Vuurwapenamnestie nog nie finaal goedgekeur

(Argieffoto: Marcus Trapp/Pixabay)

Die jongste vuurwapenamnestie is op pad, en sal na verwagting eersdaags finaal deur die parlement goedgekeur word.

Daar is tans geen vuurwapenamnestie van toepassing nie, maar ʼn voorgestelde nuwe amnestie, wat van 1 Augustus vanjaar tot 31 Januarie aanstaande jaar sal duur, is Woensdag deur die Nasionale Raad van Provinsies goedgekeur.

Die voorgestelde amnestie moet nog deur die Nasionale Vergadering aanvaar en in die Staatskoerant afgekondig word voordat dit van krag kan wees.

Tydens so ʼn amnestie kan ongelisensieerde vuurwapens ingehandig word om vernietig te word sonder dat enigeen vervolg word, mits die vuurwapen nie met ʼn misdaad verbind word nie.

In die verlede het verskeie opposisiepartye, veral die DA en die VF Plus, sulke amnesties teengestaan op grond van kommer oor die veiligheid van vuurwapens wat by polisiekantore geberg word, en die feit dat so min (byna niks) van die wapens wat ingehandig word, deur kriminele ingehandig word.

Hierdie punte is nogmaals Woensdag in die debat in die Nasionale Raad van Provinsies gemaak deur die DA-LP Cathy Labuschagne namens die Wes-Kaap, maar dit is nietemin goedgekeur.

Die verwagting is dat die Nasionale Vergadering die amnestie eersdaags sal goedkeur en dat die minister van polisie, genl. Bheki Cele, dit dan amptelik in die Staatskoerant sal afkondig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.