Vulstasie-aanranding: Albei broers vas

Beeldmateriaal van die drie mans by die vulstasie.

Beeldmateriaal van die drie mans by die vulstasie.

Die twee broers, wat daarvan verdink word dat hulle ʼn 68-jarige man so erg by ʼn vulstasie buite Rustenburg aangerand het dat sy hele gesig van sy onderste kake boontoe oorgebou moes word, is in hegtenis geneem.

Die broers, onderskeidelik 29 en 32 jaar oud, het hulself vandeesweek aan die polisie oorgegee nadat beeldmateriaal van hulle wyd op sosiale media versprei is, met ʼn gepaardgaande beloning.

Sers. Ofentse Mokgadi, ʼn woordvoerder van die Noordwes-polisie, het aan Maroela Media bevestig die 32-jarige man het Donderdag in die Rustenburg-landdroshof verskyn, waarna die saak tot 29 September uitgestel is. Hy bly in aanhouding. Die 29-jarige man sal na verwagting vandag [Vrydag] in die hof verskyn.

Jan Minnaar se vordering 'n week ná sy operasie.

Jan Minnaar se vordering ‘n week ná sy operasie.

Maroela Media het vroeër berig die slagoffer, Jan Minnaar, pa van die countrysangeres Mari Minnaar, is op 9 September voor sy twee kleinkinders aangerand.

Drie mans het glo by die stasie amok gemaak en onder meer op twee vroue, wat ook kinders by hulle gehad het, geskree en hulle geïntimideer. Minnaar is deur twee van die mans, wat broers is, aangerand toe hy glo tussenbeide wou tree om tot die vroue se redding te kom. Die mans het in twee voertuie van die vulstasie af weggery.

Minnaar is ná die aanval na die Life Peglerae-hospitaal geneem waar hy in die waakeenheid opgeneem is. Albei sy wangbene is vergruis en sy neus en oogkaste gebreek. Hy moes ʼn operasie van vyf ure ondergaan om die skade aan sy gesig te herstel. Sy wangbene is opgebou en sewe plate moes ingeplant word om sy gesig op te bou.

Hy is verlede Woensdag uit die hospitaal ontslaan en sterk tuis aan.

OPVOLG: Vulstasie-aanranding: Erger aanklag teen broers

gys martin coetzee

Die twee verdagtes, Martin (links) en Gys Coetzee. Foto’s: Via Facebook.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Kiepie ·

Wat is jou punt Wilmien? En nee, jy sien verkeerd, daar is 3 blankes en 1 nie-blanke op die foto.

Asseblief ·

Wilmien asb, dit maak nie ‘n flippen hel saak watter kleur hul is nie, wat saak maak is, jy rand nie ‘n ou Oom so aan nie en verder ntimideer jy vrouens en kinders nie. Dit is hoekom dit gaan soos dit gaan, almal wil net ‘n kleur punt bewys, dit moet gaan oor reg en verkeerd. Geen mens het die reg om iemand te intimideer of aan te rand nie. Werklik worry meer oor mense so wreed is op ‘n weerlose Oom!!!!

M ·

Ek stem 100% saam met jou Asseblief. Of jy wit, geel, swart of pers is ons almal word geraak deur lae luise soos die, RAS speel glad nie n rol nie. Wilmien dis 3 blankes, soos ook genoem is in die artikel was hulle 3 in 2 verskeie karre, ek dink nie almal by die vulstasie kon wit wees nie so dit kon n verby ganger wees…dit beteken nie hy was betrokke met die slaan nie…

Yvonne ·

Ek hoop geen prokureur of staats prokureur gaan vir die twee lafaards optree nie. Om n ou mens wat sout van die aarde is voor sy kleinkinders so aan terand verdien hulle om lewens lank te sit. Glo die manne indie tronk wag vir die twee.

Johan Esterhuizen ·

Nou kyk nou seker bang dat hulle ook biki getimmer sal word. Gaan nou seker drank die skuld gee en al daai mooi gud

lynette ·

Hoop hulle kry wat hulle toekom. Ek is so moeg van psigopate wat grootmeneer is wanneer hulle hulle wreedhede op ou mense, vroue, kinders en diere, almal weerloos, uithaal. Sal nooit met hul eie portuur skoor soek nie en is so braaf wanneer hulle meer as een op n slag is.

Anoniem ·

Drank moenie ‘n verskoning wees nie, eerder verswarende omstandighede. Kla hulle sommer ook aan van “bestuur onder die invloed van drank” as hulle dit as verskoning wil gebruik.

Uvonka ·

Hip hip hoera! Wonder of hulle nog so “wintie” sal wees in ‘n sel. Die brekers gaan ge-breek word.

Linda ·

N Voorspoedige Herstel Oom hulle gaan kry wat hulle toe kom
Xxxx

Piet Pompies ·

Die twee manne het in muise verander nadat hulle die ouer person aangerand het deur agter mamma se rokspante te gaan wegkruip.

Anna ·

Baie sterkte oom. Hoekom moet die dogter se naam heeltyd genome word, geen idee wie sy eers is nie

Cherokee ·

Goeie vraag Anna. Dit gaan mos oor hom en nie oor sy dogter.

Se maar net ·

Hoe is dit dat die polisie hul nie kon aankeur nie , hul hul self gaan oorgee . Dit is baie te se oor ons polisie diens

Lilla ·

Voor enige iets ander hoe is jy groot gemaak as jy jou hande lug vir n grootmens. Baie ontstellend

Ag Asseblief ·

Nou word die polisie ook weer sleg gesê as jy nie als weet moenie kommentaar gee nie hul het weggekruip hul het nie ingeboude gps sisteme waar sap hul kan opspoor nie dinge het te warm geraak met hul fotos op die media met ander woorde dit was net a matter of time

Madsi ·

Almal het geweet waar hulle is………SAP net terug gestaan omdat een van die mans se prokureur die polisie ingelig het dat sy klient homself sal oorhandig………

Nevi ·

Dankie maroela vir die op hoogte hou van sake wat die mense aanvra. Mag hul kry wat hul toekom. Die lafaards

Sê net ·

3 Dik, uitgevrete, vet lummels wat weerlose vrouw en kinders intimmideer, slegsê en vloek en ‘n skraal, ou omie so erg aanrand dat hy rekonstruktiewe operasies moes ondergaan. Zero heroes wat hul eie medisyne moet drink. Due samelewing is beter sonder sulke brutale gespuis

Gert ·

Ek hoop dié 2 fris Chrisse se beursies is dikker as wat hulle is. Die oom moet hulle dagvaar vir kostes, pyn en lyding en alles wat denkbaar is. Hulle moet álles wat hulle het verkoop om daardie kostes te betaal en dan nog so paar jaar werk om dit wat hulle nie nou kan betaal nie af te betaal. Hulle moet geen lewensgenieting ervaar van geld wat hulle in die volgende 10 jaar verdien nie. Die afslag op hul vonnis moet wees dat dit nie 20 jaar se afbetaal is nie

Gerrit van Rensburg ·

Hulle behoort verantwoordelik gehou te word vir alle mediese koste van oom Jan. Verder is dit erge aanranding. Ek is geen regskenner maar voel dat hulle ‘n toepaslike tyd tronkstraf behoort uit te dien sonder keuse van ‘n boete. Dit sal die regte boodskap uitstuur.

Pierre de Villiers ·

Ten minste 10 jaar vir poging tot moord. Hier is geen maar geen versagtende omstandighede nie. Ek sou 15 jaar voorstel. Dit is baie duidelik hierdie twee apies hoort in die tronk.

annette duvenhage ·

Hoop hulle word lank van die samelewing verwyder. Wat se mens is jy as jy n ouer mens of medemens so kan verniel. Barbaars

Adeline ·

Walglike gedrag, hoop hulle word verantwoordelik gehou vir die oom se mediese kostes.

E ·

Het nou klaar kommentaar gelewer rakende die oom en natuurlik ook die 2 buffels. Die kleinkinders het hierdie voorval gesien, so hul moes getraumatiseer gewees het en is seker nogsteeds! Hoe moet die 2 kinders voel? veral die enetjie van 3 jaar? Hier is ń geval van trauma teenoor die kinders, hoop dit word in die hof erken.

mokki ·

geen geld sal die skade kan betaal waardeur die oomie is nie,net goeie tronk straf kan die ding doen.

Johanna Botha ·

Verseker beroemdheid verwerf vir al die verkeerde redes …ai tog mens kan tog so dom wees soms en ewige berou he vir jou dade as jy natuurlik n gewete het

Willem Botha ·

Sluit toe. Gooi sleutel weg. Ons gemeenskap moet bevry word van die elemente.

Okkie Vermeulen ·

Hulle moet kry wat hulle toekom maar hulle is slinks. Deur hulleself oor te gee word dit as versagtende omstandighede deur die hof gesien.

Dan sê ek mos ook... ·

Die ooms wag in die tronk menere…..dit was hul pa wat jul so aangerand het. As jul lan uitdeel kan jul ontvang menere. Sterkte my oom en familie. Word gou gesond en beterskap.

jacquelene naude ·

Vir die oom wat aangerand is.

Gaan sien n prokureur, mediese kostes hou strokies, fotos, verslae. En dagvaar hulle vir miljoene.
Laat dokter n volledige verslag skryf. X-straal plate ens. Sterkte

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.