Vullisverwyderaars betoog in Durban

Argieffoto

Argieffoto

Ongeveer 200 munisipale vullisverwyderaars het Dinsdagoggend spitsverkeer in Durban ontwrig.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê ongeveer 200 werkers van Durban Solid Waste, wat verantwoordelik is vir vullisverwydering en herwinning, het op die Mangosuthu-hoofweg in Umlazi naby die Megacity-winkelsentrum betoog.

Zwane het gesê die polisie het die situasie gemonitor. “Geen skade of beserings is dadelik aangemeld nie,” het hy bygevoeg.

Tozi Mthethwa, woordvoerder van die munisipaliteit, het gesê beamptes van die munisipaliteit het met die betogers vergader. Volgens haar is die betogers werknemers, wat aangestel is kragtens die uitgebreide openbare werke-program. Sy het gesê die betoging het tot ʼn einde gekom kort nadat daar ingestem is dat “lede van die stad se leierskap” binnekort met die betogers sal vergader.

Mthethwa het nie aangedui wat die betogers se griewe behels of wanneer die vergadering sal plaasvind nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Wettige staking? Polisie ‘monitor’ die situasie. Wonder wat sou gebeur as ek en my maters in die plek van die stakers was?

Snip ·

@Wat-ek-lees, ons ken daai antwoord. Hulle kom net absoluut weg met alles. Dis `n grooooot gemors.!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.