Vullisverwyderaar se arm beland in vullistrok

Die vullistrok waarin die man se arm beland het. (Foto: Netcare911)

’n Vullisverwyderaar is Dinsdagoggend met ’n helikopter na ’n hospitaal vervoer nadat sy arm in die hidrouliese vullispers van ’n vullistrok in die ooste van Pretoria beland het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici is omstreeks 08:22 na Mooikloof Glen ontbied waar hulle met hul aankoms ’n ernstig beseerde vullisverwyderaar aangetref het.

Die man se linkerarm het in die vullistrok se hidrouliese vullispers beland terwyl dit toegegaan het.

Die man is op die toneel gestabiliseer terwyl die stad se brand-en-reddingsdienste gespook het om sy arm met behulp van hidrouliese toerusting te bevry.

’n Helikopter is weens die aard van die man se beserings ontbied en hy is na ’n spesialiskliniek gevlieg vir mediese behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JohanEtz ·

Gesoute vulliverwyderaars deursoek sakke alvorens dit in die bin gegooi word…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.