Vuurwapenlisensies: Polisie appelleer

Argieffoto (Foto: WerbeFabrik, Pixabay)

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het Vrydag gesê hy het aansoek gedoen om verlof tot appèl teen die Pretoriase hooggeregshof se uitspraak oor die hernuwing van vuurwapenlisensies.

Die hooggeregshof in Pretoria het vroeër vandeesmaand verklaar dat twee artikels (artikel 24 en 28) van die Vuurwapenbeheerwet ongrondwetlik is en dat alle vuurwapenlisensies wat verval het of binnekort verval, geldig sal wees totdat die konstitusionele hof die betrokke artikels hersien het. Die parlement is ook 18 maande gegun om die wet te wysig om aan grondwetlike beginsels te voldoen.

ʼn Kostebevel is ook ten gunste van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SA Jagters), wat die aansoek gebring het, uitgereik.

Die SAPD het Vrydag gesê aangesien hy reeds die nodige dokumente by die konstitusionele hof ingedien het om teen die uitspraak te appelleer, is die hooggeregshofuitspraak nou opgeskort totdat die konstitusionele hof oor die saak besluit het.

“Die status quo met betrekking tot die nakoming van die Wet op Vuurwapenbeheer word dus gehandhaaf en daar word van vuurwapeneienaars met geldige vuurwapenlisensies verwag om steeds hul vuurwapenlisensies betyds te hernu,” het brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Die SAPD sal alle vuurwapens bewaar wat deur mense, wat nie betyds hul vuurwapenlisensies hernu het nie, aan die polisie oorhandig is in ooreenstemming met die Wet op Vuurwapenbeheer. Verder sal geen persoon vervolg word wie se vuurwapenlisensies verval het en wat vrywilliglik hul vuurwapens aan die SAPD oorhandig nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Manie ·

My vuurwapen lisensie verval einde Desember. Maar ek werk ver bo in Mozambiek. Dit is net moontlik om 25000 rand te betaal vir vliegkaarties heen en weer om dit in tyd te doen nie. So wat nou. Ja ek kry af in Januarie. Maar dan is ek al klaar oor die tydperk. Hoe dan nou gemaak

Henk ·

More Manie
Ek het in Swaziland gewerk toe my lisensie verval het. Gaan doen net aansoek die oomblik wat jy in die land terug is , motiveer jou laat aansoek en heg afskrifte van jou paspoort se aankoms en vertrek stempels aan as bewys stukke. Jy kry , as ek dit nie mis het nie , drie maande om aansoek te doen nadat jy in die land terug is. Ek het geen probleem gehad nie.

Anoniem ·

Manie, ja. Die heraansoek maak voorsiening vir redes hoekom jy nie die aansoek binne 90 dae voor dit verval het gedoen het nie. Die SAPD is veronderstel om hierdie redes in gedagte te hou by oorweging vir die vernuwing van die lisensie. Dit was juis van die “probleme” met die wet. Dit gee nie ‘n duidelike regstellende aksie wat ‘n vuurwapeneienaar kan neem om weer die situasie reg te stel nie. Jy sal maar net moet probeer. Ek was nog self nie in so’n situasie nie. Miskien is daar ander lesers wat al hierdeur was wat kan lig werp op die onderwerp.

Johan ·

Manie, selfde het met my gebeur. Was ook in die buiteland maar het dadelik toe ek terug was aansoek gedoen. Was nie nodig om bewys van my paspoort te gee nie, dis net aangedui dat ek in die buiteland was op die aansoekvorms. Dit was einde verlede jaar. Ek het intussen ‘n sms teruggekry van die SAPS dat my aansoek goedgekeur is. Nou die wag vir die nuwe lisensie!

JC ·

O, nou word die bevel SOMMER NET SO LEKKER OPGESKORT NE?
Tog te lekker, ja nee, ons sal ons wapens mooitjies oorhandig hoor…
MOET GEEN VUURWAPENS OORHANDIG NIE, JULLE GAAN DIT NOOIT OOIT WEER SIEN NIE. DIT IS SLEGS ‘n KOMPLOT OM ONS TE ONTWAPEN!!!!!!!
Die reg is aan ons kant, soos bevind deur die uitspraak v/d HH, en daai artikels is ONGRONDWETLIK!
Eintlik moet die jagtersvereniging aansoek doen om ‘n interdik dat die bepalings van die bevel met onmiddellike effek in werking tree, en wat die SAP verhoed om die ongrondwetlike bepalings af te dwing hangende die appel, omdat daar wesenlike skade sal wees as die bevel geignoreer word deur die SAP.

marous ·

Kry asseblief sterk regspan. Kan iemand asseblief kyk hoe bindend die wetgewing is oor drie maande voor verval hernieu. Dit word as stok gebruik in hul kantore om dreigend te vertoon as dit minder as drie maande maar steeds voor die verval tydperk is.

Karel Kat ·

Brig Vishnu Naidoo. Indien my motor lisensie se lisensie verval het, reik ‘n verkeersbeampte ‘n statutêre boete uit, wat ek betaal en dan is my voertuig weer “wettig op die pad”. Die feit dat my voertuig lisensie verval het, impliseer nie dat ek dit moet inhandig by die verkeers departement om geskut of vernietig te word nie??
Ek betaaal my statutêre boete & die status quo is herstel (dit wil egter voorkom asof taxis nie onderhewig is aan dié modus operandi nie??)
Vir jare & jare het agterstallige vuurwapen applikante, statutêre boetes betaal . . . & op ‘n dag toe neem SAPS ‘n eensydige besluit, SONDER parlementêre goedkeuring/wetgewing, dat alle laat applikante vanaf dié dag & datum krimineel verkla gaan word??
SA Jagters gaan julle afslag in die Konstitusionele Hof em julle ontwapening agenda aan die kaak stel !

Ma ·

My lisensie het 2016 verval en toe ek hom wou gaan uitneem kon ek nie … net my bevoegdheids kaartjie is hernu….. die SAPD het gese ek moet wag vir die hof uitslae….nou sit ek nogsteed soos voorheen…. wat nou…

Tiger ·

Dit gaan als net daaroor om die blankes te ontwapen want die regering is vrek bang oskom in opstand.

anton ·

Stem saam Tiger…….maar as ek dit sê, word my kommentaar verwyder!!!
Partykeer wonder ek werklik wie is almal ons vyande!

popeye ·

Ma, as ek jou verduideliking op die letter kan vat as die waarheid….wat skokkend is! Bly my advies aan jou soos ek al vantevore kommentaar gelewer het: wees bereid om ‘n kundige te betaal om te help met jou hernuwingsaansoek. Professor Google kan help en vra vir verwysings.

Windbuks ·

Die argieffoto is ‘n windbuks waarvoor ‘n lisensie nie nodig is.

Francois ·

SAJWV staan ook die apel tee so dit nie te se hul gaan apel kry nie

Anton van C ·

“…vuurwapens bewaar…” se voet man. Probeer nog ‘n keer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.