Vulstasiemoord: Verdagte weer in die hof

Die toneel by die Engen-vulstasie in Oranjestraat, Kaapstad, waar Toufiq Joseph op 24 Januarie 2015 doodgeskiet is. Foto: Twitter

Die toneel by die Engen-vulstasie in Oranjestraat, Kaapstad, waar Toufiq Joseph op 24 Januarie 2015 doodgeskiet is. Foto: Twitter

Dave Forbes, ʼn musiekpromotor, sal na verwagting Vrydag weer in die Kaapstadse landdroshof verskyn op aanklag van moord.

Forbes, die stigter van Boksburg se H2O-partytjies en ʼn konsultant vir die Ultra Music Festival SA, staan tereg op aanklag van die moord van Toufiq Joseph in Januarie by die Engen-vulstasie in Oranjestraat, Kaapstad. Forbes het die 23-jarige Joseph na bewering op 24 Januarie voor ʼn groep ooggetuies doodgeskiet.

Hy is vrygelaat op borgtog van R20 000.

Die saak sal na verwagting na ʼn streekshof oorgeplaas word en ʼn hofdatum sal bepaal word.

Lees alle vorige berigte oor Dave Forbes op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.