Vullistrok val in sinkgat in Carletonville

(Foto verskaf deur die VF Plus)

Die Merafong- plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) se onvermoë om die sinkgate wat meer gereeld voorkom te rehabiliteer, stel lewens en eiendom in gevaar.

In die jongste voorval het ʼn vullistrok in ʼn sinkgat in Caledonstraat, Carletonville geval.

Ben van der Berg, VF Plus-raadslid in die Merafong- plaaslike munisipaliteit, sê ʼn klein sinkgat het twee maande gelede ingeval waarna die munisipaliteit die gebied afgesper en ʼn vrag grond 15 meter voor die gat gegooi het om te voorkom dat water daarin vloei. “Merafong het sy onderneming om die sinkgat te rehabiliteer, nie nagekom nie. Die sinkgat het intussen vergroot nadat ʼn vullistrok daarin beland het.”

Die VF Plus het reeds twee jaar gelede die munisipaliteit gevra om dadelik met die rehabilitasie van sinkgate te begin. Daar is ook gevra om die rioolinfrastruktuur te herstel en op te gradeer aangesien riool in die sinkgate lek en die probleem vererger.

“Rioollekkasies kalf die wande van die sinkgate uit en beland in die ondergrondse watertafel wat die vorming van sinkgate kan aanhelp soos in gedeeltes van Khutsong wat op dolomitiese grond geleë is,” voeg Van der Berg by. “Sedertdien is vyftien sinkgate in Khutsong opgemerk en die munisipaliteit moes 200 gesinne wat in Hop-huise gewoon het, hervestig nadat sinkgate onder en langs hul huise gevorm het.”

Die munisipaliteit het ʼn bedrag van R118 miljoen en ʼn verdere R49 miljoen van die Gauteng-provinsie ontvang vir die rehabilitasie van sinkgate in die gebied.

(Foto verskaf deur die VF Plus)

Van die sinkgate is egter net met klip opgevul en geen verdere rehabilitasie of opgradering van infrastruktuur het plaasgevind nie.

“Die ANC-beheerde Merafong-munisipaliteit word al vir jare wanbestuur en fondse word nie reg aangewend nie. Die infrastruktuur is substandaard en die munisipaliteit sukkel om basiese dienste te lewer. Die VF Plus gaan sy druk op die munisipaliteit vergroot om sinkgate behoorlik te rehabiliteer en antwoorde te verskaf oor hoe en waar die geld aangewend is.”

Die party sal ook die provinsiale wetgewer vra om na vore te tree om die situasie te bestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Burgermeester ·

Ek neem aan die “PotholeFixGP App” wat die Gautengse departement van paaie en vervoer bekendgestel het, nog nie aktief is nie?

LeanetteS ·

Dit is aktief, het gister n sinkgat rapporteer, en die App vra tot n foto… Maar heellaas, of die Gautengse Departement reageer en werk daarvan maak, moet eers nog gesien word…

Cherokee ·

re:
Die munisipaliteit het ʼn bedrag van R118 miljoen en ʼn verdere R49 miljoen van die Gauteng-provinsie ontvang vir die rehabilitasie van sinkgate in die gebied. Die geld is nie daarvoor gebruik nie.

Die fondse is dus gebruik vir ander redes as waarvoor dit gegee is. Indien die geld bedrieglik aangewend is, dan is dit mos bedrog. Geen ander manier om dit te bestempel nie.

Rooikopheks ·

Ek weet ek moet nie lag nie, dit is nie ń April grap nie….maar bestaan daar nog dorpe in ons land waar daar nie sinkgate of riool pad af loop nie?

Cathy ·

“Potholes” in Randfontein en tussen Randfontein was al in 2010 aangemeld. Daai gate was so groot soos swembaddens en boere in die omgewing het langs die pad met hul trekkers rybare paaie gemaak.

Regering besef ook nie dat as dit so hard reen, vul daai gate op en kan mens nie sien daar is ‘n krater nie en ek is seker daie mense het al so verongelik. Beste wat Randfontein Munisipaliteit gedoen het, was om met 10 mense net ‘n paal in die grond te steek wat se “Potholes”, verder niks gedoen nie. Swak!!

Faraway ·

Wat van iets produseer/maak wat vinnig in enige gat gegooi kan word wat opswel en uitsit en als vergemaklik!

absoluut ·

politikus vir elke gat kan werk ja, hulle swel uit van al die geld

Hasie ·

Die geld Ry rond in luuksheid en eet uit in luukse restaurante ….die plaaslike KFC word goed ondersteun ….

Harley Davidson ·

Dit is wat gebeur as jy die hekwag in beheer plaas van die maatskappy die maatskappy gaan onder en dit is nie die hekwag / ” ceo se skuld nie maar die persoon wat hom daar geplaas het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.