie gedrink en gesels. Deesdae is alles afbrekend en ‘n gemors!! Daar is nie meer dissipline en respek vir mekaar nie, en jammer….. maar dit sluit ons blanke volkie in!!

Ria Venter ·

Waarsku asseblief die vrouens teen die “mans”, want dit is gewoonlik hulle wat nooit groot word nie, en nie verantwoordelikheid aanvaar om vir sy gesin te sorg nie. Wil net kinders maak sover hy gaan en hulle nie kos gee nie.

Bruno Stef ·

Ek keur sulke gedrag nie goed nie want die enkelinge wat hulle swak gedra word as algemeen aan die Afrikaner met sy Calvanistiese opvoeding gekoppel.Dit is vir my wel opmerklik dat diegene wat Engels alleenlik voorstaan vinnig genoeg weet wat in Afrikaans geskryf is maar andersins weer net n stok soek om mee te slaan soos die SG fotograaf dit blykbaar nodig ag om die Afrikaner te verkleineer en te veralgemeen.

Theresa ·

Presies. En, die jonges het nou gaan nonsense skryf op karton, maar hoeveel mense loop in elk geval nie met sulke gedagtes rond nie? Sou in dié geval graag wou hê perspektief van “studente pret”, “swak smaak” en “snaaks genoeg op die regte tyd op die regte plek met ‘n kamera om weer melodrama te ontketen” uitlig.

SO ·

Tyd vir verpligte diensplig ongeag taal velkleur godsdiens of kultuur.

Ekke ·

Wat op die hele aarde gaan dit help? Gaan vra enige iemand wat in die Army was oor die uitdrukkings wat hulle daar geleer het – jy sal verbaas wees.
Ek dink wel die Army het van ‘n groot klomp “mama’s boys” ten minste mans gemaak, wat in baie gevalle baie nodig was.
My opinie.

Theresa ·

Dis nou jammer. My vermoede is dat hul ook maar net so optree terwyl die groepie byderhand is. Nes vele mense in hierdie land die groep-ding doen – ten koste van respek, lewe en vryheid.
Fisikele – hoop jou kamera werk oortyd om ALLE vieslikheid op kampus vas te vang. Hoop jou lens breek as jy net fokus op sekere probleme. Wens ek kon elke jongman in die foto vra of hul ooit so sou praat met ‘n meisie. Of is dit net maklik om dit so op ‘n stukkie karton te skribbel. Koos1 jy praat waar.

weer ek ·

Hulle brand of breek niks af nie…. So wats die groot probleem nou??

Marietjie ·

Weer Ek…die groot probleem is dat dit ons blanke jongmans is wat so commin is. Moet dit nie probeer vergelyk met die res van die land se probleme nie want mens kan nie, die res van die land brand maar besef jy dat ons land se mense se hoop gevestig is in vandag se jongmense om dalk weer eendag ons land op te bou en `n toekoms vir hulle kinders te verseker. Ja hulle brand en breek niks af nie, maar ek verseker jou hulle sit ook nie daar en opbou nie!!!

al ·

Hulle is wit, daarom is die media obsessief teenoor die wittes se doen en late. Kyk wie het die plakkate op FB geplaas.
Nietemin die sêgoed is common.

Leon van Rensburg ·

Wat het geword van die respek, nie net vir die nooi nie maar haar familie ook? Ek sal sê ek en nie (ons)generasie van destyds, laat 70’s moes eers die pa en ma ontmoet en dan die oom mooi vra of ek sy dogter mag uitneem.
Vandag doen die kinders nes hulle wil. Vraag, slegte dissipline van die ouers wat maar net ‘n kind toelaat wat hy/sy wil; of die weerbarstige kinders? Weereens, dissipline en opvoeding!

Carel ·

Baie mooi gestel Gerrit. Daar is duidelik nog opgevoede mense wat soos ek voel – skaam vir my mede blanke afrikaners

foxi ·

Ek verstaan NIE!! Hoekom moet alle grappe altyd onder die ‘BELT’ wees………….

Marietjie ·

Ek dink nou regtig nie dit is snaaks nie man, is goedkoop en commin!!! Dit is so jammer ons het nie meer `n weermag om ons seuns dissipline te leer nie want ouers weet blykbaar nie meer hoe om dissipline en respek by hulle in te boender nie, dis mos kindermishandeling!!! Nee wat kyk, mense met ordentelike inherent goeie morale waardes sal nie so commin wees nie.

Anoniem ·

Ek hoop hierdie snuiters se ouers onttrek alle finansiële steun en sit hulle op straat sodat hulle kan grootword instede van hulself soos varke by ‘n universiteit gedra. Skors hulle, ondankbare “brats”!

n bekommerde mamma ·

As my seun dit vir n meisie se of wys sal ek baie teleurgesteld in hom wees. Ek verstaan hormone en parties is deel van universiteit maar regtig waar. Dis nie hoe n man n meisie hanteer nie. Seuns, julle weet wat is reg ek verkeerd. En jammer maar dit is lelik, vulgêr en verkeerd.

Ekke ·

Ek het na die foto’s op FB gaan kyk – en ek moet erken ek het lekker gelag vir ‘n paar van hulle. Ek weet dit is lelik, maar mense, dink julle dit is die eerste keer wat dit gebeur? As jy na al die foto’s kyk, lyk dit vir my of hulle op die plek sit en skryf, en dan die papiere in die lug ophou. Ek wens Maroela Media wys die plakkate wat die meisies geskryf het ook – oppas, dit was dalk verder onder die belt. ‘n Student is ‘n student – die enigste ooreenkoms met ‘n mens is hulle voetspore. Almal wat so gal braak – gaan vra vir jou pa / boetie / oom die gesegdes wat hulle in die Army gebruik het? En dit al van die 50’s af. Hierdie is niks nuuts nie – as daar FB was in die goeie ou dae van nasionale diensplig het daar ‘n paar kommentators jare terug al hulleself hartaanvalle gegee. As dit my seun was, het ek sy kop goed gewas – maar behou asseblief net perspektief.

Waarheid ·

Hi Ekke. Dit wat jy sê is heeltemal waar, dit het in die verlede ook gebeur, maar in die verlede het mense ook ander as slawe aangehou… In die verlede was daar dieretuine waar mense uitgestal is… Die ouer garde het ook hulle vroue geslaan wanneer hulle “ongehoorsaam” was. Dit was die norm… Maar ONS weet van beter! Ek vat baie min lesse van ons voorvaders, hulle het baie foute gemaak. Dinge wat in die ou dae “OK” was is nie meer nie! En om te sê die gedrag moet aanvaar word omdat ons Oupas dit in die Army gedoen het… hahaha regtig??? Dit is ‘n kultuur probleem met Afrikaner mans (nie almal nie, maar sommiges) en dit moet ent kry!

Kooa ·

Net so!
Kom by mense.
Kalmeer en gaan drink n dop.

Dis maar net lawwegeit.
Dit gebeur by alle universiteite oor die wereld.

Ek wonder ·

‘Meisies’ jou veralgemening is darem baie grof. Ek dink jy beweeg en fokus waarskynlik op die ‘verkeerde vrouens’. Net soos ordentlike meisies hopelik nie sal meng en geassosieer wil word met die bogenoemde manne wat so walglik optree nie. Sies julle toon geen integriteit nie en verdien niemand se respek nie. Julle is studente, dus volwassenes, maar wat soos wanaangepaste kinders optree! Daar is gelukkig baie goed opgevoede jong manne wat nie deur hierdie klomp verteenwoordig word nie.

Franna ·

Stem saam dis heeltemal verkeerd. Is net jammer dat die soortgelyke plakkate wat die meisies vertoon het toe die seuns serrie groepe opgetree het nie die nuus gehaal het nie!

Danie ·

Dit is steeds vulgêr. Maar dit was dalk in reaksie op dieselfde vulgêre gedrag van die betogende dames studente. Die meeste studente kan glad nie onskuld vlerkies opsit nie. Dit kan nogal help indien daar oor beide kante berig word.

Ons is nie almal so nie ·

Dis geen wonder ons Afrikaners word as sekere stereotipes gesien nie…dis walglik en skandalig…ek wonder hoe voel die arme ouers vd sotte wat die fotos sien en wat ten duurste studie lenings en univ fooie betaal. Dis ooglopend vd fotos dat daar drank ook betrokke is. Gelukkig kan hul nie hulself die reg toe eien om te se hul is my of my familie se toekomstige verteenwoordigers/leiers nie. Om nie eers te praat van respek teenoor vrouens nie. Gelukkig is ons nie almal so nie en werk baue hard om die stereotipe siening van die Afrikaner te verander. Jammer sotte soos die breek al die goeie werk af met n paar happe alkohol

humor ·

Gerrit op dit wat jy se, se ek in groot hoofletters AMEN!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!1

Kollie ·

Ag asseblief tog, dis studente en obviously bedoel om snaaks te wees. Ek is seker daar is van die meisietjies wat veel smeriger gedagtes het. Die korrekte optrede uit ‘n studente oogpunt sou wees dat die dames op hulle beurt sulke plakkate gemik op die mans maak om hulle “terug te kry”. Dan is almal happy en het almal pret, wat dit veronderstel is om te wees.

Franna ·

Kollie, die dames het dit ook gedoen maar is nie afgeneem nie of fotos word nie in media geplaas nie. ‘n Dame het by Boekenhout serrie ‘n plakkaat gehad met:

“Ek sal like om op jou Eiffel te sit”

Danie B ·

Dit is jammer dat ons hierdie kamstige studente eendag mans moet noem. Op die oomblik skiet hulle ver te kort om eers studente te wees. n Student is iemand wat geleerdheid het en eerstens moet weet hoe om teenoor sy medemens en veral vrouens op te tree. Hulle is niks anders as onopgevoed en walglik.

Moeg ·

Ek wil ook net se ek skaam my vir hierdie gedrag van die studente. Dit is onaanvaarbaar vir sulke opmerkings. ek dink ons hele land is siek en dit het gekom toe ons ons grense oopgestel het en geen weermag het nie. daar is geen respek nie. Ek onthou toe ek nog jonk was het ek geleer jy is soos n hoender kuiken wat groot word. toe jy laerskool toe gegaan het het die standerd 5 jou beetgekry. Toe jy hoerskool toe gegaan het het die matrieks jou gekry want jy het gedink jy is nou groot en toe is jy terug grond toe gebring deur die jare het hy gegroei. Na matriek is jy of weermag /polisie of universiteit toe daar het die korporaals /sersante jou gekry end in die universiteit het die finale jaars studente jou terug gebring aarde toe. dit het jou groot gemaak en respek vir ons medemens en vrouens gekry. ek onthou as ek daardie tyd in uniform was en n ou tannie het oor die straat gestap het jy haar gehelp uit respek on n verwagtende vrou verby jou loop het jy haar gesalueer uit respek. ons land sal nie verander as ons nie ophou om mekaar aftekraak en sleg te se nie maak nie saak watter kleur ras of geslag jy is nie.

NS ·

“Dit is glo tradisie vir
manstudente om sulke
plakkate op te hou terwyl
vrouekoshuise voor die
manskoshuise optree. ” Hoe lank al is hierdie ‘n tradisie? Nou ewe skielik is dit nie toelaatbaar nie?

amvi ·

Plain common! Dis gewoonlik wat jy kan verwag van die ongewilde “losers”. Sal enige iets doen vir ‘n bietjie aandag.

Lynette Schultz ·

WALGLIK!!! En NET SO WALGLIK is diegene wat glo ‘daar is groter probleme in die land’ en nie verstaan dat daar so ‘n herrie hieroor losgebars het nie. En as die redes waarom hierdie optrede as walglik bestempel word, verduidelik moet word en ook waarom dit AANGESPREEK moet word, wel, dan mors ons asem. As jy in jou diepste WESE dit nie verstaan nie, sal jy dit NOOIT verstaan nie. Ek is bevrees daar is nou maar eenmaal erdepotte en fyn porselein. Jy is OF die een OF die ander. Ek is net verslae….

Geskok ·

Dit gaan my verstand te bowe dat daar mense is wat hierdie tipe gedrag goed praat! Skaam julle! Dit is nie ‘n grappie nie, dit is ‘n aanval op vroue. Dit praat verkragting en aanranding goed. Dit maak ons vroue, dogters en kleindogters seksuele objekte. Geen man wat sy sout werd is sal ooit so “grappie” teenoor ‘n vrou maak nie. Hierdie is presies wat fout is in ons samelewing, mense het nie respek vir mekaar nie. Hoe kan ‘n mens so iets goed praat? Of sê dit is nie ‘n “big deal” nie.
As ‘n ouer van ‘n dogter word jy aangesê om jou dogter te waarsku teen sulke seuns, om haar te beskerm, maar waarom word die ouers van seuns nie aangesê om hulle seuns maniere en respek vir vroue te leer nie? Ek glo ‘n ouer van ‘n seun het meer verantwoordelikheid om ‘n goeie man groot te maak, maar tog het sommige seuns se ouers ‘n houding van “boys will be boys”. Dit is die probleem met hierdie samelewing! Dit is nie “OK” nie!

sonnetjie ·

Sies man. Dis siek. Jy wat sê dis niks het duidelik nie n dogter nie. Jy wat sê dis omdat hulle velle wit is…RERIG!!! KOM BY!!! Geen mens met selfrespek vir homself sê sulke goed of skryf dit op n plakaat nie! Waarheen gaan ons arme blanke volkie???
Ek is sowaar gewalg.
Dabkie UP!!! HOE STRAF JY N STUDENT…VAT SY PRET WEG!

sonnetjie ·

“dankie”
Ek is so kwaad ek kyk nie eens dat ek die regtig knoppies druk nie

Bs ·

Vulgêr is al so oud soos die berge, is vandag nog hier en gaan vir altyd hier wees. Mense moenie naief wees en dink hy/sy gaan ‘n kind groot maak en dat sodanige kind nooit eendag iewers in haar of sy lewe vulger gaan praat of optree. Dis ‘n mite….. gebeur gaan dit gebeur ongeag die geslag.

HK ·

Vandag se jeug het ons gebede nodig – die toekoms van hierdie land walg my…

Rianto ·

Intressant waar die beginsel heen is van hanteer ander soos jy hanteer wil word. Ongeag van tradisie! (slegte tradisie die as dit so is) geslag, ras, taal, inkomste groep, opvoeding, en studie rigting. Sonder om te veralgemeen….Om n student te wees gee jou nie nie n vrypas om vulger te wees nie… manlik of vroulik. Sou daar nie opgetree word nie is dit goedkeuring van die onsmaaklike en onopgevoede gedrag. Sou jy dit verdedig en regverdig is dit tyd vir ernstige introspeksie….

Klopper ·

As pa en man skaam ek my dood as een van my seuns hulle ooit so barbaars gedra sonder respek vir hulleself en dan ook vir ander. Opvoeding my maat! Die bloetjies het nie meer ‘n kompas nie. Hulle eie pappas gooi seker net brannas en vertel vulgere grappe om die vuur sodat hulle soos alfa “males” kan voel. Boetie sien, boetie doen. Onopgevoede nikswerd studente wat nie op ‘n universiteit hoort nie!

Tinka ·

“..eens trotse instansie..” JC, is sulke gedrag iets om op trots te wees? Sal jy dit aanvaar as iemand dit vir jou vrou of dogter sê? PC instansie? Is respek vir jong meisies ‘n PC korrekte ding of is dit goeie opvoeding. Duidelik het jy by Tuks geswot…geen respek vir vroue.

Andrea ·

Regtig? Mense, jul ruk die eend onder die dam uit!. Weet julle hoe praat tieners in gemengde geselskap? Die studente se plakkate is nie so vreemd nie.

Sputnik ·

Uiters swak gedrag wat waarkynlik spruit uit swak opvoeding en agtergrond! Ek sou my geskaam het net om in dié mense se nabyheid te wees.

Bossie ·

Meisies… Moet ASB nie veralgemeen nie! Daar is nog pragtige jong vroue en mans in ons land. My dogter heg baie waarde daaraan om haar met opgevoede, ordentlike vriende te omring. En daar is baie. Sy kook ‘n hond uit ‘n bos, baie beter as ek, maak die heerlikste nagereg, sy drink af en toe ‘n glasie wyn, werk hard as (apteker intern), is doelgerig, lê nie dronk nie, slaap nie rond nie, ens. Daar is nog baie sulke meisies en manne daarbuite. Moet hul ASB nie so beledig nie. Hul verdien dit nie. Soos ek sê jy kies self jou kringetjie…

Adri ·

Hou asb op om die REGERING die skuld te gee vir als. Hierdie sogenaamde mans met hulle afbrekende plakkate. Het hulle in Zuma of Mbeki of Ramaphosa se huise groot geword? Nee. Dis die ouers, en hulle alleen, se plig om kinders groot te maak met respek, selfrespek, dissipline en dies meer. Moenie ‘n flop generasie voor die voete van die regering le nie, le dit aan die voete van onbetrokke ouers en ouerhuise waar almal doen wat hulle wil. Woorde wek. Maar voorbeelde trek.

Elmarie ·

Sjoe dis hartseer dat mense so laag kan daal – geen selfrespek en basiese respek vir ander nie. Ek sien nou geen studentepret in sulke goed nie. Jammer die morele standaarde het al gevorder tot waar dit gevorder het in die samelewing. Iets ontbreek in die opvoeding van hierdie mense.

Susan ·

Ek stem, dit is onvanpas en praat dit glad nie goed nie, maar die seuns is ongelukkig nou op die voorblaaie en die meisies wat maar ewe lekker saamgespeel het, speel nou onskuldig, maar ongelukkig is daar ‘n klein groupie mans en vroue student wat vulgêre uitlatings maak om aandag te kry. Ons met dogters wil altyd hulle naam hoog hou en ag kom ons wees eerlik met mekaar, daardie girls wat so streng groot gemaak was, is die eerste wat se morele waardes uit die deur waai as hulle uit die huis gaan studeer. Party maak plakkate en party kom huis toe met ‘n baba en party, ek gaan dit tog sê, huil verkragting na hulle seuns uitlok. Ja nie al ons kosbare engel dogtertjies is so nie, maar glo vir my dit is realiteit. Dit het regtig niks uit te waai hoe jy jou kind grootmaak of beskerm as hulle in die huis is nie, maar wanneer hulle “vry” is, dan toets hulle alles uit, aangesien dit regtig net in totale onskuld gedoen word, skrik hulle hulle alies af as daar gevolge is. Ek beledig niemand, dit is realiteit van die lewe. Natuurlik is ons almal se kinders die soetste, mees opgevoede en mees dierbaarste en wat ook al, maar as ‘n nagedagte, dank die VADER, daar was nie digitale kameras in ons tyd nie

Rooiman ·

Dis ook gewoonlik net n paar vrot appels in die mandjie, maar hulle maak die hele mandjie onsmaaklik. Dit bly jammer dat boereseuns so optree, maar dit wys maar net hoe hulle uitrafel as hulle onder ma en pa se dak uit is. (Praat ek met groen koring op die lande…)

Onrustig ·

En weereens wen die polariseerders op TUKS. Is Al die ware feite werklik deurgegee op sosiale media en die deur die MEDIA? Wat van die meisies wat plakkate swaai? Jaar na jaar swaai studende die plakkate. Hoekom is hulle nie TOE al in die bek geruk, gesissiplineer en daarop gewys dat hulle vulgêre gedrag aanstoot gee nie? Hoekom Nou – twee weke voor EKSAMEN.
En nou is daar optogtogte en stakings op die oomblik by TUKS. Op sosiale media word serrie as ‘n WHITE-PRIVILEGE -TRADITION afgekraak en wit seuns nou “ge-demoniseer”.

Wat betref die Serrie-kompetisie – daar word met bloedsweet, baie lag en baie trane, BAIE HARD gewerk deur al die deelnemers – SWART en WIT as ‘n SPAN, om te WEN. Hulle sing SAAM in Afrika tale, Afrikaans en Engels.
Dit is jammer dat TUKS, NOU – Nadat almal so hard gewerk het, toegee aan druk, en SERRIE kanselleer. Tree dissiplinêr op teen die SKULDIGES – studente met vulgêre plakkate! Hoekom ‘n hardwerkende, onskuldige deelnemer straf?
Die boodskap is duidelik: TUKS stel nie belang in die regte van onskuldige studente nie, en sal slegs toegee aan populistiese drukgroepe. Hoeveel Wrewel Kweek TUKS hier? TUKS is beslis nie die wenner nie.

DD ·

Onrustig, jy slaan die spyker op die kop. Die meeste wat hier gal braak reageer op hoorsê. My kind studeer tans aan Tuks en dis ‘n meisie nie ‘n seun nie. In drie jaar het sy nog nooit kom kla dat sy verneder gevoel het deur enige wit mansstudent se gedrag teenoor haar nie. Hierdie gaan oor baie meer as net die plakkate – daar is ‘n ander rede agter alles, want serrie is te wit volgens hulle. Tuks bestuur gee toe aan minderheidsdrukgroepe, ten koste van duisende ander onskuldige studente. Tuks bestuur julle het ‘n verleentheid geword vir julle oud studente wat help bou het aan die instansie wat julle WAS.

Delene ·

My 3 is ook by tuks en nou wonder ek, 2 van my 3 kinders (2 seuns) was voorbeeldige studente, my dogter uit dieselfde huis, het in haar 2e jaar regtig nie geweet hoe sy swanger geword het nie, want sy was nooit by kuiers ens nie. Ek stem saam met Susan, dit is nie hoe jy jou kinders grootmaak nie, dit is hoe hulle kies om hulle Vryheid te vier. Dit is waar die groot problem lê. Dit is ook nie die Universiteit se plig om ons kinders op te pas nie. Daar word baie gedoen om ons kinders veilig te hou en ja, al was hierdie plakkate “onskuldig”, was dit onsmaakvol.

Rooiman ·

SWAK! Studente is studente, maar hierdie is onaanvaarbaar. Duidelike voorbeeld van die verval van ons volk.

Anoniem ·

Dit is so jammer dat ons jeug se moral tot so laagte en onbeskaamde vlak moes daal. Wie blameer jy ? Die ouers ,die skool,die universiteit of n ander persoon. Ek en dit is my mening is dat n kind se opvoeding sal sy lewe vorentoe weerspieel. As ouers wat met die doop wat so plegtig beloof het dat hulle die kind sal grootmaak in die huis van die Here dan sal daar minder sulke walglikke ding gebeur. Vir die wat aan hierdie aktiwiteite deelgeneem het wil ek net se dit is walglik en jy/sy is net so walglik.

sp ·

Hierdie gedrag is totaal en al onaanvaarbaar en n absolute skande.Ek wil net graag weet waarom die media nie ook die storie dra van die dames met soorgelyke plakkate nie,dit kom neer op selektiewe beriggewing.

Erich ·

Watter uiters swak gedrag – as jy nie respek het vir ander mense nie het jy nie eens respek vir jouself nie,

Speedguard ·

En dit Dames en Here is waarom die studente nie toelating gekry het om op/by Maties te studeer nie, nuf said !!

Chekoree ·

Ek wonder nogal of die kranige studente fotojoernalis ook die fotos sou plaas as dit nie WlT studente was nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.