VUT-lesings opgeskort ná betogers geboue aan die brand steek

Skade wat deur betogers op die kampus van die Vaal Universiteit van Tegnologie aangerig is (Mei 2016). Foto: Facebook

Skade wat deur betogers op die kampus van die Vaal Universiteit van Tegnologie aangerig is (Mei 2016). Foto: Facebook

Die Vaal-Universiteit van Tegnologie (VUT) in Vanderbijlpark het alle lesings Donderdag gestaak nadat betogende studente geboue en ander kampuseiendom aan die brand gesteek het.

Irene Moutlana, vise-kanselier en hoof van die universiteit, het gesê die betogings het op 3 Mei begin en weer Woensdag opgevlam met lede van die studenteraad (SR) wat glo die voortou neem. “Betogings op albei dae het gelei tot skade wat aan universiteitseiendom aangerig is en bedrywighede wat ontwrig is. Die bestuur van die VUT is uiters bekommerd oor die gewelddadige nadraai van sake en is besig om die nodige stappe te doen om nie-betogende studente en personeel te beskerm,” het sy gesê.

Betogende studente eis dat die strafregtelike aanklagte van opsetlike saakbeskadiging en aanranding met die doel om ernstig te beseer wat teen hulle aanhangig gemaak is, teruggetrek word. Hulle lys van eise sluit ook in dat die universiteit ontslae raak van ingekontrakteerde veiligheidspersoneel.

Skade wat deur betogers op die kampus van die Vaal Universiteit van Tegnologie aangerig is (Mei 2016). Foto: Facebook

Skade wat deur betogers op die kampus van die Vaal Universiteit van Tegnologie aangerig is (Mei 2016). Foto: Facebook

Moutlana het gesê die betogende studente het ʼn totale minagting jeens die universiteitsbestuur. “Die bestuur is baie bekommerd oor die opkomende tendens om ʼn totale minagting vir die gesag van die universiteit se bestuur te toon en om met die instansie se verkrygingsbeleid in te meng,” het sy gesê.

“Studente wat aandring op die aanstelling van sekere diensteverskaffers, die skending van ander studente en personeel se menseregte en veral die opskeur van die bestuur se reaksie deur die SR-sekretaris, sonder om studente eers kans te gee om die inhoud daarvan te oorweeg, is ʼn duidelike aanduiding dat die bestuur met minagting behandel word en ʼn duidelike aanduiding van aanhitsing.”

Een van die studentekoshuise is oornag heeltemal afgebrand, terwyl ʼn ontspanningsgebou op die kampus ook beskadig is. Moutlana het gesê die universiteit se bedrywighede sal opgeskort bly tot verdere kennisgewing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

D ·

Verban hulle van alle universiteite. As jy ni wil studeer ni hoort jy ni op universiteit ni.

Xa ·

Verban politiek en SR, dis onnodig op kampusse. N universiteit gee n dines soos enige ander maatskappy. Waar het jy nou gesien coke, mcdonalds, Discovery ens se kliente groepeer.

Frederik ·

Ek wonder soms wat is Jan-Jan se mening deesdae. Hy het mos ‘n paar jaar gelede gesê Siener van Rensburg was gerook toe hy al die dinge voorspel het.

Wat-ek-lees ·

Om te dink dat eens op ‘n tyd was die Vaaldriehoekse Technikon een van dié instansies om te studeer.
Waar is die onluste-eenhede om die tipe van gedrag net onderkant die stuitjie nekom te draai?

Sê maar net ·

Ja, was die Vaaldriekse Technikon gewees, was een van die bestes vir tegniese opleiding gewees, eendag lank terug, in Vanderbijlpark, toe ek nog op hoërskool was, en kyk nou. Brand, gebreek en net ‘n skadu wat daar is van ‘n goeie instelling. Maak my sommer hartseer om te sien hoe word dit afgebreek, gebrand en alles in die naam van vryheid

TREVOR ·

ja ek stem Wicus maar daai tyd verkiesing het ek nie gestem nie omdat ek minderjarig was. nou kry die jong wit mense se skuld.

Sê maar net ·

Ja baie het ja gestem, net ek was ook minderjarig, ook nog ‘n kind. As minderjariges kon stem, sou daar meer “Nee” stemme gewees het, ek dink

KP ·

Al hierdie plekke wat nou so aan die brand gesteek word word goed beplan deur die regering om die aandag af te lei van hul eie korrupsie.

Marché ·

Dit is absoluut skreiend dat hierdie tipe gedrag nie ernstiger gestraf word nie! Waar het jy al gehoor dat mens ‘n plek afbrand omdat jy kwaad is dat jy aangekla is van saakbeskadiging!!Only on Africa…

anton ·

Ja brand alles af, en wanneer dit nie meer werk nie, teiken dan Afrikaanse skole wat werk.
Gebruik dan die rasse kaart om die instansies wat werk ook tot niks te maak.

pieter ·

MAROELA,TOE EK GESE HET SUID AFRIKA GAAN BRAND NA DIE VERKIESING TOE SIT JULLE DIT NIE OP NIE NOU SE EK RSA BRAND KLAAR VOOR DIE VERKIESING.

Pierre Celliers ·

Waar is die mense wat wet en orde moet handhaaf wyl hierdie verwoesting plaavind????

John ·

E-leer is beskikbaar noudat rekenaars en internerverbindings daar is. Ons land kan nie sulke gratis hotelle bekostig nie. Hoe kan mense stemreg kry as hulle nie verantwoordelik optree nie. Vroue veg vir meer regte, maar wie maak die kinders tuis groot? Doofmiddelgebruik neem toe en die ou waardes wat voorheen gedy het, verdwyn. Waar is die ouers van die studente wat so beserk raak?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.