Vulstasie-aanranding: Hof sê oor borgtog

Betogers buite die hof. Foto: Mari Minnaar

Betogers buite die hof. Foto: Mari Minnaar

ʼn Groep mense het Donderdag buite die Rustenburg-landdroshof in Noordwes betoog waar die Coetzee-broers verskyn het vir die aanranding op die countrysangeres Mari Minnaar se pa, Jan Minnaar (68).

Marthinus Petrus Gysbert (32), oftewel Gys en Martin (29) Coetzee het in die hof verskyn vir hul amptelike borgtogaansoek, nadat hulle hulself verlede week aan die polisie oorgegee het in verband met Minnaar se aanranding by ʼn vulstasie buite die dorp op 9 September.

gys martin coetzeeDie Coetzee-broers se inhegtenisneming volg nadat beeldmateriaal van hulle wyd op sosiale media versprei is sedert die aanranding, met ʼn gepaardgaande beloning.

Familie en vriende van Minnaar en die Coetzee-broers het Donderdag se hofverrigtinge bygewoon. ʼn Groep mense het buite die hof betoog en aangedring daarop dat die broers nie op borgtog vrygelaat word nie. Hulle het foto’s van Minnaar se geslaande gesig en plakkate rondgeswaai wat lees: “Sies vir julle” en “No bail but jail”.

Die broers is borgtog van R2 500 elk toegestaan en moet weer op 5 November in die hof verskyn.

Hulle is aanvanklik van aanranding met die doel om ernstig te beseer aangekla, maar die aanklag is Vrydag in die hof na poging tot moord verander.

Jan Minnaar se vordering 'n week ná sy operasie.

Jan Minnaar se vordering ‘n week ná sy operasie.

Mari Minnaar het aan Maroela Media gesê hulle is teleurgesteld dat borgtog toegestaan is en hoop geregtigheid sal geskied wanneer die saak in November hervat.

Maroela Media het vroeër berig drie mans het voor Minnaar se aanranding glo by die vulstasiestasie amok gemaak en onder meer op twee vroue, wat kinders by hulle gehad het, geskree en hulle geïntimideer. Die Coetzee-broers het Minnaar glo voor sy twee kleinkinders aangerand toe hy tussenbeide wou tree om tot die vroue se redding te kom. Die mans het in twee voertuie van die vulstasie af weggery.

Minnaar is ná die aanval na die Life Peglerae-hospitaal geneem, waar hy in die waakeenheid opgeneem is. Albei sy wangbene is vergruis en sy neus en oogkaste gebreek. Hy moes ʼn operasie van vyf ure ondergaan om die skade aan sy gesig te herstel. Sy wangbene is opgebou en sewe plate moes ingeplant word om sy gesig op te bou.

Hy is op 14 September uit die hospitaal ontslaan en sterk tuis aan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Ben Esterhuizen ·

Hierdie twee is die uitskot van die samelewing….. hoop jul kry dieselfde ontvangs in die tronk.

Justice ·

Stem saam Ben – uitskot van die samelewing. Gaan tien teen een nog ‘n swak invloed vir die gevangenes ook wees. Hou hulle maar afgesonder in C-Max.

Magda ·

Dis reg het gedink dit kan nie net aanranding met die doel wees nie.

Raymond Bastone ·

Hulle moet n voorbeeld van gemaak word hoop julle sit lank in die tronk lafaarts

Raymond Bastone ·

Hoop hulle maak n voorbeeld van julle 2 lafaarts mag julle lank sit

Sarel Strydom ·

R2500.00 Borgtog, hulle moes geen borg gekry het nie. Dit is laakbaar dat mense so optree en het die vrouens ook klag ingedien? Gaan seker weer, vir versagting, aanvoer dat hulle onder die een of ander invloed was.

Lance ·

Groot boewe wat voorbeelde vir hulle kinders moet wees en op wie ouers ook seker op wou trots wees …nou kyk watse gemors het die stituasie vir hulle uitgedraai …kan hulle nog waag om hulle gesigte in die publiek te wys …en die arme vrou en kinders …hulle sal moet verhuis ver weg waar mense hulle nie sal ken nie …dalk kan iewers soos china of japan n opsie wees ….

Riaan ·

Wil graag weet wat het gebeur met die 3de man wat deel van die voorval was

Skurf ·

Haai julle twee boeties, weet julle hoe baklei ‘n ware man? Jy gaan op jou knieë en praat met Jesus. Glo nie julle het die guts om dit te doen nie.

Cherokee ·

Elmari, natuurlik ken jy die woorde waar Hy sê as jy die deur oopmaak sal Hy ingaan na jou toe.
Hy sal nie die deur oop dwing nie. Dit moet oopgemaak word van binne af. Die kruks van die saak is of hulle soos deur-oopmakers optree.

Sputnik ·

Elmari, sien ek iewers dat jy (nóg ernstiger) vir Oom Jan ook bid? Hy het daardie gebede nou meer nodig as dié twee!

Dark.O ·

Maar Elmari, as ons hulle nie vergewe nie, dan sal Jesus ons mos vergewe omdat ons hulle nie vergewe nie. Dan is almal vergewe en daar is geen probleem nie.

STAAN BY ·

hmmmm,,,,,, uit op bortog…….. is daar nie ‘n biker gang wat ek ietsie kan borg nie……….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.