Vulstasies droog ná stormloop

Argieffoto

Argieffoto

Verskeie vulstasies het nie meer brandstof nie nadat motoriste Dinsdag gejaag het om hul voertuie vol petrol te gooi voor die groot petrolprysverhoging in werking sou tree, berig News24.

Fin24 kon slegs loodvrye petrol by ʼn vulstasie in Crawford, Kaapstad opspoor, terwyl ander vulstasies motoriste moes wegwys. Dit was reeds Dinsdagaand om 19:30.

Personeellede by vulstasies het leë pompe met asblikke en veiligheidskegels afgesper. Die vulstasie in Crawford goed georganiseerd en al 12 pompe was werksaam. Die bestuurder, wat motoriste na spesifieke pompe verwys het om die rye kort te hou, het aan Fin24 gesê hy dink dit is “oneties” en “ek dink onwettig” om ou voorraad teen hoër pryse te verkoop.

Hy het egter bygevoeg dat eienaars van vulstasies gewaarsku is dat ʼn brandstoftekort ervaar kan word weens persone wat hul motors opvul voor die petrolprysverhoging.

Die bestuurder, wat anoniem wou bly, het gesê hy het Sondag ʼn aflewering bestel, maar het slegs die helfte van die 60 000 liter wat hy versoek het, ontvang. “Dit is baie moontlik dat die ander vulstasies leeg is,” het hy gesê. “Talle van die stasies sal eers direk na middernag of môreoggend weer brandstof ontvang.”

Die departement van energie het Vrydag aangekondig dat die prys van petrol Woensdag in Gauteng met R1.62 per liter sal styg. Aan die kus sal 95-oktaan met R1.60 styg. Die prys van 93-oktaan styg in Gauteng met R1.56 en aan die kus met R1.54.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Chris ·

Ek kan nie verstaan dat Ru-olie 50% goedkoper is nie maar die petrol daal en dan styg dit weer. Iewers skep iemand diep vanaf die publiek. Waars die Unions?

Paul ·

Chris, die prys van olie in dollar het sedert Januarie met meer as 20% gestyg en die rand het boonop verswak ook intussen.
Kyk maar – die inligting is vryelik beskikbaar op die internet.

Amanda ·

Mense kan maar dink ek is mal, maar wanneer die petrolprys so erg styg soos nou, maak ek ‘n paar dae voor die tyd ‘n klompie kanne vol (so tussen R2,000 en R2,500.00 se petrol). Ek ry twee tenks petrol ‘n week uit, so dit spaar darem so paar sente!

Anon ·

Een of ander tyd moet jy daai duur petrol in gooi. Dis so ironies dat almal jaag om hulle karre vol te maak as die prys styg. Volgende week (hang af hoe baie jy ry) moet jy tog die nuwe prys ingooi. Nee wat ek hou van duur petrol in my kar hahahaha.

Paul ·

Wel, as die prys in een maand laag is, die volgende maand hoog is en dan weer daal, en jy hoef nie in die maand met hoë pryse in te gooi nie, omdat jy vooraf volgemaak het, baat dit jou wel.

Andersins, as jy altyd maar meer as een tenk vol petrol uitry in ‘n maand, help dit nie om vooraf vol te maak nie, dis net ‘n illusie van troos.

jjobson ·

Petrolprys, kan dit nie bekostig. Benodig dringend i 30 liter tenk voertuig met i spoedmeter van 100 km. My fokus is 500 kilometer ry op i 30 liter tenk- kortliks die skilpadreis .

scalla ·

Laat my dink aan mike wat storm dronk die aand laat by die huis kom, op n vraag van sy vrou waar hy was deel hy haar mee dat hy by die plaaslike kroeg gaan volmaak het voor die prys styg

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.