Vulstasie-aanranding: Erger aanklag teen broers

Martin (links) en Gys Coetzee. Foto's: Via Facebook.

Martin (links) en Gys Coetzee. Foto’s: Via Facebook.

Die twee broers wat in hegtenis geneem is in verband met die erge aanranding van die countrysangeres Mari Minnaar se pa, Jan (68), het albei in die hof verskyn en staan nou op ʼn erger aanklag tereg.

Die Coetzee-broers, Marthinus Petrus Gysbert (32), oftewel Gys, en Martin (29), het onderskeidelik Donderdag en Vrydag in die Rustenburg-landdroshof verskyn nadat hulle hulself vroeër vandeesweek aan die polisie oorgegee het.

Dit volg nadat beeldmateriaal van die broers die afgelope twee weke ná die aanval op 9 September wyd op sosiale media versprei is, met ʼn gepaardgaande beloning.

Minnaar is dié dag so erg by ʼn vulstasie buite Rustenburg aangerand dat sy hele gesig, van sy onderste kake boontoe, met sewe plate oorgebou moes word.

Sers. Ofentse Mokgadi, woordvoerder van die Noordwes-polisie, het Vrydag aan Maroela Media gesê die broers het aanvanklik tereg gestaan op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer, maar dat die aanklag nou verander is na poging tot moord.

Die saak is tot 29 September uitgestel wanneer die broers saam in die hof sal verskyn en na verwagting om borgtog gaan aansoek doen. Die staat staan hul borgtogaansoek teen. Hulle bly in aanhouding.

Lees die vorige berigte oor Jan Minnaar se aanval op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.