Vulstasiebestuurder op pad bank toe doodgeskiet

Gerhardt Lindeque. Foto: Facebook

Gerhardt Lindeque. Foto: Facebook

Gerhardt Lindeque (48), die bestuurder van die Engen-vulstasie in Mainweg in Bryanston, is Dinsdagoggend naby sy werksplek doodgeskiet toe hy op pad bank toe was.

ʼn Kollega van die slagoffer, het Woensdag aan Maroela Media gesê Lindeque het van die vulstasie na die nabygeleë Nicolway-winkelsentrum geloop om kleingeld by ʼn bank te gaan ruil.

Hy is omstreeks 10:00 by die konstruksiewerf op die hoek van Wiliam Nicol-rylaan en Burtonweg deur twee verdagtes voorgekeer. Hulle het op sy persoonlike items en die sak met geld wat hy by hom gehad het aangedring.

Lindeque is glo twee keer geskiet en is op die toneel dood. Die aanvallers het in ‘n silwer Toyota Yaris gevlug.

Kapt. Disebo Selepe, ʼn polisiewoordvoerder, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

“Die polisie ondersoek ʼn saak van gewapende roof en moord. Dit is nog nie bekend met hoeveel geld die verdagtes gevlug het nie,” het Selepe gesê.

Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie. Enigiemand met meer inligting oor die voorval word versoek om 08600 10111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Trippie ·

Mag ek vra dat hier ook ‘n beloning uitgeloof word deur die polisie ?

Wat is die kanse dat kollega’s ‘n wenk deurgegee het dat die man ‘n sak met kontant by hom het ?

Suzette ·

Nee Trippie van die belonging weet ek nie so mooi nie, maar daar kan beslis aandag gegee word aan “inside info”. Soos Peter sê “stilbly is ook ‘n antwoord”, maar almal se bloed bruis glo my. Sterkte aan sy familie en vriende.

AmY ·

Askuus, my naam het nou-nou nie heeltemal opgekom nie.

Ja, selfs al gee mens mens se samewerking, word mens steeds koelbloedig vermoor.

Ronel Meiring ·

Gerhardt was een van die “nice-ste” en wonderlikste mense. My seun se skoolbus vertrek vanaf daardie Vulstasie en Gerhardt was baie geliefd onder almal. Ons is so geskok en hartseer. Sterkte aan sy familie en kollegas! Ons mis hom reeds!

Theresa ·

So word almal maar net sinneloos vermoor soosom jou oog te knip elke dag. Dag in en dag uit in hierdie wettelose land. Niks kom van al die wetteloosheid nie en elkeen gaan maar net sy gang.

Waks ·

We need to repent, love your neighbor as yourself wie sal hom of haar wil self seer maak, die geweld het tot ‘n punt gekom dat dit jou vertsand te bowe gaan van hoe wreed & harteloos die mensdom geword het. As jy liefde in jou hart het sal jy nie sulke vieslike goed aan ‘n ander een doen nie en dan die wetteloosheid is ‘n diep saak moor, verkrag, steeel, gaan net aan sal parool kry

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.