Vusi Pikoli gaan polisie-ombudsman wees

Vusi Pikoli op 1 April 2014 tydens die Khayelitsha-kommissie van ondersoek Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Vusi Pikoli op 1 April 2014 tydens die Khayelitsha-kommissie van ondersoek Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Vusi Pikoli, die voormalige hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, is aangestel as die eerste polisie-ombudsman vir die Wes-Kaap, het die Saturday Star berig.

Pikoli was ook die hoof van die Khayelitsha-kommissie van Ondersoek wat klagtes ondersoek het wat verband hou met polisie-ondoeltreffendheid.

Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, het Pikoli vir die pos aanbeveel. Die staande komitee van die provinsiale wetgewer oor gemeenskapsveiligheid het eenparig Zille se besluit ondersteun, het die koerant berig. Mireille Wenger, voorsitter van die komitee het gesê Pikoli sal geloofwaardigheid na die kantoor bring.

Die provinsiale wetgewer se Wet op Gemeenskapsveiligheid het die weg gebaan om die pos van polisie-ombudsman te skep. Sy pligte sluit in om die publiek se klagtes oor polisie-ondoeltreffendheid te beoordeel en probleme wat spruit uit ʼn gebrekkige verhouding tussen die polisie en die gemeenskap, te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Drieks ·

Kan Vusi nie maar vir die hele land staan nie. Die hele polisie moet regkom en Riah maak dit net moeiliker met haar range wat sy verniet kry terwyl die goeie polisie lede daarvoor moet werk. Sy doen nou presies wat zumpie in sy 5 jaar gedoen het, verswak die mag….KOM REG ANC.!!!

Dave ·

Drieks, ek het meer van jou bydraes gelees, geniet en ek duimop dit al laat die sisteem dit nie ooglopend toe nie. Ek hou (dus) van wat jy sê. Jou versoek ‘KOM REG ANC’ is ek nie so seker van. Daar’s verdomp nie ‘n kans dat jy ‘n duimop uit my argiewe gaan score vir dàài ene nie. Maar dan weer, wanneer hulle duik (nie às maar wànneer), wiè gaan oorneem!!! So, ek wetie of ek jou moet duimop of op die draad sit nie. Ek wìl hulle nie in die stoel hê nie maar ek wil darem indien moontlik, verhoed dat dit (selfs) erger raak! Sê jou wat.. kom ons begin ‘n goverment en oppose die kommuniste!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.