Vulstasie-voorval: JPSA onttrek goedkeuring van bloulig-protokol

‘n Skermgreep uit die video.

Justice Project SA (JPSA) het aangekondig dat hy sy goedkeuring van die sogenaamde Bloulig‑protokol, wat hy in 2013 in samewerking met die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) ontwikkel het, terugtrek.

Die besluit volg op ʼn voorval die afgelope week waar ʼn jong vrou oënskynlik erg hardhandig deur die Tshwane-metropolisie in Centurion in hegtenis geneem is, nadat sy glo versuim het om op hul instruksie in ʼn swak verligte gebied stil te hou. Die voorval, wat kort voor middernag plaasgevind het, is deur die vulstasie waar sy stilgehou het se videokameras opgeneem. Dit is sedertdien wyd versprei en die beamptes se optrede skerp veroordeel.

JPSA-voorsitter Howard Dembovsky sê die protokol is destyds ontwikkel om die vlaag voorvalle waar misdadigers blou ligte op hul voertuie gebruik het om niksvermoedende motoriste te teiken, te help stuit.

Die sogenaamde bloulig-bendes het op dié manier enigiets van gewapende rooftogte tot kapings, verkragtings en moorde gepleeg. Die polisie het gesukkel om dié soort misdaad te stuit. “Ten spyte hiervan is talle polisie- en verkeersbeamptes heeltemal ongevoelig oor die kwessie en glo hulle verkeerdelik dat die wet hulle bemagtig om lede van die publiek te misbruik wat hulself teen geweldsmisdaad probeer beskerm,” het Dembovsky gesê.

“In sommige gevalle is mense aangerand. In ander gevalle is hulle geskiet en selfs doodgemaak deur oorywerige wetstoepassers. Dit kan nie voortduur nie en as die bloulig-protokol, soos dit nou blyk, tot dié misbruik bydra, kan JPSA dit nie langer goedkeur nie.”

Dembovsky sê ingevolge die Nasionale Padverkeerswet moet ʼn motoris dadelik stilhou as ʼn beampte in uniform hom beveel om dit te doen. Polisielede word ingevolge dié wetgewing ook as verkeersbeamptes ingesluit.

Hy sê hoewel dit ʼn strafregtelike oortreding is om nie te stop nie, moet motoriste wat onveilig voel dadelik 10111 bel om die geloofwaardigheid van die polisievoertuig te bepaal – en regmaak om te vlug as iets skeefloop.

“As die individue wat ʼn motoris voorkeer wél misdadigers is wat hulle as polisielede voordoen, moet die motoris waar moontlik siviele en strafregtelike stappe teen die oortreders en die polisie doen. Laasgenoemde word deur die Grondwet verplig om hulle teen misdadigheid te beskerm,” het Dembovsky gesê.

“In dié geval [by die vulstasie] meen ons die betrokke beamptes moet vir aanranding vervolg word, omdat dit duidelik is dat die vrou haarself bloot teen misdaad probeer beskerm het en nie van die polisie wou vlug nie.”

Die Tshwane-metropolisie het vroeër gesê hy ondersoek die voorval.

YOUNG WOMAN ALONE DIDNT WANT TO PULL OVER IN THE POORLY LIT AREA WHERE THEY THEY ATTEMPTED TO STOP HER & DID SO AT THE FILLING STATION WHICH WAS WELL LIT. HERE IS THE RESULT… (INCIDENT OCCURED IN LYTTELTON, PRETORIA)

YOUNG WOMAN ALONE DIDNT WANT TO PULL OVER IN THE POORLY LIT AREA WHERE THEY THEY ATTEMPTED TO STOP HER & DID SO AT THE FILLING STATION WHICH WAS WELL LIT. HERE IS THE RESULT…(INCIDENT OCCURED IN LYTTELTON, PRETORIA)

Posted by Intelligence Bureau SA on Thursday, December 5, 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

90 Kommentare

jongste oudste gewildste
B

Kla hulle aan en indien skuldig bevind moet hulle swaarder gestraf word (met tronkstraf, geen keuse vir boete) asg magsmisbruik ens.

Ekke

Julle het groot moeilikheid Metro. Kom ons dans in die hof want julle is mos die wet. Laat ons sien!

tanya

sy was n vrou aleen in die pad. Sorry ek sal ry na die naaste veilige plek waar ek dan kan vervolg word. Boetie julle het geen reg om n vrou so te boelie nie

Tgj

Hoe moet jy nou ‘n nommer gebel kry as jy bestuur en beangs is? Dit is mos gek om dit van ‘n motoris te verwag?

Magda

Dagvaar vir miljoene…dis jou reg…