VUT se klasse óók opgeskort

Betogings by die VUT in September 2014 Foto: oO_Epe_Oo, Twitter

Betogings by die VUT in September 2014 Foto: oO_Epe_Oo, Twitter

Die Vaal Universiteit van Tegnologie (VUT) het Maandag gesê klasse sal binnekort by dié instansie hervat ná betogings op die kampus.

“Die VUT sal Woensdag weer sy kampus oopmaak,” het die universiteit in ʼn verklaring gesê. Die koshuise sal egter eers toeganklik wees sodra alle heropeningsprosedures afgehandel is.

Die universiteit moes verlede week klasse opskort nadat studente amok gemaak het op die kampus tydens ʼn betoging oor die finansiële hulpskema NSFAS. Die studente het ʼn vergadering met Blade Nzimande, die minister van hoër onderwys, geëis.

“Die bestuur het tot dusver 50% van die NSFAS-tekort bygedra,” het die universiteit gesê. “Ander moontlikhede word oorweeg om ʼn langtermyn en volhoubare oplossing vir die finansieringskrises te bekom.”

Die bestuur van die universiteit sal steeds met die studenteleierskorps vergader om die kwessies aan te spreek wat tot die betoging gelei het.

Intussen het die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) aangekondig dat hy sy studenteraad geskors het. Die universiteit het dié stap geneem na gewelddadige betogings by sy Pretoria- en Ga Rankuwa-kampusse ook oor die NSFAS. Klik hier om meer te lees.

Lees ook:
TUT skors studenteraad
TUT-klasse hervat eers Woensdag
Dringende optrede sodat klasse by TUT kan hervat
TUT-betoging: “Rassistiese dosente moet afgedank word”
Klasse verder opgeskort by TUT weens betogings
Foto’s: Klasse by TUT opgeskort weens betogings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jakoos ·

Maar verstaan die mense nie dat dit amper Oktober en dus amper eindeksamen tyd is en dat daar dus druk uitgeoefen moet word op dosente om niemand, maar niemand, te laat druip nie.

“Pass one, pass all” is seker maar weer die onderliggende tema van die jongste betogings!

Elizabeth ·

@Jakoos_ NET so, my maat, NET so. Maak nie saak dat hulle op hierdie kritieke tyd waardevolle tyd mors en nie klas bywoon en dus nie op datum met hul studies is nie, hul sal net eis om deur te kom en klaar. Dan moet jy die CV’s sien wat by ons aankom, die spelling, swak taalgebruik, geen of swak gebruik van punktuasie… dis mense met “grade” en “diplomas” wat dit stuur en jy kan natuurlik dink watter soort aansoekers. Nee, ek is nie rassisties, ek het GEEN kleur genoem nie, maar elkeen met meer as een breinsel sal verstaan van wie ek praat.

Dr P E van der Dussen ·

Inderdaad Jakoos – die opruiers vrees die eksamen. Vier jaar by Fort Hare het my al in die jare-sewentig geleer dat sodra die eksamen naderkom, ‘n spul leegle-opruiers wat redes soek om nie eksamen te skryf nie die res met dreigemente aanpor om te staak en met brande hulle optrede te bevestig. Die ergste is dat die bestuur hulle meestal tegemoetkom met pass-one-pass-all of nog erger pass-all. By Tegnikon Pretoria (tans TUT) het ek dieeselfde beleef. Dat die oorgrote meerderheid onskuldiges daaronder ly kan die opruiers nie skeel nie, maar nouja – It’s because of apartheid sir…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.